settings icon
share icon
Vraag

Wat is die rivier met die water van die lewe?

Antwoord


die presiese frase “rivier van die lewe” kom nie in die Bybel voor nie. In Openbaring 22:1-2 verwys egter na “die rivier met die water van die lewe.” “Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit.” Die apostel Johannes beskryf die rivier in sy visioen van die Nuwe Jerusalem van “die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant.”

Water is ‘n algemene simboliese voorstelling van die ewige lewe in die Skrif. Jesaja verwys na “water skep uit die fonteine van redding” (Jes 12:3). Die Ou Testamentiese profeet Jeremia bestraf die Israeliete, omdat hulle God, die bron van lewende water, verlaat “en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie” (Jer 2:13). Die Israeliete het die lewende God verlaat, wat alleen die ewige lewe voorsien, om agter valse afgode aan te gaan, wêreldsheid en werksgebaseerde godsdienste. Mense doen vandag dieselfde, hulle weier die lewende water wat slegs Christus voorsien, en hulle kies ‘n stowwerige lewe wat versmag van dors, vol van materialisme en selfbevrediging.

Jesus het die Samaritaanse vrou by die waterput aangemoedig om by Hom water te neem, die water van die (ewige) lewe, sodat sy nooit weer geestelik dors sou raak nie (Joh 4:13-14). Hulle wat in Hom glo, sê Hy voorts in Joh 7:38, uit hulle sal daar strome van lewende water voortvloei. Water is ‘n geskikte en maklike simbool vir lewe om te verstaan. Netsoos fisiese water nodig is om fisiese lewe op aarde te onderhou, is water van die Verlosser nodig om die ewige lewe saam met Hom, te onderhou. Jesus is beide die Brood van die lewe (Joh 6:35) en die Bron van lewende water, onderhou Sy mense vir ewig.

Die rivier van die water van die lewe in Openbaring 22 is heel waarskynlik ‘n simboliese voorstelling van die ewige lewe wat God voorsien. Dit is verniet vir elkeen wat in Christus glo.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die rivier met die water van die lewe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries