Vraag
Is die onderskeid tussen prediker en leek bybels?
Antwoord
Nie die woord “prediker” of “leek” kom in die Bybel voor nie. Dit is terme wat algemeen deesdae gebruik word om te verwys na “die persoon op die kansel” versus “die mense in die kerkbanke.” Aangesien gelowiges verskillende roepinge en gawes het, (Rom 12:6) is almal dienaars van die Here (Rom 14:4).
Paulus sien homself as ‘n “broer” en “medewerker” met Tigikus (Kol 4:7). Dieselfde was waar van Paulus en Epafras (Kol 1:7). Epafroditos was Paulus se “broer, medewerker en medestryder” (Fil 2:25). Paulus en Timoteus noem hulself “dienaars” van die Korintiese kerk (2 Kor 4:5). Petrus het Silas (Silvanus) beskou as sy “getroue broer” (1 Pet 5:12). Die apostels het nooit gepraat in terme van “ons” en “hulle” in die konteks van Christusdiens nie. Hulle het hulself beskou as medewerkers saam met alle gelowiges in die kerk.
Die onderskeid tussen “professionele bediening” en leke-bediening” het ontstaan toe die kerke opgehou het om leiers uit hul eie gemeentes te identifiseer en begin het om van ander plekke af te “beroep.” Gedurende ten minste die eerste eeu van die kerkgeskiedenis, het die meeste kerke God se hand op hul eie lidmate erken, deur hulle te kwalifiseer en op te roep in leierskaprolle. Feitlik elke Nuwe Testamentiese verwysing na plaaslike kerkleierskap, ongeag of dit ‘n “pastoor,” “ouderling,” of “opsiener” was, openbaar dat dit wel so was. Byvoorbeeld, vergelyk 1 Tim 3:1-7 en 5:17-20 met Hand 20:17-38. Tirus 1:5-9 is nog ‘n voorbeeld.
Geleidelik het die dinge begin verander tot, in sommige dele van die Christelike wêreld, voltydse “professionele” predikers geïdentifiseer is om “Die Kerk” te verteenwoordig, terwyl die “nie-professioneles” gesien was as navolgers of bywoners in plaas van as mede-dienaars van Jesus Christus. Vanuit hierdie gedagtegang het die hiërargiese stelsel gegroei, waarin die afstand tussen prediker en leek vergroot was.
Bybelgedeeltes soos 1 Kor 12 tot 14, baie van Efesiërs en Romeine 12 behoort in gedagte gehou te word. Al hierdie gedeeltes lê klem op die ware broederskap van alle gelowiges in Jesus Christus en die nederigheid wat almal benodig om uit te leef soos ons ons geestelike gawes beoefen en gebruik om ander te seën.
English
Is die onderskeid tussen prediker en leek bybels?