settings icon
share icon
Vraag

Wat is serafyne? Is serafs engele?

Antwoord


Die serafyne (vurige, brandende soort) is engele-wesens wat geassosieer word met die profeet Jesaja se openbaring van God in die Tempel, toe God hom geroep het vir sy profetiese bediening (Jes 6:1-7). Jes 6:2-4 beskryf dit so “ By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg. Die serafs het mekaar telkens toegeroep: ‘Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid’ Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het.” Serafs is engele wat God aanhoudend aanbid en lofliedere toesing.

Jes 6 is die enigste plek in die Bybel wat spesifiek die serafs noem. Elke seraf het ses vlerke. Hulle gebruik twee om mee te vlieg, twee om hul voete mee toe te maak en twee om hul gesigte mee te bedek (Jes 6:2). Hulle het tot by die troon waarop God gesit het, gevlieg en Hom lofprysinge toegesing, terwyl hulle spesiale aandag gegee het aan God se glorie en majesteit. Hierdie wesens het waarskynlik ook gedien as gestuurdes van reiniging vir Jesaja, toe hy sy profetiese bediening begin het. Een het ‘n warm kool teen Jesaja se lippe gehou met dié woorde, “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen (Jes 6:7). Dieselfde soos by die ander heilige engele, is die serafs volmaak in gehoorsaamheid aan God. Netsoos die gerubs, is die serafs in besonder gefokus op aanbidding en verering van God.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is serafyne? Is serafs engele?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries