Vraag
Wat sê die Bybel in verband met populasiebeheer?
Antwoord
Die Bybel sê niks oor populasiebeheer nie. In plaas daarvan , word mense aangesê, “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit” (Gen 1:28). Ps 127:3-5 sê dat kinders ‘n geskenk van die Here is en dat kinders deur Hom gegee word.
Tydens hierdie skrywe is daar ongeveer 7.1 biljoen mense in die wêreld. Dit is ‘n magdom van mense, maar om daardie getal in perspektief te sit, is daar ongeveer 7.5 triljoen vk voet land in die staat van Texas, in die Verenigde State, alleen. Dit beteken dat, teoreties gesproke, elke persoon in die wêreld sou kon inpas in die staat van Texas en elke persoon sou 1,056 vierkant voet leefspasie hê – 4,224 vierkant voet vir ‘n familie van vier! ‘n Mens kan nou sê dat die probleem nie die getal mense is nie, maar eerder die tekort aan hulpbronne (kos, water, ens,) en die vermoё om daardie hulpbronne te versprei.
As alle mense op aarde gemaklik in Texas kon inpas, dink aan al die spasie wat mense sou hê, indien hulle gelykmatig sou uitsprei oor ‘n hele kontinent. Hoeveel plek sou elkeen hê as die hele Afrika (11.7 miljoen vierkant myl), byvoorbeeld, vir behuising aangewend sou word? (Die antwoord is ongeveer 1 acre per persoon). Selfs as ons die Sahara Woestyn sou vergelyk met Afrika, die tweede grootste vasteland, sou ons oorgenoeg leefspasie hê vir elke persoon op die planeet en steeds plek hê vir water, bewerkbare grond, paaie en ander infrastruktuur. Die punt is, die aarde het baie plek en die wêreld se populasie sou nie nodig gehad om “gekontoleer” te word nie
Daar is natuurlik sekere areas in die wêreld wat oorbevolk is – dit wil sê, sekere metropolitaanse areas bevat ‘n ongesonde konsentrasie van ‘n omgewing se bevolking. Mense gaan voort om in groot getalle te verhuis na stedelike sentrums wat swak toegerus is om die invloei te hanteer. Die armoede, siektes en misdaad wat oorbevolking veroorsaak, is tragies om te aanskou. Daar is geen maklike antwoorde op die probleem van stedelike oorbevolking nie, maar daar is niks verkeerd met programme om meer behuising te bou, die werksmag te vergroot en opvoeding en geboortebeheer te voorsien nie.
Ongelukkig, hulle wat populasiebeheer bepleit, ondersteun dikwels goddelose beheermetodes, soos aborsie, genadedood en geforseerde sterilisasie. Gebruike soos geforseerde aborsie is direk in konflik met die lering van die Bybel, dat die menslike lewe heilig is. Baie voorstanders van populasiebeheer bevorder beleide wat veronderstel dat die probleem te veel mense is, terwyl die werklike probleem geïgnoreer word.
Die wortel van die probleem is nie die bevolkingsgrootte nie, ook nie beskikbare hulpbronne nie. Sonde is die probleem. Selfsugtige, sondige en magshonger mense het God se skepping misbruik. God se intensie was dat die mens beheer oor die res van die skepping moet hê (Gen 1:26). Mense moes rentmeesters op die aarde wees en 1 Kor 4:2 voeg by “dat hy betroubaar moet wees.” Ongelukkig, tree korrupte regerings nie op soos betroubare rentmeesters van ‘n land se hulpbronne nie, dikwels word kos opgegaar, hulpbronne word wanbestuur en geld word verkwis, in plaas van te sorg dat hul eie mense gevoed word. Gewetenlose korporasies strewe ook na meer beheer van kosvoorsiening en is meer gewillig om voordelige transaksies te doen, as om die samelewing te bevoordeel.
Die bybelse antwoord betreffende “oorbevolking” is nie om minder mense aan te moedig nie, veral as dit insluit om die huidige bevolking uit te dun. Die bybelse antwoord is om mense te eer deur genoeg te voorsien vir hul behoeftes (Markus 12:31). Daar mag ‘n probleem wees met hoe die bevolking versprei is en met hoe die hulpmidedels hanteer word, maar die probleem is nie die hoeveelheid mense op aarde nie. Hebsug, magsbeheptheid en dwaasheid lei tot die wanbestuur van hulpbronne en miljoene mense ly as gevolg daarvan.
English
Wat sê die Bybel in verband met populasiebeheer?