settings icon
share icon
Vraag

Hoe werk psigologie aan hand van Bybelse berading?

Antwoord


Sekulêre psigologie is gebaseer op die leringe van psigo-analiste soos Sigmund Freud, Carl Jung en Carl Rogers. Bybelse of “outhetic”, berading aan die ander kant, is vierkantig gebaseer op die geopenbaarde Woord van God. Bybelse berading sien die Skrif as genoegsaam om die kind van God vir elke goeie werk voor te berei (2 Tim 3:17). Bybelse beraders leer dat die mens se basiese probleem geestelik van aard is; dus het ateïstiese sielkundiges, wat geestelik dood in hulself is, geen ware insig in die menslike toestand nie.

Christelike berading verskil van Bybelse berading, want eersgenoemde gebruik sekulêre psigologie in aanvulling tot die Bybel. Hiermee sê ons nie dat ‘n Christelike berader nie ook ‘n Bybelse berader is nie, maar dikwels is hulle Christene wat sekulêre sielkunde in hul Bybelse berading integreer. Bybelse of “nouthetic” beraders verwerp sekulêre sielkunde heelhartig.

Die meeste sielkunde is humanisties van aard. Sekulêre humanisme verkondig dat die mens die hoogste standaard van waarheid en moraliteit is en verwerp geloof, die bonatuurlike en die Bybel. Dus is dit ‘n poging om die mens te verstaan en op die geestelike kant heel te maak, sonder verwysing of erkenning van die geestelike.

Volgens die Bybel is die mens ‘n unieke skepping van God en na die Beeld van God geskep (Gen 1:26, 2:7). Die Bybel spreek die mens se geestelike lewe aan, ingeslote sy sondeval, sondebewustheid en die mens se huidige verhouding met God.

Sekulêre psigologie is gebaseer op die gedagte dat die mens basies goed is en dat die antwoord op sy probleem in homself lê. Die Bybel skets ‘n baie anderse prentjie. Die mens is nie “basies goed” nie; hy is “dood as gevolg van oortredings en sondes” (Ef 2:1) en die onwedergebore hart is “bedriegliker” en “ongeneeslik” (Jer 17:9). Dus het die Bybelse berader ‘n drastiese ander benadering: eerder as om oplossings vir geestelike probleme te soek met jou eie verstand, soek hy konfrontasie met die sonde, vra wysheid van Bo (Jak 3:17) en wend die Woord van God aan in dié spesifieke situasie.

Bybelse beraders, teenoor psigologiese terapeute en sommige Christelike beraders sien die Bybel slegs as ‘n bron van uitgebreide begrip en ‘n hulpmiddel tot berading (2 Tim 3:15-17; 2 Pet 1:4). Bybelse berading is daarop gemik om toe te laat dat God vir Homself praat deur Sy Woord. Dit is opsoek na die bediening van die liefde van die ware en lewende God, ‘n liefde wat sonde afhandel en gehoorsaamheid produseer.

Psigoterapie is gebaseer op behoeftes: selfbeeld, liefde en aanvaarding en belangrikheid om te neig om te domineer. Indien aan hierdie behoeftes voldoen word, so word geglo, sal mense gelukkig, goed en sedelik lewe; indien hierdie behoeftes nie vervul word nie, sal mense ellendig, vol haat en immoreel wees. Bybelse berading leer dat ware tevredenheid en geluk slegs gekry kan word in ‘n verhouding met God en ‘n najaag van godvresendheid. Psigoterapie kan nie‘n selfsugtige persoon onselfsugtig maak nie, by voorbeeld, maar die gehoorsame dienaar van God sal tevrede wees in sy vreugdevolle , onselfsugtige manier van gee (2 Kor 9:7).

Hoe werk psigologie wat gepaard gaan met Bybelse berading? Dit werk nie. Sekulêre sielkunde begin en eindig met die mens en sy gedagtes. Ware Bybelse berading wys kliënte die weg na Christus en die Woord van God. Bybelse berading is ‘n pastorale aktiwiteit, ‘n produk van die geestelike gawe van vermaning en die doelwit is nie selfbeeld nie, maar heiligmaking.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe werk psigologie aan hand van Bybelse berading?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries