settings icon
share icon
Vraag

Wat was die sewe laaste woorde van Jesus Christus aan die kruis en wat beteken dit?

Antwoord


Hier volg die sewe verklarings wat Jesus Christus aan die kruis gemaak het (in geen spesifieke volgorde nie):

Matt 27:46, vertel dat Jesus ongeveer die negende uur met 'n harde stem uitgeroep het, "Eloi, Eloi, lama sabachthani?" Dit beteken, "My God, my God, waarom het U My verlaat?" Hier het Jesus Sy gevolens van verlatenheid uitgedruk, toe God die sondes van die wêreld op Hom geplaas het en as gevolg daarvan het God Hom van Jesus af "weggedraai." God kon die sonde nie aanskou nie. Toe Jesus daardie sondelas op Hom voel, het Hy ervaar dat God Hom verlaat het – vir die enigste keer in alle ewigheid. Dit was ook 'n vervulling van die profetiese woord in Ps 22:1.

Lukas 23:34, "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!" Diegene wat Jesus gekruisig het, was nie bewus van die volle omvang van wat hulle gedoen het nie, aangesien hulle Hom nie as Messias erken het nie. Hul onkunde aangaande die goddelike waarheid het nie beteken dat hulle vergifnis verdien het nie en Christus se gebed, midde in hul bespotting van Hom, is 'n uitdrukking van die onbeperkte medelye van goddelike genade.

Lukas 23:43, "Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees." In hierdie stelling is Jesus besig om een van die kriminele aan die kruis te verseker, dat wanneer hy sou sterf, hy saam met Jesus in die hemel sou wees. Dit is toegestaan, omdat, selfs in die uur toe hy gesterf het, die krimineel sy geloof in Jesus verklaar het en Hom erken het vir wie Hy was (Luk 23:42).

Lukas 23:46, "Vader, in U hande gee Ek My Gees oor." Hier gee Jesus gewilliglik Sy Gees in die Vader se hande oor en daarmee dui Hy aan dat Hy gaan sterf en dat God Sy offerande aangeneem het. Hy het "Homself as volkome offer deur die ewige Gees aan God geoffer" (Heb 9:14).

Joh 19:26-27, "Daar is u seun" en "Daar is jou moeder." Toe Jesus Sy moeder naby die kruis langs die apostel Johannes, wat Hy liefgehad het, sien, het Hy Sy moeder se versorging in Johannes se hande oorgegee. Van daardie oomblik af het Johannes haar in sy eie huis ingeneem (Joh 19:26-27). In hierdie verse maak Jesus, die altyd deernisvolle Seun, seker dat Sy aardse moeder versorg is na Sy dood.

Joh 19:28, "Ek is dors." Jesus vervul hier die Messiaanse profesie van Ps 69:22: "Toe Ek honger was, het hulle My gif aangebied, toe Ek dors was, wou hulle My asyn laat drink." Deur te sê dat Hy dors was, het Hy die Romeinse wagte aangespoor om vir Hom asyn te gee, wat gebruiklik was by 'n kruisiging en so is dié profesie ook vervul.

Joh 19:30, "Dit is volbring!" Jesus se laaste woorde het beteken dat Sy lyding oor was en dat die volledige werk wat Sy Vader Hom gegee het om te doen, wat deur die Evangelie verkondig is, wonderwerke wat plaasgevind het en ewige verlossing vir Sy mense verkry het, gedoen,afgehandel en vervul was. Die skuld vir sonde is betaal.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat was die sewe laaste woorde van Jesus Christus aan die kruis en wat beteken dit?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries