settings icon
share icon
Vraag

Hoe kry ek my saak met God reg?

Antwoord


Om jou saak met God ‘reg’ te kry, moet jy eers verstaan wat ‘verkeerd’ is. Die antwoord is, sonde. “…Nie een van hulle leef soos God wil hê nie” (Psalm 14:3). Ons was ongehoorsaam aan God se gebooie; ons is “… soos skape wat verdwaal het. Elkeen het sy eie koers gekies” (Jesaja 53:6).

Die slegte nuus is dat die straf vir sonde die dood is. “… En ek straf elke mens soos hy verdien…. die mens wat verkeerd doen, word gestraf daarvoor. Hy sal doodgemaak word” (Esegiël 18:4). Die goeie nuus is egter dat ’n liefdevolle God ons nie alleen gelos het nie, maar gekom het om ons te verlos. Jesus het die doel van sy koms beskryf: “…Ek die Seun van die mens, het gekom om mense te soek wat op die verkeerde pad leef” (Lukas 19:10). En met sy sterwenswoorde aan die kruis het Hy bevestig dat Hy sy doel bereik het: “…Nou het ek alles gedoen wat Ek moes doen” (Johannes 19:30).

Die regte verhouding met God begin deur te erken dat jy gesondig het. Dan volg ’n nederige belydenis van jou sonde voor God (Jesaja 57:15) en ’n vasberadenheid om nie weer te sondig nie. “As jy dit glo, spreek God jou vry van al jou sondes. En as jy dit met jou mond bely, word jy verlos” (Romeine 10:10).

Hierdie berou oor jou sonde moet gepaardgaan met geloof – spesifiek, volle geloof dat Jesus jou Verlosser is deurdat Hy vir jou sondes aan die kruis gesterf het en toe wonderbaarlik uit die dood opgestaan het. “As jy dit glo, spreek God jou vry van al jou sondes. En as jy dit met jou mond bely, word jy verlos” (Romeine 10:10). Die noodsaaklikheid van geloof kom in baie ander teksverse ook voor, soos in Johannes 20:27; Handelinge 16:31; Galasiërs 2:16; 3:11, 26 en in Efesiërs 2:8.

Om jou saak met God reg te hê, hang alles af van jou reaksie op wat God vir jou gedoen het. Hy het sy Seun gestuur, Hy het die offer gegee sodat jou sonde weggeneem kan word (Johannes 1:29) en in Handelinge 2:21 gee Hy die belofte: “Almal wat die Here nou kom smeek om hulle sondes weg te vat, sal gered word.”

Die gelykenis van die Verlore Seun in Lukas 15:11-32 is ’n baie mooi illustrasie van berou en vergifnis. Die jongste seun het sy erfporsie op sondige maniere uitgemors (Lukas 15 :13) en nadat hy erken het dat hy baie verkeerde dinge gedoen het, het hy besluit om terug te keer huis toe (Lukas 15 : 18). Hy het gedink dat sy pa hom nie meer as sy seun sal erken nie (Lukas 15 : 19), maar hy was verkeerd - sy pa was oorstelp van vreugde oor sy seun se terugkoms (Lukas 15 : 20). Hy het die seun alles vergewe en vir hom ’n groot feesmaal laat voorberei (Lukas 15:24). God kom sy beloftes na en dit sluit die belofte van vergifnis in. “As julle Hom vra, red Hy julle uit al julle probleme.” (Psalm 34:18)

As jy jou saak met God reg wil kry, sê die volgende gebed. Onthou egter dat om net hierdie gebed of enige ander gebed te bid, jou nie sal red nie. Dit is slegs geloof in Christus wat jou van sonde kan verlos. Hierdie gebed is ’n eenvoudige manier om vir God te vertel van jou geloof in Hom en om Hom te bedank omdat Hy voorsiening gemaak het vir jou verlossing.

“God, ek weet dat ek teen U gesondig het en die straf daarvoor verdien. Maar Jesus Christus het in my plek die straf op Hom geneem sodat ek deur geloof in Hom, vergewe kon word. Ek los nou my sondige lewe en vertrou dat U my sal red. Baie dankie vir U wonderlike genade en vergifnis – die vreugde van ’n ewige lewe! Amen!”

Het u ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat u hier gelees het? Indien wel, druk op die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hier onder.
English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kry ek my saak met God reg?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries