settings icon
share icon
Vraag

Wat is die pligte van 'n ouderling in die kerk?

Antwoord


Die Bybel gee ten minste vyf pligte en verpligtinge van 'n ouderling:

Die ouderlinge help om rusies/dispute in die kerk op te los."Daar het mense van Judea af gekom en die gelowiges wysgemaak: 'As julle nie die gebruik van Moses nakom deur julle te laat besnyn nie, kan julle nie gered word nie.' Toe Paulus en Barnabas hulle daarteen verset en in 'n heftige meningsverskil met hulle betrokke geraak het, is daar besluit dat hulle twee en nog 'n paar ander van die gemeente na die apostels en ouderlinge in Jerusalem moet gaan in verband met hierdie vraagstuk" (Hand 15:1-2). Die vraag was geopper en kragdadige argument is gevoer en toe na die apostels en ouderlinge geneem vir 'n beslissing. Hierdie gedeelte leer dat ouderlinge besluitnemers is.

Hulle bid vir die siekes. "As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here" (Jak 5:14). 'n Ouderling wat aan die Bybelse kwalifikasies voldoen, het 'n godvresende lewe en "die gebed van die gelowige het 'n kragtige uitwerking" (Jak 5:16). Een van die noodsaaklikhede in gebed is om te bid dat die Here se wil moet geskied en daar word van ouderlinge verwag om dit te doen.

Hulle moet in nederigheid na die kerk omsien. "As mede-ouderling en getuie van die lyding van Christus en ook deelgenoot aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word, dring ek by die ouderlinge onder julle daarop aan: Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie uit eie gewin nie, maar uit toegewydheid; ook nie deur baas te speel oor dié wat God aan julle sorg toevertrou het nie, maar deur 'n voorbeeld vir die kudde te wees. En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang" (1 Pet 5:1-4). Ouderlinge is God se aangewese leiers van die kerk; die kudde is onder hulle sorg toevertrou. Hulle is nie daar om finansiële gewin te bestuur nie, maar dis hul begeerte om te dien en die kudde bymekaar te hou.

Hulle is daar om te kyk na die geestelike lewe van die kudde. "Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir hulle geen nut nie" (Heb 13:17). Hierdie vers sê nie spesifiek "ouderlinge" nie, maar die konteks handel oor kerkleiers. Hulle is aanspreeklik vir die geestelike lewe van die kerk.

Hulle moet hul tyd in gebed deurbring en die Woord onderrig. "Die twaalf apostels roep toe al die gelowiges bymekaar en sê vir hulle: 'Dit is nie reg dat ons die verkondiging van die Woord van God verwaarloos om die versorging te kan behartig nie. Nou, broers, soek sewe mans onder julle uit wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het, sodat ons hulle vir hierdie taak kan aanstel. Ons sal dan al ons aandag aan gebed en bediening van die Woord bly gee'" (Hand 6:2-4). Dit is vir die apostels bedoel, maar ons kan sien vanaf 1 Pet 5:1 dat Petrus beide apostel en ouderling was. Hierdie vers wys ook die verskil tussen die pligte van ouderling en diaken.

Eenvoudig gestel: die ouderlinge moet vredemakers wees, stryders in gebed, leraars, leiers wat 'n voorbeeld stel en besluitnemers. Hulle is die leiers wat preek en leer in die kerk. Dit is 'n gesogte posisie, maar moet nie ligtelik opgeneem word nie – lees hierdie waarskuwing: "My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word" (Jak 3:1).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die pligte van 'n ouderling in die kerk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries