settings icon
share icon
Vraag

Wat is postmillennialisme?

Antwoord


Postmillennialisme is ‘n interpretasie van Openbaring 20, wat Christus se tweede koms sien plaasvind na die “millennium”, ‘n goue eeu of era van voorspoed en oorheersing van die Christendom. Die term sluit verskeie soortgelyke sienings oor die eindtye in en dit staan in kontras met premillennialisme (die siening dat Christus se tweede koms voor Sy millenniale koninkryk sal plaasvind en dat laasgenoemde letterlik 1000 jaar lank sal duur) en in mindere mate met amillennialisme (geen letterlike millennium).

Postmillennialisme is die geloof dat Christus na ‘n sekere tydsduur weer terugkom, maar nie noodwendig letterlik 1000 jaar nie. Diegene wat hierdie siening handhaaf, interpreteer onvervulde profesie deur gebruik te maak van ‘n normale, letterlike metode. Hulle glo dat Openbaring 20:4-6 nie letterlik opgeneem moet word nie. Hulle glo dat 1000 jaar maar eenvoudig net ‘n “lang tydperk” beteken. Verderaan dui hierdie voorvoegsel, “post “ aan dat Christus eers nadat die Christene (nie Christus self) die koninkryk op aarde gevestig het, sal terugkom.

Diegene wat deel vorm van postmillennialisme glo dat die wêreld beter en beter sal word – met al die bewyse wat daarteenoor staan – dat die hele wêreld uiteindelik gekersten (Christianized) sal word. Nadat dit gebeur het, sal Christus weer kom. Dit is egter nie die beeld wat die Skrif verteenwoordig, rakende die eindtye nie. Openbaring wys duidelik dat die wêreld in die toekoms ‘n vreeslike plek sal wees. Ook in 2 Tim 3:1-7 beskryf Paulus die laaste dae as “swaar tye”.

Die postmillennium-mense gebruik ‘n nie-letterlike interpretering van onvervulde profesie en heg hul eie betekenis daaraan. Die probleem hiermee is dat wanneer ander betekenisse toegedig word, kan iemand iets interpreteer soos hy dit wil hê. Alle objektiwiteit aangaande die woorde se betekenis is verlore. Sodoende hou kommunikasie op. Dit is nie wat God bedoel het nie. God kommunikeer met ons deur Sy geskrewe Woord, met objektiewe betekenisse van woorde, sodat idees en gedagtes rondom dit gekommunikeer kan word.

Postmillennialisme verwerp ’n normale letterlike interpretasie van die Skrif, insluitend onvervulde profesie. Ons het honderde voorbeelde in die Skrif van profesieë wat vervul is, bv. die profesieë aangaande Christus in die Ou Testament. Hulle is letterlik vervul. Dink aan die maagdelike geboorte van Christus (Jes 7:14; Matt 1:23). Sy sterwe vir ons sondes (Jes 53:4-9; 1 Pet 2:24). Hierdie is letterlik vervul en dit is genoeg rede om te aanvaar dat God Sy Woord in die toekoms letterlik sal vervul. Postmillennialisme misluk dus, omdat dit die Bybelse profesie subjektief geïnterpreteer is en daarby hou dat die millennium-koninkryk deur die kerk opgerig sal word en nie deur Christus Self nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is postmillennialisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries