settings icon
share icon
Vraag

Is die duiwel/Satan 'n persoon of 'n mag/personifikasie van boosheid?

Antwoord


Alhoewel hy baie mense oortuig het dat hy nie bestaan nie, is Satan baie definitief 'n regte, persoonlike wese, die bron van alle ongeloof en van alle soorte van morele en spirituele boosheid in die wêreld. In die Bybel word hy verskeie name toegedig, insluitende Satan (betekenis:"teenstander" – Job 1:6; Rom 16:20), die duiwel ("vyand" – 1 Pet 5:8), Lucifer ("helder môrester" – Jes 14:12), die slang – 2 Kor 11:3; Openbaring 12:9 en vele ander.

Die bestaan van Satan as 'n persoonlike wese is bewys deur die feit dat die Here Jesus Christus hom as sodanig erken het. Jesus het dikwels na hom verwys: Luk 10:18; Matt 4:10 en hom die "die owerste van hierdie wêreld" genoem (Joh 12:31; 14:30; 16:11).

Die apostel Paulus noem Satan "die god van hierdie wêreld" (2 Kor 4:4) en "die vors van die onsigbare bose magte" (Ef 2:2). Die apostel Johannes het gesê dat, "die hele sondige wêreld in die mag van die duiwel is" (1 Joh 5:19) en dat Satan "die hele wêeld verlei" (Openbaring 12:9). Hierdie beskrywings kan kwalik dié van 'n onpersoonlike mag of net 'n personifikasie van boosheid wees.

Die Skrif leer ons dat, voordat die mens en die wêreld geskep was, het God "miljoene engele" geskep (Heb 12:22), 'n hemelse leërskare van geestelike wesens met groot mag en intelligensie. Die hoogste van hierdie wesens is die gerubs, wat teenwoordig is by die troon van God en die "gerub wat met uitgestrekte vlerke moes waghou" was Satan self (Eseg 28:14). Hy was "onbesproke" in optrede , "'n pragtige produk van volmaakte vakmanskap" (vers 12).

God het egter nie vir Satan as 'n bose wese geskep nie. Die engele, soos mense, is geskep as vrye geeste, nie as masjiene wat nie kan dink nie. Hulle was ten volle bevoeg om God se wil te verwerp en teen Sy outoriteit te rebelleer – dit was hulle persoonlike keuse.

Die basiese sonde in beide mens en engele is die tweelingsonde van ongeloof en trots. Satan het in sy hart gesê, "ek klim op hemel toe, ek gaan my troon neersit bokant die hoogste sterre….ek word soos die Allerhoogste self" (Jes 14:13,14). Weereens kan dit kwalik aksies of motiverings van 'n onpersoonlike mag wees.

Jesus het vir ons sommige van Satan se karaktereienskappe vertel. Christus het gesê dat hy 'n moordenaar van begin af was, nie vasgehou het aan die waarheid nie, want daar is geen waarheid in hom nie en dat wanneer hy praat, hy leuens vertel, hy praat sy moedertaal, want hy is 'n leuenaar en die vader van leuens (Joh 8:44).

Dit is krities dat Christene die werklikheid van Satan moet besef en verstaan dat hy soos 'n brullende leeu rondloop, op soek na iemand wat hy kan verslind (1 Pet 5:8). Dit is onmoontlik om sonde en die duiwel se versoeking uit onsself te oorkom, maar die Skrif vertel ons hoe om sterk te staan. Ons moet die volle wapenrusting van God aantrek en sodoende versoeking weerstaan (Ef 6:13).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die duiwel/Satan 'n persoon of 'n mag/personifikasie van boosheid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries