settings icon
share icon
Vraag

Is dit verkeerd vir ‘n getroude paartjie om net seks vir die plesier daarvan te hê?

Antwoord


Die Bybel draai geen doekies om aangaande die oorsprong van seks nie: God het die twee geslagte geskep, en menslike seksualiteit, insluitende al die fisiese, emosionele en geestelike ingewikkeldhede - dit is God se uitvindsel. Dit is so dat seksuele omgang dien om die menslike ras te laat voortbestaan, maar seks het meer as hierdie gebruikswaarde. Seks is genotvol en dit is ‘n intieme aksie; dit help om ‘n band tussen man en vrou te skep. Sommige mense sukkel met die kwessie van die genotvolle aspek van seks. Is dit verkeerd vir ‘n getroude paartjie om seks vir die plesier daarvan te hê of moet seks slegs gereserveer word vir daardie tye wanneer die paartjie probeer om ‘n baba te wil hê?

As gevolg van die verleiding van pornografie en die wydverspreide perversie van seks in ons kultuur, kry sommige mense die idee, insluitende sommige ernstige Christene, dat seks vir plesier verkeerd is. Hulle voel skuldig om seks te geniet en sou dit eerder hou binne die reëls van voortplanting; seks word iets om te verdra, omdat dit die enigste manier is om babas te maak. So ‘n perspektief is nie bybels nie. Seks staan nie gelyk aan sonde nie – nie eers seks vir plesier nie. Immoraliteit (seks buite die huwelik soos God dit definieer) is verkeerd, maar nie seks binne die huwelik nie. “Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom” (Heb 13:4).

‘n Getroude paar wat seks vir plesier beoefen is nie méér sondig as daardie selfde paartjie wat ‘n sjokolade-nagereg saam geniet nie. Daar is nie baie verbonde daaraan om ‘n poeding te eet nie: dit gaan nie oor eet om lewe te behou of voeding te voorsien nie; dit is eet vir plesier. So lank as wat die paartjie hul nagereg-etery binne afgemete perke hou,is hul genieting daarvan doodreg. As hulle begin om na sjokolade te hunker, vraatsugtig eet en net sjokolade eet of steel, dan is dit ‘n probleem. Maar die genieting van die nagereg self, is nie ‘n probleem nie.

Een Ou Testamentiese boek handel oor die onderwerp van hartstog en seks vir plesier binne-in die huwelik. Die Hooglied van Salomo gee volledige inligting in sy beskrywing van die huweliksnag wat op sinnebeeldige wyse gebruik is om dit te versag en, tradisioneel kon Hebreeuse seuns dit eers lees as hulle 12 jaar oud was, as hulle mans geword het. Die mooi verbeeldingryke hoofstuk 4 skep tonele van helderheid en verrukking. Dit is nie ‘n paartjie wat sekere dinge moet doen om bevrug te raak nie; dit is ‘n paartjie wat hulself aan mekaar oorgee en eenvoudig mekaar geniet. Hulle het seks vir plesier.

Die biologie van die menslike liggaam gaan oor die aanvaarbaarheid van seks vir plesier. God het die liggaam ontwerp om aangenaam te reageer, as sekere areas aangeraak word. Hy kon ons sonder enige begeerte vir seks gemaak het en geen bevredigende sensasies gedurende seks nie, maar Hy het nie. Hy het vir ons seks gegee, nie net om voort te plant nie, maar as ‘n bonus, ‘n geskenk om te geniet. God het seks ingestel om te geniet.

Volgens die Bybel behoort ‘n getroude paartjie seksuele bande te hê: “Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom en net so ook die vrou teenoor haar man. Die vrou beskik nie oor haar eie liggaam nie, maar die man; net so beskik die man ook nie oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. Moenie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming en net vir ‘n bepaalde tyd om julle aan die gebed te wy. Daarna moet julle weer saamkom, sodat die Satan julle nie miskien weens julle gebrek aan selfbeheersing verlei nie” (1 Kor 7:3-5). Na aanleiding van hierdie gedeelte, is die normale, natuurlike stand van ‘n huwelik vir ‘n man en vrou om seks gereeld te beoefen. Die onthouding waarvan gepraat word, is nie die weiering om kinders te hê nie, maar die onthouding van seksuele bande. As ‘n man en vrou nie seks vir hul plesier het nie, is iets verkeerd.

Seks, óf dit vir voortplanting óf vir plesier is, dis ‘n gawe van God in die huwelik. Die gevoelens van seksuele begeertes en plesier gedurende seks is deur God geskep en God het die huwelik geskep om daardie gevoelens te vervul en daardie plesier te beleef. Ons moenie vergeet dat God ons ontwerp het vir seks nie en die emosies wat daarmee saamgaan, geskep het nie; plesier was die bedoeling. Ons moenie dat Satan en sy leuens ons weerhou om mekaar te geniet nie of vervalle raak in die wêreldse seksuele plesiere buite die huwelik nie. God se plesier is werklik en bevredigend; Satan s’n daarenteen is leeg en vernietigend.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit verkeerd vir ‘n getroude paartjie om net seks vir die plesier daarvan te hê?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries