settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Pentateug?

Antwoord


Die Pentateug is 'n naam vir die eerste vyf boeke van die Bybel, waarvan, soos konserwatiewe Bybelstudente glo, die meeste deur Moses geskryf is. Alhoewel die boeke van die Pentateug self nie duidelik die skrywer identifiseer nie, is daar baie gedeeltes wat kenmerkend is van Moses, asof dit sy woorde is (Eks 17:14; 24:4-7; Numeri 33:1-2; Deut 31:9-22). Een van die belangrikste bewyse dat Moses die skrywer van die Pentateug is, is dat Jesus self na hierdie afdeling van die Ou Testament verwys as die "Wet van Moses" (Luk 24:44). Aangesien daar sekere verse in die Pentateug is wat lyk asof dit deur iemand anders as Moses bygevoeg is – bv. Deut 34:5-8, wat die dood en begrafnis van Moses beskryf — voel die meeste studente dat die meerderheid van hierdie boeke kenmerkend van Moses is. Selfs al sou Josua of iemand anders die oorspronklike manuskripte geskryf het, kon die lering en openbaring vanaf God, deur Moses nagespeur word en ongeag wie eintlik die woorde neergeskryf het, was die hoofskrywer God en die boeke is steeds geïnspireerd.

Die woord "Pentateug kom van 'n kombinasie van die Griekse woord "penta", wat beteken "vyf" en "teuchos", wat as "scroll" vertaal kan word. Dus, "Pentateug" verwys eenvoudig na die vyf perkamentrolle wat die eerste drie afdelings van die Joodse kanon bevat. Die naam "Pentateug" kan afgelei word, sover terug as 200 A D, toe Tertullian deur middel van daardie naam na die eerste vyf boeke van die Bybel verwys het. Ook bekend as die Torah, wat as Hebreeuse woord "Wet" beteken, is hierdie vyf boeke bekend as Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium.

Die Jode het gewoonlik die ou Testament in drie verskillende afdelings verdeel: Die Wet, die Profete en die Geskrifte. Die Wet of Torah bevat die historiese agtergrond van die skepping en God se verkiesing van Abraham en die Joodse volk as Sy verkore mense. Die Torah bevat die wet wat aan Israel gegee is by die berg Sinai. Die Skrif verwys na hierdie vyf boeke deur gebruik te maak van verskeie name. In Jos 1:7 word dit "die wet wat my dienaar Moses jou beveel het" genoem en in 1 Kon 2:3 "die wet van Moses".

Die vyf boeke van die Bybel wat die Pentateug vorm, is die begin van God se voortgaande openbaring aan die mens. In Genesis kry ons die begin van die skepping, die val van die mens, die belofte van verlossing, die begin van die menslike beskawing en die begin van God se verbondsverhouding met Sy uitverkore volk, Israel.

Die volgende boek is Eksodus, waarin God se vrymaking van Sy verbondsmense uit slawerny beskryf word en hul voorbereiding om die Beloofde Land wat God vir hulle afgesonder het, in besit te neem. Eksodus berig oor Israel se bevryding uit Egipte na 400 jaar se slawerny, soos God aan Abraham beloof het (Gen 15:13). Eksodus vertel van die verbond wat God met Israel gemaak het by die berg Sinai, die instruksies vir die bou van die tabernakel, die gee van die Tien Gebooie en ander opdragte oor hoe Israel God moes aanbid.

Levitikus volg op Eksodus en verbreed die instruksies oor hoe 'n verbondsvolk (Israel) God moes aanbid en hulself regeer. Dit gee ook vereistes aangaande die offerande-sisteem wat God sou toelaat om Sy mense se sondes oor te sien, totdat die perfekte offerande van Christus sou plaasvind, wat die volmaakte versoening vir sonde sou wees.

Numeri volg op Levitikus, wat sleutelgebeure dek gedurende die 40 jaar wat Israel in die woestyn was en gee opdragte hoe om God te aanbid en as Sy verbondskinders te leef. Die laaste van die vyf boeke wat tot die Pentateug behoort, is Deuteronomium, waarna soms verwys is as die "tweede wet" of "herhaling van die wet." Dit bevat die finale woorde van Moses voordat die volk van Israel die Beloofde Land binnegegaan het (Deut 1:1). In Deuteronomium word die wet van God wat op die berg Sinai gegee is, herhaal en uiteengesit. Israel het 'n nuwe hoofstuk van hul geskiedenis ingegaan en Moses herinner hulle van God se gebooie en die seëninge daarop, indien hulle God gehoorsaam en die vloeke wat sou kom as gevolg van ongehoorsaamheid.

Die vyf boeke van die Pentateug word gewoonlik beskou as historiese boeke, omdat hulle geskiedkundige gebeure opteken. Terwyl hulle dikwels die Torah of die Wet genoem word, bevat hulle in werklikheid baie meer as die wette. Hulle gee 'n oorsig van God se verlossingsplan en 'n agtergrond vir alles wat in die Skrif volg. Soos die res van die Ou Testament, het die beloftes, sinnebeelde en profesieë in die Pentateug, hul hoogste vervulling in die Persoon en werk van Jesus Christus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Pentateug?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries