settings icon
share icon
Vraag

Wat is die saligsprekinge?

Antwoord


Die saligsprekinge is die agt verklarings van seën wat Jesus gespreek het by die voet van die berg, ook bekend as die Bergrede (Matt 5:3-12), elkeen begin met die woorde "Geseënd is…" Dit is debatteerbaar hoeveel saligsprekinge daar is. Sommige praat van sewe, nege of tien, maar die getal lyk na agt (verse 10-12 van Matt 5 tel as een).

Die Griekse word vir "geseënd" beteken "vrolik, gelukkig" of, letterlik "losgelaat." In die Bergpredikasie gebruik Jesus dié word om te verwys na uitwendige blydskap; in hierdie konteks verwys "geseënd" na 'n mate van geestelike welsyn en voorspoed. Die blydskap is 'n diepe sielsvreugde. Diegene wat die eerste aspek van 'n saligspreking ervaar (afhanklik, treur, sagmoedig, honger na geregtigheid, barmhartig en genadig, rein, vredemakers en vervolgdes) sal ook die tweede aspek van die saligspreking beleef (koninkryk van die hemel, vertroosting, die nuwe aarde ontvang, vervul of versadig word, begenadig word, God sien, kinders van God genoem word, die koninkryk van die hemel erf). Die geseënde het 'n aandeel in verlossing en het die koninkryk van God binnegegaan en beleef 'n voorsmaak van die hemel. 'n Ander moontlike vertolking van die aanvang van elke saligspreking is "O die geluksaliges of geseëndes van…"

Die saligsprekinge beskryf die ideale dissipel en sy belongings, beide vir die teenswoordige tyd sowel as die toekoms. Die persoon wat Jesus in hierdie gedeelte beskryf, het 'n ander kwaliteit karakter en leefstyl as hulle wat nog "buite die koninkryk" leef. In literêre vorm word die saligsprekinge ook dikwels in die Ou Testament gevind, veral in die Psalms (1:1; 34:8; 65:4; 128:1) en in die Nuwe Testament ook (Joh 20:29; 14:22; Jakobus 1:12; Openbaring 14:13).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die saligsprekinge?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries