settings icon
share icon
Vraag

Hoeveel outoriteit moet ‘n pastoor/prediker oor ‘n kerk hê?

Antwoord


Die kerk word genoem “die kudde van God” (1 Pet 5:2), “God’s heritage” (1 Peter 5:3) en die “gemeente van God” (Hand 20:28). Jesus is “die hoof van die kerk” (Ef 5:23) en “die Opperherder” (1 Pet 5:4). Die kerk behoort in werklikheid aan Christus en Hy is die outoriteit daaroor (Matt 16:18). Dit is net so waar van die plaaslike kerk as die universele Liggaam van Christus.

God se bloudruk vir die bou van Sy kerk, sluit in dat manne gebruik word om die pastoor te help in sy amp. Die prediker is eerstens ‘n ouderling en saam met die ander ouderlinge is hy verantwoordelik om die volgende te doen:

Gesag oor die kerk (1 Tim 3:5). Die primêre betekenis vir die woord “biskop” is “opsiener.” Die algemene toesig van die bediening en werksaamheid van die kerk is die verantwoordelikheid van die prediker en die ander ouderlinge. Dit sluit die hantering van finansies binne die kerk in (Hand 11:30). Regeer oor die kerk (1 Tim 5:17). “Regeer” beteken letterlik “gesag uitoefen oor.”Die gedagte is om te lei of aandag te gee, met ‘n klemplasing daarop om ‘n arbeidsame versorger te wees. Dit sluit in die verantwoordelikheid om kerkdissipline uit te oefen en diegene wat in die geloof faal, te bestraf (Matt 18:15-17; 1 Kor 5:11-13). Voed die kerk (1 Pet 5:2). Letterlik beteken die woord “pastoor” “herder.” Die “herder” het ‘n plig om die kudde met God se Woord te voed en hulle op die regte pad te lei.

Beskerm die doktrine van die kerk (Titus 1:9). Die lering van die apostels was om dit aan “betroubare manne” toe te vertrou, wat ook ander sou leer (2 Tim 2:2). Die bewaring van die integriteit van die evangelie is een van die pastoor se hoogste roepings. Sommige pastore sien die titel van “opsiener” as ‘n opdrag om hul hand in alles te moet hê. Of dit nou is om die klankstelsel te beheer of liedere vir Sondag uit te soek of versierings vir die kinderkamer, maar hulle voel dit is hul plig om betrokke te wees in elke besluitneming. Nie slegs is dit uitputtend vir die pastoor wat homself in elke komitee of vergadering moet bevind nie, dit is ook so dat ander ontneem word van hul talente en gawes in die kerk.’n Pastoor kan in beheer wees en ook delegeer terselfdertyd. Die bybelse model van ‘n meerderheid van ouderlinge, tesame met diakens aangestel om die pastoor en ouderlinge by te staan, voorkom dat die herderlike pligte deur een persoon beheer word.

Die opdrag om in beheer te wees van die kerk, kan soms na uiterstes opgeneem word. ‘n Pastorale amptelike verantwoordelikheid is om die kerk saam met die ouderlinge te regeer en sy fokus moet primêr gerig wees op geestelike sake, soos om gelowiges op te bou en die heiliges toe te rus om die werk van die bediening te doen (Ef 4:12). Ons het gehoor van predikers wat meer diktoraal optree as herderlik en wat van die ondergeskiktes verwag om hul toestemming te vra voor ‘n belegging gemaak word of om met vakansie te kan gaan, ens. Sulke manne verlang eenvoudig om in beheer te wees en is nie geskik om in God se kerk in beheer te wees nie (sien 3 Joh 9-10). 1 Pet 5:2 bevat ‘n wonderlike beskrywing van ‘n gebalanseerde pastorale bediening: “Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid; ook nie deur baas te speel oor dié wat God aan julle sorg toevertrou het nie, maar deur ‘n voorbeeld vir die kudde te wees.” Sien ook 1 Tim 4:12. ‘n Pastoor (ouderling) is “die bestuurder van God” volgens Titus 1:7 en hy word verantwoordbaar gehou teenoor God aangaande sy leierskap in die kerk.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoeveel outoriteit moet ‘n pastoor/prediker oor ‘n kerk hê?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries