settings icon
share icon
Vraag

Wie of wat is die sedelose vrou van Babilon/geheimenis Babilon?

Antwoord


‘n Gedeelte van Johannes se visie in Openbaring sluit ‘n simboliese beskrywing in van ‘n wese, bekend as “Groot Babilon, die moeder van die sedeloses.” Openbaring 17:1-2 beskryf die visioen: “Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke het, gekom en met my gepraat. “Kom,” het hy gesê, “ek sal jou wys hoe die oordeel voltrek word oor die berugte sedelose vrou wat by baie waters bly en met wie die konings van die aarde onsedelik verkeer het. Die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar onsedelikheid.” Openbaring 17:5 gee haar naam: “Groot Babilon, die moeder van die sedeloses en van die losbandigheid op die aarde.”

Volgens Openbaring 17:3, sit die prostituut in die visioen op “‘n helderrooi dier” met “sewe koppe en tien horings.” “Die dier was oortrek met godslasterlike name.” Die dier in hierdie vers is dieselfde as in Openbaring 13:1 – die beskrywing is presies dieselfde – ‘n dier simbolies van die Antichris, die man van wetteloosheid (2 Tess 2:3-4; Dan 9:27). Dus, die prostituut van Babilon, wie of wat dit is, is naby gekoppel aan die eindtyd se Antichris.

Die feit dat daar na die prostituut van Babilon verwys word as ‘n “verborge/geheimenis” beteken dat ons nie heeltemal seker is van haar identiteit nie. Die gedeelte gee vir ons ‘n paar leidrade, Openbaring 17:9 sê egter, “Hier is verstand en wysheid nodig. Die sewe koppe is sewe berge. Daar by hulle het die vrou haar setel.” Sommige kommentators verbind hierdie gedeelte met die Rooms Katolieke Kerk, omdat in die antieke tye die stad Rome bekend was as “the city on seven hills.” Vers 10 gaan egter voort en verduidelik dat die sewe heuwels sewe konings of koninkryke verteenwoordig, vyf wat reeds geval het, een wat bestaan en een wat nog moet kom. Dus, “die prostituut van Babilon” kan nie uitsluitlik na Rome wys nie. Sy is eerder verbind met sewe verskillende wêreldkeiserryke (een waarvan nog toekomstig is).

Openbaring 17:15 koppel die prostituut aan “volke en stamme, nasies en tale.” Die prostituut van Babilon sal groot, wêreldwye invloed hê. Sy sal op een slag heerskappy uitoefen oor die wêreld, want sy is “die groot stad wat heerskappy oor die konings van die aarde uitoefen” (Openbaring 17:18). Op ‘n sekere punt egter sal die konings wat onder die Antichris regeer, uit haat haar aanval en verwoes (Openbaring 17:16). Kan die verborgenheid van die prostituut van Babilon opgelos word? Ja, ten minste gedeeltelik. Die prostituut van Babilon is ‘n bose wêreldstelsel, onder beheer van die Antichris, gedurende die verdrukking. Die konings van die aarde bedryf “owerspel” met haar en die bewoners van die aarde is “bedwelm” deur haar owerspel. Dikwels word egbreuk in die Skrif gebruik as ‘n metafoor vir owerspel en geestelike ontrouheid (bv. Eks 34:16; Eseg 6:9). Dit wil voorkom of die prostituut van Babilon die toppunt van al die valse godsdienssstelsels regdeur die geskiedenis is. Die feit dat sy “dronk is van die bloed van die gelowiges” (Openbaring 17:6) wys haar haat teenoor ware, godvresende godsdiens en haar afgryslike heengaan wys God se haat teenoor valse, goddelose godsdiens (verse 16-17).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie of wat is die sedelose vrou van Babilon/geheimenis Babilon?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries