settings icon
share icon
Vraag

Hoekom het Adam en Eva dit nie vreemd gevind dat ‘n slang met hulle gepraat het nie?

Antwoord


Dit is interessant dat die slang wat met Adam en Eva gepraat nie, nie die enigste geval in die Bybel was waar ‘n dier gepraat het nie. Die profeet Bileam was vermaan deur sy donkie (Numeri 22:21-35). Ons moet onthou dat alhoewel diere nie die vermoë het om te praat nie, is daar magtige wesens (God, die engele, Satan, die demone) wat by magte is om wonderwerke te laat plaasvind, insluitende diere wat in staat gestel word om te kan praat. Die meeste geleerdes meen dat dit Satan is wat in die Tuin van Eden deur die slang gepraat het, nie die slang op sy eie nie. Dus is die Gen 3 weergawe nie ‘n voorstelling dat slange so intelligent is om samehangend te kan praat nie.

Nog steeds, waarom het Adam en Eva dit nie snaaks gevind dat ‘n dier met hulle gepraat het nie? Dit is onwaarskynlik dat Adam en Eva dieselfde perspektief as ons op diere gehad het. In ons era weet ons uit ondervinding dat diere nie op dieselfde vlak as mense kan praat nie. Adam en Eva het nie ‘n kinderlewe gehad nie, ook nie ander mense by wie hulle kon leer nie. Gegewe dat hulle moontlik net ‘n paar dae lank al gelewe het, is dit nie onredelik vir hulle om te glo dat ten minste sommige van die diere die vermoë gehad het om te kan praat nie. Dit is ook moontlik dat dit nie die eerste pratende dier was wat Adam en Eva teëgekom het nie. Miskien het Satan of selfs God Self diere gebruik om vantevore met hulle te kommunikeer. Daar word so weinig inligting in die verhaal gegee en baie is oorgegee aan spekulasie en veronderstelling.

Laastens was dit nie onredelik vir Eva om die slang te antwoord nie. Dit was wel so dat die slang waarskynlik in ‘n taal gepraat het wat sy kon verstaan en dat hy ‘n verstaanbare vraag gevra het? Dit was ook so dat Adam naby was en hy kon agterkom dat sy haar nie dinge verbeel het nie. Dit was nie die slang se pratery wat hulle verontrus het nie, maar dalk die feit dat hy veroorsaak het dat hulle God se opdragte in twyfel getrek het (Gen 3:1), God weerspreek het (Gen 3:4) en God se motiewe bevraagteken het (Gen 3:5). Dit moes genoeg gewees het om te veroorsaak dat beide Adam en Eva opgehou het om met die slang te praat.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom het Adam en Eva dit nie vreemd gevind dat ‘n slang met hulle gepraat het nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries