settings icon
share icon
Vraag

Wat is profetiese gebed?

Antwoord


Soos ander aspekte van die “gebedsbeweging,” soos smeekgebede, profetiese gebede – of profetiese intersessie – is dit‘n onbybelse praktyk wat die bidder se krag en voorreg onderskryf, wat geen grondslag in die Skrif het nie.

Die beoefenaars van profetiese gebed glo dat hulle die presiese woorde van God in die wêreld bid. Hierdie tipe van gebed word uitgevoer deur selfgemaakte “profete,” wat glo dat hulle boodskappe reguit vanaf God se Troonkamer kan aflewer, sodoende tree hulle op as geleibuise vir God se Woord en maak hulle so hul gebede “profeties.” Maar die Bybel sê dat die kanon van die Skrif gesluit is (Openbaring 22:18). Dit beteken dat God nie meer nuwe openbaring aan die sogenaamde profete van die huidige tyd gee nie. Hy het deur Sy Woord gepraaat en ons werk is om deel te wees van “die verlossing waaraan ons almal deel het” (Judas 1:3). Ons moenie soek vir verdere openbaringe van God nie.

Profetiese gebed word gewoonlik beskryf as die handeling om God se “profetiese visioen” te beveel, om op aarde vervul te raak, met die resultaat dat God se wil sal geskied. Profetiese gebed word geleer in sommige charismatiese bedienings, wat gebruik word om God se straf op die aarde te bring en in God se Koninkryk in te lei. Profetiese gebed word gemik op individue, dat hulle hul “profetiese doelwit” kan vervul (hul diens in God se plan), en in die wêreld in die algemeen, dat God se begeertes op aarde bereik kan word. Maar Jesus se gebed in Matt 6 leer ons om ons te onderwerp aan God se wil; dit leer nie dat ons spesiale magte besit om God se wil te verwesenlik nie. God se plan sal waar word op Sy presiese tydslyn, wat Hy nie met ons gedeel het nie (Matt 24:36; 25:13; Mark 13:32; Luk 12:37-47). Om Sy oordeel te fel en Sy Koninkryk te laat kom, volgens die wil van die “profeet,”is arrogant – en moontlik godslasterlik. Die Here is die Een wat alles sal laat gebeur volgens Sy wil: “Ek het dit gesê en Ek sal hom laat kom, Ek het dit beplan en Ek sal dit doen” (Jes 46:11).

Profetiese gebed veronderstel die bestaan van hedendaagse profete, manne en vroue wat God se spreekbuise in die wêreld is en wat goddelike openbaring kan uiter, met al die outoriteit van God Self. As iemand in profetiese gebed opgaan, is hy nie besig om te vra dat God se wil moet geskied nie; hy beveel God se wil om te gebeur en hy glo dat – soos die reën geval het toe Elia gebid het – moet hy gehoorsaam word.

Hulle wat aangaande profetiese gebed leer, verwys na Jesus se modelgebed, waar die woorde” laat U Koninkryk kom; laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel,” voorkom (Matt 6:10). Hierdie vers, sê hulle, leer ons dat ons God se wil in die wêreld rondom ons, moet beveel. Soos ‘n hedendaagse profeet God se woorde “op die aarde” of “in die atmosfeer” spreek, glo hy dat hy sy omgewing omvorm tot God se opdrag en die weg aanwys vir God se plan. Profetiese bidders glo hulle voorspel nie net wat gaan gebeur nie; hulle glo hulle skep eintlik die ding wat voorspel is! Profetiese gebed, so word geglo, bring eintlik sy eie antwoord in skepping, maar die Bybel verklaar dat slegs God alleen besluit wanneer, waar en hoe Hy wil handel. Ons moet bid tot Hom om te handel volgens Sy volmaakte wil en tydsberaming, nie volgens ons eie nie.

Hulle wat profetiese gebed onderrig, glo ook dat God profete gebruik om antwoorde te voorsien aan ander mense se gebede. As iemand ‘n antwoord op gebed soek, kan God ‘n profeet aanstel om profeties te bid en so sal daardie persoon se gebed beantwoord word. Die Bybel leer egter dat die antwoord op ons gebede nie afhang van enige “profeet” in hierdie wêreld nie. Daar is slegs “een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus” (1 Tim 2:5). Is profetiese gebed bybels? Nee.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is profetiese gebed?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries