settings icon
share icon
Vraag

Is enige aspekte van die eindtydprofesie al vervul?

Antwoord


Openbaring 4:1 bevat 'n deel van die Skrif wat inligting bevat oor dinge "wat hierna moet gebeur." Wat volg, is profesieë aangaande die eindtyd. Ons het tans nog nie die verdrukking, die openbaring van die Antichris of ander eindtydgebeure bereik nie. Wat ons wel sien, is 'n voorbereiding vir daardie gebeure.

Jesus het gesê dat die laaste dae deur verskeie dinge voorafgegaan sou word: baie valse Christusse sal kom, wat baie sal mislei; ons sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë; en daar sal 'n vermeerdering in hongersnode, pestilensies en aardbewings op verskillende plekke wees. "Al hierdie dinge is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd" (Matt 24:5-8). Die nuus vandag is gelaai met vals godsdienste, oorlogvoering en natuurlike rampe. Ons weet dat gebeurtenisse van die verdrukkingstyd alles sal insluit wat Jesus voorspel het (Openbaring 6:1-8); huidige gebeure bou op tot groter probleme vorentoe.

Paulus het gewaarsku dat die laaste dae 'n merkwaardige vermeerdering in valse lering sal meebring. "Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellinge van duiwels aanhang" (1 Tim 4:1). Die laaste dae word beskryf as lewensgevaarlik, as gevolg van die toenemende bose karakter van die mens en die mense wat aktief die waarheid teenstaan (2 Tim 3:1-9; ook 2 Tess 2:3). Die lys van dinge wat mense in die laaste dae sal wees – selfsugtig, geldgierig, grootpraterig, verwaand, beledigend, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, ongodsdienstig, liefdeloos, onversoenlik, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos,hooghartig, eerder liefde vir genot, as liefde vir God, uiterlike skyn van godsdiens, "maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie" – (2 Tim 3:1-2) pas ons moderne eeu perfek.

Kan daar enige twyfel wees dat die profesieë aangaande afvalligheid al besig is om in vervulling te gaan? Ons 21st-eeuse wêreld omarm morele relativisme, 'n filosofie wat selfs die kerk besmet. Byvoorbeeld, baie denominasies het 'n moeilike tyd om die huwelik tussen een man en een vrou te definieer en baie godsdienstige leiers ondersteun homoseksualiteit openlik hedendaags. Die Bybel het ondergeskik geraak aan die moderne kerk se vraag na meer aantreklike "waarheid." Hierdie tye is inderdaad geestelik "lewensgevaarlik."

Die formaat van die Europese Unie – en die feit dat ons 'n verenigde Duitsland het – is baie interessant in die lig van Bybelse profesie. Die "tien tone" van Dan 2:42 en die tien horingdiere van Dan 7:20 en Openbaring 13:1 is verwysings na 'n "herleefde" Romeinse Ryk wat mag sal behou voor Christus se wederkoms. Alhoewel die presiese politieke struktuur nog gevorm moet word, lyk dit asof die stukke reeds in plek val.

In 1948 was Israel as soewereine staat erken en dit het ook vertakkings vir die Skrifkenner. God het aan Abram beloof dat sy nageslag Kanaän as "blywende besitting" sou kry (Gen 17:8) en Esegiël het 'n fisiese en geestelike herlewing van Israel (Esegiël 37) geprofeteer. Om Israel as 'n nasie in sy eie land te hê, is belangrik in die lig van die eindtydprofesie, as gevolg van Israel se belangrikheid in die eskatologie (Dan 10:14; 11:41; Openbaring 11:8).

Alhoewel daar geen Bybelse bewys is dat bogenoemde dinge die vervulling van spesifieke eindtydprofesieë is nie, kan ons sien hoe baie van hierdie gebeure ooreenstem met wat die Bybel beskryf. In elk geval, ons moet uitkyk vir hierdie tekens, omdat Jesus vir ons gesê het dat die dag van die Here – Sy wederkoms vir Sy eie – sal wees soos 'n dief in die nag (2 Pet 3:10, onverwags en sonder aankondiging. "Maar wees waaksaam en bid altyddeur dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn" (Luk 21:36).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is enige aspekte van die eindtydprofesie al vervul?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries