settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel aangaande pedofilie?

Antwoord


Daar word nie direk gepraat oor pedofilie in die Bybel nie. Daar is egter talryke bybelse beginsels wat definitief op hierdie sonde van toepassing is. Een daarvan is die Bybel se siening ten opsigte van die sonde, bekend as hoerery. Die woord “fornication” het dieselfde betekenis in beide Hebreeus en Grieks, as dit vertaal word. Die Griekse woord is “porneia” waarvandaan die Engelse woorde “porno” en “pornography” kom. Die woord in die Skrif verwys na enige ongeoorloofde seksuele aktiwiteit en dit moet die afstootlike optrede van ‘n pedofiel insluit – insluitende die versameling en verkoop van onwelvoeglike of onbetaamlike prente/foto’s van jong kinders. Mense wat hierdie tipe van pornografie gebruik, maak gewoonlik vordering deur daarna te kyk tot by die “doen” daarvan en bring groot skade aan kinders. Hoerery is op die lys van “die praktyke van die sondige natuur” (Gal 5:16-21) en tussen die bose dinge wat van die hart van die menskom kom, wat sonder God leef (Markus 7:21-23).

Pedofiele deel die eienskap van “sonder natuurlike liefde vir die goeie” (Rom 1:31; 2 Tim 3:2). Dié frase is vertaal vanaf die een Griekse woord, wat “onmenslik, liefdeloos en asosiaal” beteken. Iemand met natuurlike liefde, tree op volgens maniere wat teen die sosiale norm is: Hierdie sou sekerlik ‘n pedofiel beskryf.

Hiermee saam is daar ‘n beginsel in Jesus se woorde oor kinders gevind. Jesus het ’n kind gebruik om Sy dissipels te leer dat kinderlike geloof nodig is vir die ingang tot die koninkryk van die hemel. Terselfdertyd het Hy gesê dat die Vader omgee vir al Sy kindertjies (Matt 18:1-14). In daardie gedeelte sê Jesus, “Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met ‘n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink” (Matt 18:6). Die woord “offend” in Grieks beteken “to cause one to stumble, to put a stumbling block or impediment in the way, upon which another may trip and fall, to entice to sin, or to cause a person to begin to distrust and desert one whom he ought to trust and obey.”

Hierdie definisies van die woord “offend” kan maklik op die pedofiel se doen en late toegepas word. Natuurlik kan die beginsel van “nooit ‘n kind kwaad aan te doen nie,” kan op ‘n wye reeks van kindermolesterings-aksies toegepas word en Matteus 18:10 maak ‘n saak teen enigiemand wat enige tipe skade teenoor ‘n kind sou aanbring.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel aangaande pedofilie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries