settings icon
share icon
Vraag

In die verlede is ek seergemaak en uitgebrand deur die kerk. Hoe kan ek dit oorkom en ‘n hernieude passie en begeerte ontwikkel om kerk by te woon?

Antwoord


Die pyn veroorsaak deur die kerk is ‘n “stille moordenaar.” Dit beteken nie dat die woorde en gebeure wat jou hart seergemaak het, nie baie lelik en openlik is nie. Dit is ‘n “stille moordenaar,” omdat dit wat dit gedoen is, diep in die verstand, hart en siel van die verwonde lê. As daarmee nie gehandel word nie, sal dit toekomstige geluk, blydskap en welstand vernietig. Die skade affekteer die bediening en uitreik van die kerk ook en sommige kerke herstel nooit weer nie. Let op dat die gedrag wat sulke verwoesting in jou hart bring, is nie baie anders as die seer wat enige van ons in die werkplek, markplein of tuis kan ervaar nie. Die verskil is dat ons nie van God se mense verwag om op te tree, soos hulle wat sonder Christus in hul lewens is nie. Die kerk is die een plek en feitlik almal sal saamstem, om daar veilig te voel, aanvaar te word, vergifnis te kry en vry te wees van konflik en pyn. Tog in die meeste kerke kom ten minste sommige elemente van twis, konflik en haat voor , dit kruip in en besoedel daardie ideaal.

Dit gebeur in sommige kerke meer as in ander. Die spirituele gesondheid van mense in die kerk en die sterkte van leierskap bepaal hoe algemeen en in watter mate daardie strydwekkende gedrag beheer kan wen. Stadig maar seker, buite beheer, vernietig dit die fondasie van die spirituele lewe van ‘n gemeente.

Dit is belangrik om jou fokus weg te draai van die mense wat betrokke is en die kerk self en identifiseer die wortel wat jou pyn, verwarring en ontnugtering veroorsaak.Identifiseer met eerlikheid hoe jy voel. Indien jy soos die meeste mense is, hier is ‘n paar moontlikhede: woede, jammerte, teleurstelling, verwerping, seer, jaloesie, kwesbaar, bang, rebellie, trots, skaamte, verleentheid of verlies. Vind uit wat is die kern van jou seer – nie wat iemand gesê of gedoen het nie, maar wat veroorsaak regtig jou pyn? Ondersoek dan die Skrif om te ontdek wat God daaroor sê. Neem ‘n Bybel konkordansie en slaan elke woord na en lees, dink, bid en pas die vers toe. Byvoorbeeld, jy mag dink dat jy kwaad is ,terwyl jy in werklikheid verwerp voel. Wat sê God in verband met verwerping? Hy sê, “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie” (Hebr 13:5); “Ek het jou nog altyd liefgehad” (Jer 31:3); en “Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Matt 28:20).

As jy waarlik die wortel van jou pyn geïdentifiseer het, het God ‘n salf van wysheid, medelye en liefde om jou wonde te heel. As jy na Hom roep om hulp, skuif jou fokus na Hom toe en weg van ander mense en hul optrede. Jy wil die gebeurtenis wat jou seer veroorsaak het, nie weer beleef nie. Jy mag werklik seergemaak, gewond of beledig wees. Jy voel dit werklik. Daardie gevoelens is byprodukte van dieper belangriker realiteite wat jou passie vir God, Sy kerk en Sy doel vir jou lewe laat ontspoor het. Indien onversorg gelaat word, sal daardie gvoelens lei tot ‘n wortel van bitterheid wat op ‘n negatiewe wyse elke vesel van jou siel sal affekteer en jou beroof van jou oorvloedige lewe in Christus (Joh 10:10). Jy wil nie hê dat dit in jou lewe moet gebeur nie.

Hoe voorkom ons dat kwetsende gebeure hul vernietiging in ons harte inwerk? Die boek van wysheid in die Bybel sê dat jy versigtig moet wees “met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe” (Spreuke 4:23). Ons beskerm ons harte deur ons gedagtes versigtig te kies, ook ons gevoelens, ingesteldheid en optredes. Beskerm jou hart deur te weier om te fokus op wat gebeur het, deur te weier om te fokus op die mense wat jou seergemaak het, en deur te weier om die swakhede van die kerk af te ransel. Deur bitterheid op te gee, vra nederigheid, maar “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade” (Jak 4:6; Spreuke 3:34). Dit vra vergewensgesinde gesindhede en optrede (Matt 18:22; Mark 11:27; Ef 4:32; Kol 3:13) met geen teken van wraak nie(Rom 12:19). Meestal is dit die Heilige Gees wat in en deur jou moet werk (Ef 3:16).

Moenie vir God blameer oor hoe Sy kinders optree nie. Moet ook nie die kerk verlaat nie. Daar is baie meer toegewyde, geesvervulde, liefdevolle en vergewensgesinde mense as in die meeste kerke. Soek hulle op. Spandeer tyd saam met hulle. Indien jy hulle nie vind nie, soek ‘n ander kerk (dit is raar dat jy hulle nie kan vind nie, selfs in die moeilikste kerklike omgewing). Die kerk is God se idee, en Hy beskerm dit getrou, alhoewel Hy soms pyn voel deur die optrede daarvan (Openbaring 2-3).

Jy kan hoop behou, omdat jy heling soek by die Here. Dit is nou op jou om die regte ding te doen en jou fokus te draai na die Persoon wat werklik jou lewe totaal en al van die seer sal transformeer. Jesus het belowe, “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” (Matt 11:28-30).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

In die verlede is ek seergemaak en uitgebrand deur die kerk. Hoe kan ek dit oorkom en ‘n hernieude passie en begeerte ontwikkel om kerk by te woon?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries