Waarom het God poligamie/bigamie in die Bybel toegelaat?



Vraag: "Waarom het God poligamie/bigamie in die Bybel toegelaat?"

Antwoord:
Die vraag oor poligamie is interessant, aangesien die meeste mense dit vandag as immoreel beskou, maar die Bybel dit nêrens duidelik veroordeel nie. Poligamie/bigamie kom vir die eerste in Gen 4:19 voor: “Lameg was met twee vrouens getroud.” Verskeie Ou Testamentiese mans was poligamiste. Abraham, Jakob, Dawid, Salomo en nog ander. In 2 Sam 12:8 praat God deur die profeet Natan en sê dat, indien Dawid se vroue en byvroue nie genoeg was nie, Hy hom nog meer kon gee. Salomo het 700 vroue en 300 byvroue (hoofsaaklik vroue van ‘n laer klas) gehad (1 Kon 11:3). Hoe bekyk ons hierdie gevalle in die Bybel? Daar is drie vrae om te beantwoord: 1) Waarom het God dit toegelaat? 2) Hoe kyk God vandag na poligamie? 3) Hoekom het dit verander?

Waarom het God poligamie in die Ou Testament toegelaat? Die Bybel is nie spesifiek daaroor nie. Terwyl ons oor God se stilswye spekuleer, is daar ‘n paar sleutelfaktore om in gedagte te hou. Eerstens was daar nog altyd meer vroue in die wêreld, as mans. Huidige statistiek wys dat ongeveer 50.5% van die wêreld se populasie vroue is en die mans is 49.5%. Veronderstel dieselfde persentasies was in die antieke tye ook so en vermenigvuldig met miljoene mense, sou daar tienduisende meer vrouens as mans wees. Tweedens was die oorloë in daardie tye baie wreed en die sterfgevalle was uiters hoog. Dit sou ook nog daartoe bydra dat die persentasie vrouens gestyg het. Derdens het patriargale gemeenskappe ook ‘n rol gespeel en dit was feitlik onmoontlik vir ‘n ongetroude vrou om vir haarself te voorsien. Vroue was dikwels ongeleerd en onopgelei. Vroue het op hul vaders, broers en mans vir voorsiening en beskerming gesteun. Ongetroude vroue was dikwels onderwerp aan prostitusie en slawerny. Die belangrikste verskil tussen die hoeveelheid vrouens en mans was, dat so baie, baie vroue in ‘n onbenydenswaardige situasie sou moes beland het.

Dit lyk dus asof God poligamie toegelaat het om die vroue te beskerm en vir hulle te voorsien, indien vroue nie andersins ‘n man kon vind nie. ‘n Man sou baie vroue vat en as voorsiener en beskermer vir hulle almal dien. Alhoewel dit nie ideaal was om in so ‘n huishouding te lewe nie, was dit tog by verreweg beter as die alternatiewe: prostitusie, slawerny of hongersnood. In byvoeging tot die beskermings-/voorsieningsfaktor het poligamie ‘n baie vinniger uitbreiding van die mensdom veroorsaak en so God se opdrag in Gen 9:7 vervul, “Maar júlle moet vrugbaar wees en baie word. Vermeerder op die aarde en word baie!” Mans is in staat om baie vroue in dieselfde tydsperiode swanger te maak en dit het gemaak dat die mensdom baie vinniger gegroei het, as wat elke man net een kind per jaar sou produseer.

Hoe kyk God vandag na poligamie? Selfs terwyl poligamie toegelaat is, beskou die Bybel monogamie as die plan wat God as die mees ideale en geskikte plan vir die huwelik in gedagte gehad het. Die Bybel leer dat God se aanvanklike bedoeling was dat een man met een vrou getroud moes wees, “Daarom sal ‘n man sy pa en ma verlaat en saam met sy vrou (nie vrouens nie) lewe en hulle sal een word (Gen 2:24). Terwyl Gen 2:24 beskryf wat die huwelik is of eerder hoeveel mense betrokke is, moet die deurlopende gebruik van die enkelvoud in ag geneem word. In Deut 17:14-20 sê God dat die konings nie veronderstel was om vroue te vermeerder (perde of goud) nie. Aangesien dit nie as ‘n opdrag geïnterpreteer kan word nie, moes die konings net een vrou hê, en dit kan verstaan word in die sin van, dat baie vroue probleme kan veroorsaak. Dit kan duidelik in die lewe van Salomo gesien word (1 Kon 11:3-4).

In die Nuwe Testament, 1 Tim 3:2,12 en Titus 1:6 word die “man van een vrou” genoem in ‘n lys van kwalifikasies vir geestelike leierskap. Daar word gedebatteer oor die betekenis van hierdie kwalifikasie. Die frase kan letterlik vertaal word as “’n een-vrou-man”. Of hierdie gedeelte uitsluitlik na poligamie verwys of nie, tog kan ‘n poligamis geensins as ‘n “een-vrou-man” beskou word nie. Terwyl hierdie kwalifikasies spesifiek vir die posisies van geestelike leierskap gebruik is, moet hulle net sowel ook vir alle Christene aangewend kan word. Behoort alle Christene nie “onberispelik (te) wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig; hy moenie aan drank verslaaf of ‘n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie” (1 Tim 3:2-4)? Indien ons geroep is om heilig te wees (1 Pet 1:16) en as hierdie standaarde vir ouderlinge en diakens heilig is, dan is hulle vir almal heilig.

Ef 5:2-33 praat oor die verhouding tussen mans en vrouens. As daar na ‘n man (enkelvoud) verwys word, verwys dit ook na ‘n vrou (enkelvoud).”Die man is die hoof van die vrou (enkelvoud)…Wie sy vrou (enkelvoud) liefhet, het homself lief. Daarom sal ‘n man sy pa en ma verlaat en saam met sy vrou (enkelvoud) lewe en hulle twee sal een wees….Elkeen moet sy vrou (enkelvoud) lief hê soos hy homself liefhet en ‘n vrou (enkelvoud) moet aan haar man (enkelvoud) eerbied betoon.” ‘n Soortgelyke gedeelte, Kol 3:18-19, verwys na mans en vroue in die meervoud, maar dit is duidelik dat Paulus al die mans en vrouens tussen die gelowiges in Kolosse aanspreek en nie sê dat ‘n man meervuldige vrouens mag hê nie. Daarteenoor beskryf Ef 5:22-33 weer spesifiek die getroude verhouding. Indien poligamie toelaatbaar was, val die hele illustrasie van Christus se verhouding met Sy liggaam (die kerk) en die man-vrou- verhouding uitmekaar.

Hoekom het dit verander? Dit is nie soseer dat God dit wat Hy voorheen toegelaat het, nou nie meer toelaat nie, maar dis dat God die huwelik herstel soos Hy dit van die begin af wou hê. Selfs by Adam en Eva, was poligamie nie God se oorspronklike bedoeling nie. Dit lyk asof God poligamie gebruik het om ‘n probleem op te los, maar dit is nie die ideaal nie. In die meeste moderne gemeenskappe is daar absoluut geen behoefte daaraan nie. In die meeste kulture vandag, is die vroue in staat om vir hulself te voorsien en te beskerm – en sodoende word die enigste “positiewe” aspek van poligamie verwyder. Verder verwyder die meeste moderne nasies die wet van poligamie. Volgens Rom 13:1-7 moet ons die wette van die owerheid gehoorsaam. Die enigste waar ongehoorsaamheid mag plaasvind en waar die Skrif dit toelaat, is waar God se opdragte weerspreek word (Hand 5:29). God het net poligamie “toegelaat” en dit was nie ‘n opdrag nie, dus moet ‘n wet oor poligamie gehandhaaf word.

Is daar sommige omstandighede waarin die toelating van poligamie vandag nog toegepas moet word? Miskien, maar dit is onaanvaarbaar dat daar nie ‘n ander oplossing gevind kan word nie. As gevolg van die “een vlees” aspek van die huwelik, die behoefte aan eenheid en harmonie in die huwelik en die feit dat daar geen ware behoefte aan poligamie is nie, is dit ons opregte geloof dat poligamie nie tot eer van God is nie en dat dit nie Sy ontwerp vir die huwelik is nie.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waarom het God poligamie/bigamie in die Bybel toegelaat?