settings icon
share icon
Vraag

Is sessionarisme Bybels?

Antwoord


Sessionarisme is die siening dat die "wonderwerkende gawes" van spreek in tale en genesing opgehou het, teen die einde van die apostoliese tydperk – 'n stilstand van die wonderwerke wat kenmerkend was van daardie tyd. Meeste van die sessionariste glo dat, alhoewel God nog steeds wonderwerke laat plaasvind, die Heilige Gees nie meer individue gebruik om wonderwerke te bewerkstellig nie.

Volgens Bybelse weergawes het wonderwerke gebeur gedurende spesifieke periods, vir die spesifieke doel om 'n nuwe boodskap van God te bekragtig. Moses was in staat om wonderwerke te doen om sy bediening teenoor Farao te staaf (Eks 4:1-8). Elia het wonderwerke gedoen om Agab te oortuig (1 Kon17:1; 18:24). Die apostels het wonderwerke gedoen om hul bediening teenoor Israel te bekragtig (Hand 4:10, 16).

Jesus se bediening was ook gekenmerk deur wonderwerke, wat die apostel Johannes "tekens" (Joh 2:11) noem. Johannes staaf dit dat die wonderwerke bewyse was van die egtheid van Jesus se boodskap.

Ná Jesus se opstanding toe die Kerk gevestig en die Nuwe Testament geskryf was, het die apostels "tekens" soos spreek in tale en die krag om te genees gebruik. "So is die gebruik van ongewone tale of klanke dan 'n teken vir ongelowiges en nie vir gelowiges nie" (1 Kor 14:22 – hierdie vers sê doodgewoon dat dié gawe nooit bedoel was om die Kerk op te bou nie).

Die apostel Paulus het voorspel dat die gawe van praat in tale sou opraak (1 Kor 13:8). Hier is 6 bewyse dat dit reeds opgehou het:

Die apostels deur wie die talespraak gekom het, was uniek in die geskiedenis van die Kerk. Nadat hul bediening afgehandel was, het die behoefte aan betroubare tekens opgehou om te bestaan.

Die wonderwerkende gawes (of tekens) word net in die vroegste Sendbriewe genoem, soos 1 Korintiërs. Latere boeke soos Efesiërs en Romeine bevat uitgebreide gedeeltes aangaande die gawes van die Gees, maar die wonderwerkende gawes word nie genoem nie, alhoewel Romeine die gawe van profesie noem. Die Griekse word vir "profesie" beteken "speaking forth" en sluit nie noodwendig die toekomsvoorspelling in nie.

Die gawe van spreek in tale was 'n teken vir die ongelowige Israel om te bewys dat God se verlossing nou vir alle nasies beskikbaar is. Sien 1 Kor 14:21-22 en Jes 28:11-12.

Talespraak was ondergeskik aan die gawe van profesie (prediking). Die prediking van die Woord van God bou gelowiges op, maar spreek in tale doen dit nie. Gelowiges is aangesê om profesie bo die spreek in tale te stel (1 Kor 14:1-3).

Geskiedenis dui aan dat talespraak verdwyn het. Dit word glad nie gemeld deur die Post-Apostoliese Vaders nie. Ander skrywers soos Justin Martyr, Origen, Chrysostom en Augustinus beskou dit as iets wat net in die vroegste dae van die Kerk gebeur het.

Daar is aanduidings dat die wonderwerk van praat in tale opgehou het. Indien die gawe steeds nog vandag beskikbaar was, sou daar geen behoefte vir sendelinge gewees het om 'n taal aan te leer nie. Sendelinge sou na enige land kon reis en enige taal vlot kon praat, soos die apostels in Hand 2 gedoen het. Wat betref die gawe van genesing, sien ons in die Skrif dat genesing aan die bediening van Jesus en die dissipels gekoppel was (Luk 9:1-2). Ons sien ook dat, soos die aposte-era aan sy einde begin kom het, het genesing, soos ook talespraak, minder algemeen voorgekom. Die apostel Paulus, wat Eutigus uit die dood opgewek het (Hand 20:9-12), het nie vir Epafroditos genees nie (Fil 2:25-27), nie vir Trofimus nie (2 Tim 4:20), nie vir Timoteus nie (1 Tim 5:23) of selfs vir homself nie (2 Kor 12:7-9). Die redes vir Paulus se "onsuksesvolle genesings" is dat die gawe nooit bedoel was om elke Christen gesond te maak nie, maar om dissipelskap geloofwaardig te maak en die outoriteit van die apostels is daardeur genoegsaam bewys en dus was verdere wonderwerke onnodig.

Die bogenoemde redes is getuienis vir sessionarisme. Na aanleiding van 1 Kor 13:13-14:1, sal ons goed doen deur liefde na te volg, die grootste gawe van almal. Indien ons gawes sou begeer, moet ons die Woord van God verkondig, sodat almal opgebou kan word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is sessionarisme Bybels?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries