settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor reïnkarnasie?

Antwoord


Die konsep van reïnkarnasie is heeltemal ongefundeerd in die Bybel, wat duidelik vir ons sê dat ons eendag sterf en dan veroordeling in die gesig staar (Heb 9:27). Die Bybel sê nêrens dat mense ‘n tweede kans op lewe of ‘n terugkeer as ander mense of diere het nie. Jesus het aan die krimineel aan die kruis gesê, “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (Luk 23:43), nie “Jy sal ‘n ander kans om te lewe op aarde hê” nie. Matt 25:46 vertel ons spesifiek dat gelowiges oorgaan na die ewige lewe, terwyl ongelowiges oorgaan na die ewige straf. Reïnkarnasie was vir duisende jare ‘n gewilde oortuiging, maar dit is nooit deur Christene of volgelinge van Judaïsme aanvaar nie, aangesien dit teenstrydig met die Skrif is.

Die een gedeelte wat iets toon as bewys vir reïnkarnasie, is Matt 17:10-12, wat Johannes die Doper met Elia verbind. Die gedeelte sê egter nie dat Johannes die Doper Elia geïnkarneer was nie, maar dat hy die profesie van Elia se koms sou vervul het, sou die mense sy woorde glo en daarby in Jesus as die Messias geglo het (Matt 17:12). Die mense het spesifiek vir Johannes die Doper gevra of hy Elia was en hy het geantwoord, “Nee, ek is nie” (Joh 1:21).

Om te glo in reïnkarnasie is ‘n antieke fenomeen en staan sentraal in die doktrine van die meerderheid van Indiese godsdienstige tradisies soos Hindoeïsme, Sikhisme en Djainisme. Baie moderne Heidene glo ook in reïnkarnasie, soos sommige New Age bewegings, saam met volgelinge van spiritisme. Vir die Christen egter, bestaan daar geen twyfel nie: reïnkarnasie is onbybels en moet as vals verwerp word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor reïnkarnasie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries