settings icon
share icon
Vraag

Wat is die sewe dispensasies?

Antwoord


Dispensasionalisme is 'n metode om die geskiedenis te interpreter, wat God se werk en doelwitte teenoor die mensdom in verskillende tydsperiodes indeel. Gewoonlik word daar sewe dispensasies geïdentifiseer, alhoewel sommige teoloë glo dat daar nege is. Ander praat van slegs drie of so baie soos sewe en dertig dispensasies. In hierdie artikel, wil ons onsself beperk tot die sewe basiese dispensasies wat in die Skrif gevind word.

Die eerste dispensasie word genoem die Dispensasie van Onskuld (Gen 1:28-30 en 2:15-17). Dit dek die periode van Adam en Eva in die Tuin van Eden. In hierdie dispensasie was God se opdragte (1) om die aarde te vul met kinders, (2) die aarde te onderwerp, (3) om beheer oor die diere te hê, (4) die tuin te bewerk, en (5) om daarvan af te sien om te eet van die vrugte van die boom van kennis van goed en kwaad. God het gewaarsku dat die straf vir ongehoorsaamheid fisiese en geestelike dood sou wees. Hierdie dispensasie was kortstondig en is deur Adam en Eva se ongehoorsaamheid, deur te eet van die verbode vrugte en hul uitsetting uit die tuin, tot 'n end gebring.

Die tweede dispensasie word genoem die Dispensasie van Gewete en dit het ongeveer 1,656 jaar geduur, vanaf die tyd dat Adam en Eva uit die tuin uitgesit is, totdat die vloed plaasgevind het (Gen 3:8-8:22). Dit demonstreer wat die mensdom sal doen as hy aan sy eie wil en gewete oorgelaat word,wat besmet is deur die oorgeërfde sondige natuur. Die 5 hoofaspekte van hierdie dispensasie is 1) 'n vloek op die slang, 2) 'n verandering in moederskap en om kinders te baar, 3) 'n vloek op die natuur, 4) die oplegging van werk op die mens om kos te produseer, en 5) die belofte van Christus dat die saad die slang se kop sal vermorsel (Satan).

Die derde dispensasie is die Dispensasie van Menslike Regering, wat in Gen 8 begin het. God het die lewe op aarde vernietig met 'n vloed en net een familie gered om die menslike ras weer te begin. God het die volgende beloftes en opdragte aan Noag en sy familie gemaak:
God sal nie weer die aarde vervloek nie.
Noag en sy familie moet die aarde met mense vul.
Hulle sal beheer oor die diereskepping hê.
Hulle word toegelaat om vleis te eet.
Die wet vir die doodstraf is ingestel.
Daar sal nooit weer 'n ander wêreldwye vloed wees nie.
Die teken van God se belofte sal die reënboog wees.

Noag se nakomelinge het nie versprei en die aarde gevul soos God se opdrag was nie, dus het hulle gefaal in hul verantwoordelikheid tydens hierdie dispensasie. Ongeveer 325 jaar na die vloed, het die aarde se inwoners begin om 'n toring te bou, 'n groot monument, want hulle was trots en wou in samehorigheid leef (Gen 11:7-9). God het die oprigting tot stilstand geroep, verskillende tale geskep en Sy opdrag om die aarde te vul, afgedwing. Die resultaat was die opkoms van verskillende nasies en kulture. Van toe af vorentoe was menslike regerings 'n realiteit.

Die vierde dispensasie, genoem die Dispensasie van Belofte, het begin met die oproep van Abraham, en dit het voortgegaan deur die lewens van die patriarge en geëindig met die uittog van die Joodse volk uit Egipte, 'n periode van ongeveer 430 jaar. Gedurende hierdie dispensasie het God 'n groot nasie ontwikkel wat Hy as Sy volk gekies het (Gen 12:1 – Eks 19:25).

Die basiese belofte gedurende die Dispensasie van Belofte was die Abraham-Verbond. Hier volg sommige van die sleutelpunte daarvan:

1. Vanuit Abraham sal 'n groot nasie kom, wat God sou seën met natuurlike en geestelike rykdom.
2. God sou Abraham se naam groot maak.
3. God sou hulle seën wat Abraham se nageslag geseën het en diegene vervloek wat hulle vervloek het.
4. In Abraham sal al die families op die aarde geseënd wees. Dit is vervul in Jesus Christus en Sy verlossingswerk.
5. Die teken van die Verbond is besnyding.
6. Hierdie Verbond, wat aan Isak en Jakob herhaal is, is oorgedra na die Hebreeuse volk en die twaalf stamme van Israel.

Die vyde dispensasie is genoem die Dispensasie van die Wet. Dit het ongeveer 1,500 jaar voortgeduur, vanaf die uittog uit Egipte, totdat dit na Jesus Christus se dood opgehef is. Hierdie dispensasie sal aangaan gedurende die Millennium, met sommige veranderinge. Gedurende die Dispensasie van die Wet, het God spesifiek met die Joodse volk gehandel deur middel van die Mosaiëse Verbond, of die Wet, soos gevind in Eks 19-23. Die dispensasie het tempel-aanbidding, gelei deur die priesters, ingesluit, met verdere leiding deur God se spreekbuise, die profete. Uiteindelik as gevolg van die mense se ongehoorsaamheid aan die Verbond, het die stamme van Israel die Beloofde Land verloor en was hulle blootgestel aan slawerny.

Die sesde dispensasie, die een waarin ons nou leef, is die Dispensasie van Genade. Dit het begin met die Nuwe Verbond in Christus se bloed (Luk 22:20). Hierdie "Genadetydperk" of "Kerk-era" vind plaas tussen die 69st en 70st week van Daniël 9:24. Dit begin met die dood van Christus en eindig met die Wegraping van die kerk (1 Tess 4). Hierdie dispensasie is wêreldwyd en sluit beide Jode en Heidene in. Die mens se verantwoordelikheid gedurende die Dispensasie van Genade is om in Jesus, die Seun van God (Joh 3:18) te glo. In hierdie dispensasie woon die Heilige Gees in gelowiges as die Trooster (Joh 14:16-26). Hierdie dispensasie duur vir meer as 2,000 jaar en niemand weet wanneer dit sal eindig nie. Ons weet dat dit sal eindig met die Wegraping van alle wedergebore gelowiges op aarde om hemel toe te gaan saam met Christus. Daaropvolgend sal die straf van God vir sewe jaar duur.

Die sewende dispensasie word genoem die duisendjarige Ryk van Christus en sal vir 1,000 jaar voortgaan, waartydens Christus self op aarde sal regeer. Hierdie Koninkryk sal die profesie vervul aan die Joodse volk dat Christus sal terugkeer en hul Koning wees. Die enigste mense wat toegelaat sal word om die Koninkryk binne te gaan, is die wedergebore gelowiges van die Genadetydperk en regverdige oorlewendes van die sewe jaar van die Groot Verdrukking. Geen ongeredde persoon word toegelaat in hierdie Koninkryk nie. Gedurende dié 1,000 jaar is Satan gebind. Hierdie periode eindig met die finale oordeel (Openbaring 20:11-14). Die ou wêreld word deur vuur verwoes en die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde van Openbaring 21 en 22 sal begin.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die sewe dispensasies?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries