settings icon
share icon
Vraag

Hoe affekteer my persoonlike, private sonder ander mense?

Antwoord


As jy geïsoleerd op ‘n eiland in die middel van die see woon, dan sal jou private sonde miskien niemand anders raak nie, slegs jouself. Die spreekwoord sê egter “niemand is ‘n eiland nie,” en dus is daar ‘n goeie kans dat jy ‘n familie het of ten minste vriende en naasbestaandes met wie jy kontak maak op ‘n gereelde basis.Hulle almal sal op een of ander wyse deur sonde geraak word, omdat sonde gevolge het (Rom 6:23). Dit is ‘n beginsel wat dié patroon volg, sedert die skepping. Elke ding wat geskep is, het ‘n saad waarvan dit voortplant tot ‘n “soort” (Gen 1:11,21,25). Met ander woorde, jy plant nie mielies en verwag om beet te oes nie. Jy kan nie sonde “plant” nie – selfs in privaatheid – en nie verwag om ‘n opbrengs van gevolge te oes nie. Gevolge het weer ‘n manier om op almal en elkeen wat daarmee in kontak kom, ‘n letsel te laat, as gevolg van ‘n ander beginsel wat “assosiasie” genoem word. Dit beteken dat hulle rondom jou geseënd kan wees of seergemaak word, deur assosiasie met jou te hê en die keuses en aksies wat jy maak, beide privaat, sowel as in die openbaar.

‘n Mens kan net kyk na die onlangse skandale waarby beroemde evangeliese leiers betrokke was, om die effekte op ander te sien, as gevolg van private sondes. As hulle eers ontdek is – en die Bybel sê vir ons, “moet julle weet dat julle sonde julle sal agterhaal” (Numeri 32:23) – families, vriende, gemeentes en die Christelike gemeenskap sal grootliks geraak wees. Die ergste steeds, die saak van Christus sal beskadig wees, soos ongelowiges ons bespot en uitlag, asook Sy Naam godslasterlik maak. Dit mag lyk asof mense sondig sonder sigbare gevolge, maar wat geheim gehou word, sal eendag uitkom. “Daar is niks geheim wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en aan die lig sal kom nie” (Luk 8:17). Kan jy dan eerlik sê dat daar niemand is wat deur jou geheime sondes geaffekteer sou word, indien hulle bekend gemaak sou word nie?

Sonde wat geheim gehou word, produseer skuldgevoelens en laasgenoemde het ‘n manier om ons te verander. Ander sien die veranderinge en word daardeur geaffekteer. Miskien is ‘n eggenoot onbewus van haar man se porno-verslawing, maar sy verlawing lei tot skuldige geheimsinnigheid en verandering in optrede teenoor haar as sy seksuele maat. Sy voel daardie verandering aan en spekuleer oor die moontlike oorsaak – hy vind haar onaantreklik, is nie meer lief vir haar nie of hy het ‘n ander meisie. Al is geeneen van hierdie dinge waar nie, is die gevolge van sy “private” sonde potensieel ontstellend vir haar, hul huwelik en familie, selfs al word sy geheim nooit ontdek nie.

Hier is ‘n ander beginsel om in oorweging te neem. “Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.” “….sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon” (Matt 6:6, 18). As ons vanuit die Skrif redeneer, het ons die vermoë om hier ‘n beginsel te sien wat beide positief en negatief toegepas kan word. Wat ons in die geheim doen, sal God in die openbaar beloon. As ons bid en vas voor die Here, word ons beloon. Dus staan dit vas om te redeneer dat as ons in die geheim sondig, ons openlik “beloon” sal word daarvoor. In elk geval, God sien en ken sonde, of dit privaat of in die openbaar gepleeg word en Hy laat sonde nie ongestraf verbygaan nie.

Die grootste gevolg van private of persoonlike sonde, is teenoor ons eie sterflike siel. Eseg 18:4 sê dat die mens wat sondig, sal sterf en Rom 6:23 sê dat die straf van die sonde die dood is. Hier word gepraat van ‘n persoon wat ‘n natuurlike, gewoonte-sondaar is, sonder die voordeel van ‘n nuwe lewe. Vir die wedergebore kind van God – een wat die Here Jesus Christus as sy Verlosser aanvaar het – is daar ‘n standard van optrede, beide in die privaat en die openbaar: “Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God” (1 Kor 10:31). ‘n Wedergebore kind van God het die begeerte om tot eer van God te lewe en al sal daar tye wees wanneer ons kan en sal misluk of faal, het God vir ons voorsiening gemaak om in verhouding met Hom te bly. Hy het dit belowe: “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregrigheid” (1 Joh 1:9).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe affekteer my persoonlike, private sonder ander mense?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries