settings icon
share icon
Vraag

Wat is Sion? Wat is die berg Sion? Wat is die Bybelse betekenis van Sion?

Antwoord


Psalm 87:2-3 sê, “Die Here het vir Sion lief meer as enige ander plek in Jakob. Daar word groot dinge van jou gesê, stad van God.” Dit kom op meer as 150 plekke in die Bybel voor dat die woord “Sion” hoofsaaklik “vesting” beteken. In die Bybel is Sion beide die stad van Dawid en die stad van God. Soos die Bybel voortgaan, verander die verwysing na die woord “Sion” hoofsaaklik van ‘n fisiese stad na ‘n meer geestelike betekenis.

Die eerste keer dat die woord “Sion” in die Bybel voorkom, is in 2 Sam 5:7: “En tog het Dawid die Sionsvesting ingeneem. Dit is nou die Dawidstad.” Sion was die oorspronklike naam van die antieke Jebusiete se vesting in die stad Jerusalem. Sion het nie net vir die vesting se naam gestaan nie, maar ook vir die stad, waarin die vesting was. Nadat Dawid die “Sionsvesting” ingeneem het, is Sion die “Dawidstad” genoem (1 Kon 8:1; 1 Kron 11:5; 2 Kron 5:2).

Toe Salomo die tempel in Jerusalem gebou het, is die naam “Sion” uitgebrei in betekenis om die tempel en omliggende area in te sluit (Ps 2:6, 48:2, 11-12, 132:13). Aanvanklik was Sion gebruik as naam vir die stad Jerusalem, die land van Juda en die volk Israel as ‘n geheel (Jes 40:9; Jer 31:12; Sag 9:13).

Die belangrikste gebruik van die woord “Sion” kom in ‘n teologiese betekenis voor. Sion was figuurlik as volk van God gebruik (Jes 60:14). Die geestelike betekenis van Sion word in die Nuwe Testament voortgesit, waar dit die Christelike betekenis kry van God se geestelike Koninkryk, die hemelse Jerusalem (Heb 12:22; Open 14:1). Petrus verwys na Christus as die “Hoekklip” van Sion: “Kyk, Ek lê in Sion ‘n hoekklip, uitverkies vir die ereplek. Wie in Hom glo, word nooit teleurgestel nie” (1 Pet 2:6). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Sion? Wat is die berg Sion? Wat is die Bybelse betekenis van Sion?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries