settings icon
share icon
Vraag

Is dit soms God se wil vir gelowiges om siek te wees?

Antwoord


Die Bybelse leer aangaande die soewereiniteit van God verklaar dat God oor alles almagtig is. Hy is in totale beheer van alle dinge – verlede, teenswoordige en toekomstige – en niks gebeur buite Sy jurisdiksie nie: Hy veroorsaak dit direk of Hy laat dit passief toe – alles wat gebeur. Om egter iets toe te laat om te gebeur en die oorsaak te wees van iets om te gebeur, is twee verskillende dinge. God het byvoorbeeld die skepping en die volmaakte, sondelose Adam en Eva laat gebeur; daarna het Hy toegelaat dat hulle teen Hom gerebelleer het. Hy het nie gemaak dat hulle gesondig het nie en Hy kon hulle sekerlik daarvan weerhou het, maar Hy het so gekies vir Sy eie doeleindes en om Sy volmaakte plan tot verwesenliking te laat kom. Daardie rebellie het alle boosheid laat ontstaan, bose dade wat nie deur God veroorsaak is nie, maar wat Hy toegelaat het om te bly voortbestaan.

Siekte is een van die manifestasies van twee breë tipes van boosheid – moreel en natuurlik. Morele sonde is die mens se onmenslikheid teenoor die mens. Natuurlike sonde is dinge wat saamgestel word soos natuurlike rampe en fisiese siekte. Sonde self is 'n verdraaiing van iets wat aanvanklik goed was, maar iets word nou gemis. In die geval van siekte is dit ook 'n toestand waar goeie gesondheid kortkom. Die Griekse word vir boosheid "poneros" impliseer eintlik 'n verdoemenis, iets wat 'n goeie en gesonde toestand kwaadwillig aanval.

Toe Adam gesondig het, het hy die ganse mensdom veroordeel om onder die gevolge van daardie sonde te ly en een daarvan is siekte. Rom 8:20-22 sê, "Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee; die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom wat hoort by die heerlikheid van die kinders van God. Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting." God, die Een wat die skepping onderwerp het aan frustrasie, wat op die sondeval gevolg het, het 'n plan om uiteindelik die skepping te bevry van die slawerny van sonde, soos Hy ons daarvan bevry het deur Christus.

Tot op daardie dag, gebruik God siekte en ander booshede om Sy soewereine plan te volbring, om Homself te vereer en Sy heilige naam te verhoog. Soms genees Hy siekte deur 'n wonderwerk. Jesus het deur Israel gegaan en alle soorte siektes en gebreke genees (Matt 4:23) en selfs vir Lasarus uit die dood opgewek, nadat siekte hom laat sterf het. Ander kere gebruik God siekte as 'n metode van dissipline of as 'n straf teen sonde. Koning Ussia in die Ou Testament het gely aan melaatsheid (2 Kron 26:19-20). Nebukadneser is van sy sinne af gedryf deur God, totdat hy begryp het dat die Allerhoogste "doen soos Hy besluit met die hemelse magte en met die mense op aarde" (Dan 4). Herodus is getref deur 'n engel van die Here en is deur wurms verteer, omdat hy nie die eer aan God gegee het nie (Hand 12:21-23). Daar is selfs minstens een geval waar God 'n gebrek toegelaat het – blindheid – nie as straf oor sonde nie, maar om Homself te openbaar en Sy magtige werke deur daardie blindheid sigbaar te maak (Joh 9:1-3).

Wanneer siekte kom, is dit nie altyd die gevolg van God se direkte ingryping in ons lewens nie, maar eerder die gevolg van die gevalle wêreld, gevalle liggame en swak gesondheids- en lewenstylkeuses. Alhoewel daar in die Skrif aanduidings is dat God ons in goeie gesondheid wil hê (3 Joh 2), word alle siektes en gebreke deur Hom toegelaat vir Sy doeleindes, al verstaan ons dit nie.

Siekte is sekerlik die gevolg van die mens en sy sondeval, maar God is heeltemal in beheer en Hy besluit inderdaad hoe ver sonde kan gaan (soos Hy met Satan en Job se lyding gedoen het – Satan is nie toegelaat om daardie grense te oorskry nie). Hy sê meer as 50 keer in die Bybel dat Hy almagtig is en dit is wonderlik om te sien hoe Sy soewereiniteit saam smelt met die keuses wat ons maak (beide sleg en goed) , sodat Sy volmaakte plan tot uitvoer kom (Rom 8:28).

Vir diegene wat gelowiges is en ly aan gebreke en siektes in hierdie lewe, laat die kennis, dat hulle God kan verheerlik deur te ly, die onsekerheid waarom Hy dit toegelaat het, bedaar. Dis iets wat hulle dalk nie werklik sal verstaan, voordat hulle in Sy teenwoordigheid in die hiernamaals sal staan nie. Teen daardie tyd, sal alle vrae beantwoord wees of miskien meer akkuraat, ons sal nie langer meer oor die vrae wonder nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit soms God se wil vir gelowiges om siek te wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries