settings icon
share icon
Vraag

Hoe is Satan god van hierdie wêreld (2 Kor 4:4)?

Antwoord


Die frase "god van hierdie wêreld" (of "god van hierdie tyd") dui aan dat Satan die hoof-invloed is, rakende ideale, opinies, doelwitte, verwagtinge en sienings van die meerderheid mense. Sy invloed omvat ook die wêreld se filosofieë, opvoeding en handel. Die gedagtes, idees, spekulasies en valse godsdienste van die wêreld is onder sy beheer en ontspring vanuit sy leuens en misleidings.

Satan word ook genoem "die vors van die onsigbare bose magte" in Ef 2:2. Hy is die "owerste van hierdie wêreld" in Joh 12:31. Hierdie titels en baie meer onderstreep Satan se vermoëns. Om byvoorbeeld te sê dat Satan "die vors van die onsigbare bose magte" is, is om te kenne te gee dat hy oor die wêreld en die mense daarin regeer.

Dit is nie te sê dat hy die wêreld volkome beheer nie; God is steeds soewerein, maar dit beteken dat God, in Sy oneindige wysheid, Satan toegelaat het om in hierdie wêreld te opereer, maar binne die grense wat God vir hom gestel het. Wanneer die Bybel sê dat Satan mag oor die wêreld het, moet ons onthou dat God hom slegs domein oor ongelowiges gegee het. Gelowiges is nie meer onder Satan se bewind nie (Kol 1:13). Ongelowiges aan die anderkant is vasgevang in "die vangstrik van die duiwel" (2 Tim 2:26), lê "in die mag van die duiwel" (1 Joh 5:19) en is in slawerny met Satan (Ef 2:2).

Dus, wanneer die Bybel sê dat Satan die "god van hierdie wêreld" is, sê dit nie dat hy uiterste outoriteit het nie. Dit dra die gedagte oor dat Satan oor die ongelowige wêreld op 'n spesifieke manier regeer. In 2 Kor 4:4 volg die ongelowige mens Satan se agenda: "Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie." Satan se plan sluit die uitdra van valse filosofieë in die wêreld in – filosofieë wat die ongelowige verblind vir die waarheid van die Evangelie. Satan se filosofieë is die vestings waarin mense gevange bly en hulle moet deur Christus vrygemaak word.

'n Voorbeeld van een so 'n valse filosofie is die oortuiging dat die mens God se guns kan verdien deur 'n sekere handeling of aksie. In byna elke valse godsdiens is daar meriete om God se guns te verdien of die ewige lewe is 'n oorheersende onderwerp. Om verlossing te verdien deur werke, is egter in teenstelling met Bybelse openbaring. 'n Mens kan nie werk om God se guns te verdien nie; ewige lewe is 'n gratis geskenk (sien Ef 2:8-9). Hierdie gratis geskenk is net verkrygbaar deur Jesus Christus en deur Hom alleen (Joh 3:16; 14:6). Jy mag dalk vra waarom die mensdom nie eenvoudig net die verniet geskenk van verlossing aanvaar nie (Joh 1:12). Die antwoord is, dat Satan – die god van hierdie wêreld – die mens versoek het om sy trots na te jaag, in plaas daarvan. Satan stel die agenda op, die ongelowige mense in die wêreld volg dit na en die mensdom word aanhoudend mislei. Dit is geen wonder dat die Skrif Satan beskryf as "'n leuenaar en die vader van die leuen" nie (Joh 8:44).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe is Satan god van hierdie wêreld (2 Kor 4:4)?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries