settings icon
share icon
Vraag

Wat is Satanisme?

Antwoord


Satanisme word nie maklik gedefinieer nie. Daar is verskeie "afdelings" daarvan. In teenstelling met Christene, stem Sataniste nie saam oor hul basiese fundamentele beginsels nie. Christene mag verskil van opinie oor oortuiging in verband met die interpretasie van sekere Bybelgedeeltes, maar hulle glo dieselfde fundamentele beginsel dat Jesus God se Seun is, wat die prys vir ons sonde betaal het, deur aan die kruis te sterf en uit die dood opgestaan het. Sataniste argumenteer onder hulself of Satan selfs bestaan en of hulle hom of hulself aanbid. Eintlik is hulle 'n verwarde groep en deur leuens gebind. John 8:44 kan miskien aangewend word vir Sataniste: "Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen."

Dit is as gevolg van hierdie leuens dat daar 'n oormaat van ideologieë binne-in Satanisme heers. Sommige van Satanisme se praktyke is konstant en Sataniste se eenheid word meer gevind in rituele as in 'n onderliggende geloofsisteem. Sataniste doen sekere dinge; hulle hoef nie sekere goed te glo nie.

Die meeste Sataniste, duiwelaanbidders, duiwelvereerders, Lucifer-aanbidders en lede van die kerk van Satan beweer dat hulle wortels in "LeVeyan Satanism" lê, vernoem na Anton LeVey, die skrywer van die "Satanic Bible" en stigter van die eerste kerk van Satan. LeVey het vermoedelik die eerste kerk van Satan in 1966 begin. As 'n selfbeweerde outoriteit in alles wat boos was, het hy weeklikse lesings begin teen 'n koste van $2 per persoon.So is die kerk van Satan toe begin.

Die basiese gemeenskaplikheid in alle vertakkings van Satanisme is 'n promosie van die eie-ek. Alle vorms van Satanisme verkondig dat lewe bestaan om te verkwis en dat selfsugtigheid 'n deug is. Sommige Sataniste meen dat die enigste bestaan wat hulle ooit sal ken, hier op aarde is. Dus lewe duiwelaanbidders vir die oomblik en hul geloof of oortuiging is vraatsug en losbandigheid.

Satanisme wy hul trou aan Satan, terwyl sommige selfs glo dat geen God of duiwel bestaan nie. Die meeste mense in die kerk van Satan glo ook dat daar geen verlosser vir hulle of vir enigeen is nie. Elkeen is ten volle verantwoordelik vir die pad van sy eie lewe. Tog bid hulle tot Satan in rituele en vra vir sy soewereine hand om in hul lewens te manifesteer. Hierdie soort denkpatroon openbaar die invloed van leuens en misleidinge in hulle filosofieë. Waarin Sataniste glo, is irrelevant vir Satan. Die eindresultaat is dieselfde – hulle siele is in slawerny by Satan en as God nie met Sy genade ingryp nie, sal hulle die ewigheid in die hel deurbring.

Kortliks is dit so dat Satanisme die aanbidding van Satan insluit of nie, maar dit is 'n bewuste poging om NIE die een ware God te aanbid nie. Romeine 1 gee 'n duidelike beeld van die binnekant van 'n Satanis se hart en sy motiewe. Hulle het "verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is. Hulle is een en al ongeregtigheid, slegtheid, hebsug en gemeenheid; hulle is vol jaloesie, moord, twis, bedrog en kwaadwilligheid" (verse 28-29). Mense wat deur Satan verlei is tot in hierdie leefstyl in het dit moeilik om te verstaan wat God se konsep van genade en vryheid is. Daarom leef hulle vir hulself en saam met hulself.

2 Pet 2 bevat 'n waarskuwing aan enigiemand wat 'n volgeling van Satan wil word of enigiets anders as God navolg: "Hierdie mense is droë fonteine, miswolke wat deur 'n stormwind voortgejaag word. Vir hulle word in die diepste duisternis plek gehou. Hulle is aanmatigend en sê sinlose dinge. Met wellus en losbandigheid verlei hulle die mense wat pas vrygekom het uit die kring van dié wat op dwaalweë verkeer. Hulle belowe vryheid aan hierdie mense, al is hulleself slawe van die verderf; want as iets jou in sy mag het, is jy sy slaaf" (verse 17-19).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Satanisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries