Vraag
Wat is die Register van Volke?
Antwoord
Genesis 10 staan algemeen bekend as die Geslagsregister van Volke en is ‘n lys van die patriargale stigters van sewentig nasies wat van Noag afstam deur sy drie seuns, Sem, Gam en Jafet. Ses en twintig van die sewentig het van Sem afgestam, dertig van Gam en veertien van Jafet. Gen 10:32 som die hoofstuk bondig op: Dit is die stamme van die seuns van Noag volgens hulle herkoms onder hulle eie nasies. Uit húlle het die nasies oor die aarde versprei ná die oorstroming.” Hoofstuk 11 is ‘n weergawe van hul verspreiding by Babel.
Dit wil voorkom asof die teks impliseer, alhoewel dit nooit eksplisiet verklaar nie, dat die lys se bedoeling was om ‘n alomvattende weergawe te wees. Dit is tradisioneel geïnterpreteer as sulks. Nietemin is hierdie interpretasie spekulatief.
Al die bybelse geslagsregisters is verkort. Historiese sleutelfigure word ingesluit, terwyl “minder” of minder kultureel relevante, broers of susters uitgelaat is. Dit is moontlik dat so iets die geval is vir die Geslagsregister van Volke. Die samesteller daarvan mag in sy studie gefokus het op die belangrikste nasies ten opsigte van sy eie volk tydens die samestelling van die Register, terwyl die stigters van ander wydgestrekte, miskien selfs lankal vergete nasies nagelaat was.Terwyl elke nasie uiteindelik verbind is aan elke ander nasie, deur Noag, is dit nie so dat hierdie voorvaderlike verbintenis onbepaald wedersydse kulturele belang laat voortbestaan onder sy afstammelinge nie.
Terwyl sommige nasies wat gelys is, maklik identifiseerbaar is, bly sommige obskuur. Tallose geleerdes het probeer om hierdie onbekende nasies te identifiseer, met onderskeie grade van sukses. Te wyte aan die argaïese aard van die oorspronklike material, bly hierdie aansienlike twyfelagtigheid.
Die akkuraatheid van die Register word bevraagteken as gevolg van die feit dat sommige van die verhoudings wat beskryf is, nie ooreenstem met moderne vergelykende taalkunde nie. Byvoorbeeld, die Elamiete word beskou as afstammelinge van Set, tog was hul taal nie Semities nie. Die Kanaäniete word beskou as afstammelinge van Gam, tog is hul taal Semities.
Hierdie beswaar veronderstel dat hierdie tale nooit deur enige dramatiese verandering gegaan het nie. Volgens die streek se geskiedenis wil dit voorkom asof dit ‘n twyfelagtige aanname is. Die kulture van die streek was konstant onderwerp aan verskuiwings en invalle deur vreemde magte. Die oorwonne keiserryke het dikwels hul taal en kultuur op die verslane groep afgedwing.
Die Hellenisme (vergrieks), van die Persiese Keiserryk gevolg deur “Alexander the Great” se verowering is ‘n klassieke voorbeeld. Of dink aan die Israeliete, wat hoofsaaklik antieke Hebreeus gepraat het, tot die Babiloniese gevangenskap en die Persiese verowering. Toe het hulle Aramees begin praat, die amptelike taal van die Persiese Keiserryk. Die Joodse Talmoed was in Aramees geskryf, soos groot dele van die boeke Daniёl en Esra. Daar bestaan die vermoede dat Jesus se moedertaal Aramees was. Deur Aleksander se verowering van Persiё te volg, het die Jode Grieks as tweede taal aangeneem. As gevolg daarvan was die hele Nuwe Testament in Grieks geskryf. Die tale van die streek was nie staties nie.
Die Hebreёrs het Kanaän lank voor die Grieke, Perse en Babiloniёrs ingeval en verower. Is dit verrassend dat die Kanaänaniete van die streek ‘n Semitiese taal aangeneem het, feitlik identies aan die antieke Hebreeus? Betreffende die Elamiete, indien ons ‘n saak vir Elamiet wil uitmaak, moet ons begin met proto-Elamiet. Proto-Elamiet bly onleesbaar, dus kan dit nie die basis vorm vir ‘n polemiek aangaande die Register van Nasies nie. Daar is geen bewys dat die latere, nie-Semitiese Elamiet onderliggend was aan proto-Elamiet nie en ons weet nie watter invloede dalk die taal op enige tyd kon verander het nie.
‘n Ander beswaar ten opsigte van die Register van Nasies is dat verskeie van die volke wat gelys was, nie in die historiese weergawe verskyn nie (soos ons dit vandag het) tot so laat as die eerste millennium v C. Dit het daartoe gelei dat van die kritiese geleerdes die Geslagsregister nie vroeёr as die 7de eeu v C gedateer het nie.
Dit is ‘n herhalende kritiek van die Bybel. Eerder om die Bybel die voordeel van die twyfel te gee, wanneer dit ookal ‘n stad of kultuur noem wat nêrens in die historiese weergawe verskyn , of wanneer dit ookal ‘n kultuur in ‘n era plaas wat enige ander weergawe terugdateer, wat ons van ons ander beperkte bronne het,veronderstel kritikusse in die algemeen dat die bybelse outeurs óf oneerlik óf onkundig was. Dit was die geval met die antieke metropool van Nineve en die anieke Hetietiese beskawing van die Levant, waarvan beide in moderne tye herontdek was, in die 19de en 20ste eeue, onderskeidelik, in ‘n merkwaardige regverdiging van die bybelse historiese getuie. Die feit is dat ons kennis van antieke kulture is uiters onsamehangend en dikwels afhanklik rakende sleutel-opvattings. Dit is dus spekulatief om te argumenteer dat die Register van Nasies so laat geskryf was, slegs gebaseer op die feit dat sommige nasies wat genoem was, nêrens voorkom, as in die latere historiese weergawes nie.
Een finale kritiek handel oor die feit dat Nimrod gesien word as ‘n seun van Kus (Gen 10:8-12), wat waarskynlik Nubiё net suid van Egipte gestig het. Tog het Nimrod verskeie stede in Mesopotamiё opgerig, wat geen teken toon van enige oorsprong van Nubiё nie (Gen 10:8-12). Sou dit beteken, volgens sommige kritici, dat die Register dus klaarblyklik verkeerd is, óf rakende Nimrod se nageslag óf sy rol in die oprigting van Mesopotamiese stede?
Skeptici wat só argumenteer, mis die feit dat Kus ook die vader was van die stigters van ten minste 6 Arabiese nasies (Gen 10:7), en geeneen toon tekens van Nubiaanse oorsprong nie. Dit is omdat Nubiё sy eie kulturele pad oor baie generasies ontwikkel het. Nimrod was ‘n naaste seun van Kus. Ons het geen rede om van hom te verwag of die stede wat hy help oprig het, om enige tekens te toon van Nubiaanse oorsprong nie.
Opsommenderwys, verteenwoordig die Register van Nasies die bybelse, etnologiese siening dat alle nasies van Noag afstam, deur drie van sy seuns, Sem, Gam en Jafet. Dit is nie bekend of die lys van 70 veronderstel was om alomvattend te wees of daar sommige nasies uitgelaat is nie, intensioneel of per abuis nie. Die akkuraatheid van wat ons weet aangaande die Register word bevraagteken deur skeptici wie se polemiese kritiek neig om gebrekkig en nie-bestaande te wees. Toe te skryf aan die argaïese aard van die bronmateriaal, bly die juistheid van die Register onbeslis. Ten einde, hulle wat dit aanvaar, doen dit so deur geloof, aanvaar dit as vanselfsprekend as deel van ‘n groter, geregverdige perspektief. Hulle wat dit verwerp, doen dit hoofsaaklik so vir dieselfde redes.
English
Wat is die Register van Volke?