settings icon
share icon
Vraag

Wat is praktiese teologie?

Antwoord


Praktiese teologie, soos die naam aandui, is die studie van teologie op ‘n wyse dat dit veronderstel is om dit meer bruikbaar en toepasbaar te maak. ‘n Andere manier om dit te sê is dat dit die studie van teologie is, sodat dit gebruik kan word en relevant is vir alledaagse aangeleenthede. Een seminaar beskryf sy Praktiese Teologieprogram as “being dedicated to the practical application of theological insights” en dat dit “generally includes the sub-disciplines of pastoral theology, homiletics and Christian education, among others,” ‘n Ander seminaar sien die doel van praktiese teologie as hulp om studente voor te berei om die kennis wat geleer is, te vertaal, in effektiewe bediening aan mense. Deur dit te doen, sluit in beide persoonlike en familielewe, sowel as die administrasie en opvoedkundige bedienings in die kerk. Hulle verklaar dat die doel van praktiese teologie is, om effektiewe segsmanne van die Skrif te ontwikkel, wat ‘n visie het vir geestelike groei van gelowiges, terwyl hulle diensbare leiers is.

Sommige beskou praktiese teologie as om eenvoudig ‘n meer tegniese naam vir die doktrine van die Christelike lewe te wees. Die klemplasing is op hoe die onderrig van die Skrif ons hedendaagse leefwyse affekteer in hierdie teenswoordige wêreld. Die klemplasing van praktiese teologie is nie eenvoudig om teologiese doktrines te beskou of uit te lê nie, maar om verby daardie te beweeg deur daardie doktrines toe te pas in alledaagse Christelike lewens, sodat ons “bydra tot die wêreld se verandering soos God bedoel dat dit moet wees.”

Die uitgangspunt agter praktiese teologie-programme is dat toekomstige Christenleiers toegerus moet word, nie slegs met teologiese kennis nie, maar ook met die nodige professionele vaardighede om effektief te bedien in die moderne wêreld. Dikwels gebruik hierdie programme prediking, Christelike opvoeding, voorligtingsdiens en kliniese programme om geleenthede te voorsien om toekomstige Christenleiers toe te rus en voor te berei.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is praktiese teologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries