settings icon
share icon
Vraag

Wat was die doring in Paulus se vlees?

Antwoord


Ontelbare verklarings in verband met die aard van Paulus se doring in die vlees is al aangevoer. Dit strek van aanhoudende teistering, hardnekkige teenstanders, kroniese ongesteldhede (soos oogprobleme, malaria, skeelhoofpyne en epilepsie) tot ‘n spraakprobleem. Niemand kan met sekerheid sê wat dit behels nie, maar dit was heel moontlik ‘n fisiese probleem.

Wat ons wel weet, kom van Paulus self in 2 Kor 12:7, “Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan.” Eerstens was die doel, om Paulus nederig te hou. Enigiemand wat ‘n ontmoeting met Jesus gehad het, met wie Hy gepraat het en wat deur Hom ‘n opdrag ontvang het (Hand 9:2-8), sou in sy natuurlike aard “opgeblaas” wees. Voeg daarby die feit dat hy deur die Heilige Gees in beweging gebring was om ‘n groot deel van die Nuwe Testament te skryf, dan is dit maklik om te sien hoe Paulus verwaand kon raak of uitermate verhewe of té trots. Tweedens weet ons dat die kwelling van of deur ‘n boodskapper van Satan gekom het. Soos God Satan toegelaat het om Job te treiter (Job 1:1-12), het God ook vir Satan toegelaat om Paulus aan te val. Daarmee het God Sy eie goeie doel gehad en altyd binne God se volmaakte wil.

Dit is verstaanbaar dat Paulus hierdie doring as hindernis beskou het, om meer effektief sy bediening te laat voortgaan en uit te brei (Gal 5:14-16) en dat hy God drie keer gevra het om die doring te verwyder (2 Kor 12:8). Paulus het egter uit hierdie ondervinding die les geleer wat sy skryfwerk gedomineer het: “die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie (2 Kor 4:7) sodat God alleen verheerlik kan word (2 Kor 10:17). God het hom eerder genade en krag gegee, as om die probleem weg te neem en hy het verklaar dat daardie genade voldoende was. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat was die doring in Paulus se vlees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries