settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor salwingsolie?

Antwoord


Salfolie word 20 keer in die Bybel genoem en was gebruik in die Ou Testament om op die kop van die Hoëpriester te gooi en op sy nakomelinge en ook op die tabernakel en die versiersels, om dit te merk as heilig en dit af te sonder vir die Here (Eks 25:6; Lev 8:30; Numeri 4:16). Drie keer word dit genoem “heilig, salfolie” en die Jode was streng verbied om dit vir persoonlike gebruik te reproduseer (Eks 30:32-33). Die resep vir salfolie word in Eks 30:23-24 gevind en bevat mire, kaneel en ander natuurlike bestanddele. Daar is geen aanduiding dat die olie of die bestanddele enige bonatuurlike krag het nie. Die strengheid van die riglyne om die olie te maak, was die toets vir die gehoorsaamheid van die Israeliete en ‘n demonstrasie van die absolute heiligheid van God.

Slegs 4 Nuwe Testamentiese gedeeltes verwys na die praktyk van salwing met die olie en geeneen gee ‘n verduideliking vir die gebruik daarvan nie. In Luk 7:46 salf Maria Jesus se voete as ‘n handeling van aanbidding. In Jak 5:14 salf die ouderlinge die sieke met olie om te genees. In Hebr 1:8-9 sê God aan Christus terwyl Hy triomfantelik teruggaan hemel toe, ”U troon, o God, staan vir ewig vas…..” en God salf Jesus tot Koning (“with the oil of gladness.”)

Mag Christene salfolie gebruik? Daar is niks in die Skrif wat beveel of selfs voorstel dat ons soortgelyke olie moet gebruik nie, maar ook is daar niks wat dit verbied nie. Olie is dikwels gebruik as ‘n simbool vir die Heilige Gees in die Bybel soos in die gelykenis van die wyse en dwase maagde in Matt 25:1-13). Daar- volgens het Christene die teenwoordigheid van die olie van die Gees wat ons in alle waarheid lei en ons aanhoudend salf met Sy genade en vertroosting. “Julle is egter deur Christus gesalf met die Heilige Gees en julle ken almal die waarheid” (1 Joh 2:20).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor salwingsolie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries