settings icon
share icon
Vraag

Wat is die sewentig weke/sewentig tydperke van Daniël?

Antwoord


Die profesie van die “sewentig weke” of “sewentig tydperke” is een van die belangrikste en mees volledige Messiaanse profesieë van die Ou Testament. Dit word gevind in Dan 9. Die hoofstuk begin met Daniël wat vir Israel bid, en die volk se sondes teenoor God erken en om genade vra by God. Terwyl Daniël gebid het, het die engel Gabriël aan hom verskyn en hom ‘n visioen laat sien van Israel se toekoms.

Die Verdeling van die 70 Tydperke

In vers 24 sê Gabriël, “Daar is sewntig tydperke vir jou volk en vir jou heilige stad vasgestel.” Feitlik al die kommentators stem saam dat die sewentig “tydperke” verstaan moet word as sewentig “weke” van jare, met ander woorde, ‘n periode van 490 jare. Hierdie verse voorsien ‘n soort “horlosie” wat ‘n idee gee wanneer die Messias sal kom en sommige gebeure wat Sy verskyning sal vergesel.

Die profesie gaan voort om die 490 jare in drie kleiner eenhede te verdeel: een van 49 jare, een van 434 jare en een van 7 jaar. Die finale “tydperk” van 7 jaar is verder gehalveer. Vers 25-26 sê, “Jy moet nou goed verstaan, vandat die opdrag gegee is dat Jerusalem en herbou moet word, totdat ‘n regeerder kom wat deur God uitverkies is, sal sewe tydperke wees. Twee en sestig tydperke lank sal Jerusalem opgebou bly, met strate en verdedigingslote, maar dit sal moeilike tye wees. Aan die einde van die twee en sestig tydperke sal ‘n regeerder onskuldig doodgemaak word.” Sewe “tydperke” is 49 jaar en twee en sestig “tydperke” is 434 jare: 49 jare + 434 jare = 483 jare.

Die Doel van die 70 Tydperke

Die profesie bevat ‘n stelling rakende God se sesvoudige doel om hierdie gebeure te laat plaasvind. Vers 24 sê dat hierdie bedoeling is 1) “om aan goddeloosheid ‘n einde te maak,” 2) “om ‘n einde aan sonde te maak,” 3) “om versoening vir oortredinge te verkry,” 4) “om blywende geregtigheid te bring,” 5) “om profesie en visioen tot vervulling te bring,” 6) “om die tempel weer in te wy.” Let op dat hierdie resultate die algehele uitwissing van sonde en die vestiging van geregtigheid sal meebring. Die profesie van die 70 tydperke som op wat gebeur voordat Jesus Sy duisendjarige koninkryk oprig. Van besondere belang is die derde in die lys van gevolge: “om versoening te bring vir oortredinge.” Jesus het die versoening vir sonde by Sy dood aan die kruis bewerk (Rom 3:25; Hebr 2:17).

Die Vervulling van die 70 Tydperke

Gabriël het gesê dat die profetiese tyd sou begin teen die tyd wat ‘n verordening uitgevaardig was om Jerusalem te herbou. Vanaf die datum van daardie verordening tot die tyd van die Messias sou 483 jare wees. Ons weet vanuit die geskiedenis dat die opdrag “om Jerusalem te herstel en op te bou” deur koning Artasasta van Persië gegee was in 445 v C (sien Neh 2:1-8).

Die eerste deel van 49 jare (sewe “tydperke”) dek die tyd wat dit geneem het om Jerusalem te herbou, “met strate en verdedigingslote, maar dit sal moeilike tye wees” (Dan 9:25). Hierdie herbouing is opgeteken in die boek van Nehemia.

Deur die Joodse gebruik van ‘n 360-dae jaar, 483 jare na 445 v C, bring ons by 30 AD, wat saamval met Jesus se triomfantelike intog in Jerusalem (Matt 21:1-9). Die profesie in Dan 9 spesifseer dat na die voltooiing van die 483 jare, “sal ‘n regeerder onskuldig doodgemaak word” (vers 26). Hierdie was vervul toe Jesus gekruisig was.

Dan 9:26 gaan voort met ‘n voorspelling dat, nadat die Messias doodgemaak was, “Die stad en die heiligdom sal verwoes word deur die volk van ‘n ander regeerder wat op die toneel sal verskyn.” Dit was vervul met die vernietiging van Jerusalem in 70 AD. Die “regeerder wat op die toneel sal verskyn” is ‘n verwysing na die Antichris, wat, dit wil so voorkom, een of ander verbintenis met Rome sal hê, aangesien dit die Romeine was wat Jerusalem verwoes het.

Die Finale Tydperk van die 70 Tydperke Van die 70 “tydperke” is 69 vervul in die geskiedenis. Dit laat nog een “tydperk” oor wat vervul moet word. Die meeste geleerdes glo dat ons nou lewe in ‘n groot gaping tussen die 69ste en die 70ste tydperke. Die profetiese tyd is verby, soos dit was. Die finale “tydperk” van Daniël is wat ons gewoonlik die verdrukkingstyd noem. Daniël se profesie openbaar sommige van die aksies van die Antichris, die regeerder wat sal kom. Vers 27 sê, “Dié regeerder sal vir een tydperk ‘n vaste ooreenkoms aangaan met die vooraanstaandes en teen die helfte van dié tydperk sal hy die diereoffers en die graanoffers afskaf. Hy sal op die een hoek van die tempel ‘n ding sit wat ‘n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig.” Jesus het gewaarsku aangaande hierdie gebeurtenis in Matt 24:15. Na die Antichris breek die verbond met Israel, ‘n tyd van “groot verdrukking” begin (Matt 24:21).

Daniël voorspel ook dat die Antichris straf in die gesig sal staar. Hy regeer slegs tot “losbars wat oor hom besluit is” (Dan 9:27). God sal slegs toelaat dat die boosheid só ver gaan en die straf wat die Antichris in die gesig staar, is reeds beplan.

Samevatting Die profesie van die 70 tydperke is kompleks en verbasend gedetaileerd en baie is daaroor geskryf. Natuurlik is daar verskeie interpretasies, maar wat ons hier aangebied het, is die dispensasionele, pre-millenniale siening. Een ding is seker: God het ‘n tydsrooster en Hy hou dinge op skedule. Hy ken die einde vanaf die begin (Jes 46:10) en ons moet altyd op die uitkyk wees vir die triomfantelike wederkoms van ons Here (Openbaring 22:7).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die sewentig weke/sewentig tydperke van Daniël?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries