Vraag
Is dit ‘n vereiste dat ‘n man formele Bybel-opleiding moet hê voordat hy as pastoor kan dien?
Antwoord
Die apostel Paulus sê in Ef 4:11-12 dat, as ‘n man die amp van evangelis, pastoor en leraar vul, is sy roeping eintlik ‘n gawe van God vir die werk van die kerk. Die doel van die geestelike gawes is om lidmate van die kerk toe te rus vir ‘n lewe van diens aan God. Die doel van teologiese opleiding is om diegene voor te berei vir diens, wat die amp van leierskap in die werk van die Here nastreef. Paulus het vir Timoteus instruksies gegee en soos ons vandag ook, om manne op te lei vir sulke leierskaprolle in die kerk: “Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer” (2 Tim 2:2).
Formele Bybel-opleiding help om seker te maak dat die bediening van die Woord van God nie slegs behoue bly nie, maar ook floreer in die kerk. Die eerste indikasie dat iemand wat geaspireerd is vir die amp van ouderling, biskop of pastoor, is dat hy deur God geroep word vir die taak en hy begeer dit. Paulus vertel, “Dit is ‘n waar woord: as iemand graag ouerling wil wees, begeer hy ‘n voortreflike werk” (1 Tim 3:1). As iemand oortuig is dat hy geroepe is in bediening van die Woord, moet hy daarna soek om sy gawes te ontdek en homself voorberei om daardie roeping te beantwoord. Dit is een van die redes waarom teologiese kolleges en Christelike universiteite bestaan en hoekom die soeke na ‘n formele opleiding nie-strydig is met ‘n persoonlike roeping nie. Terselfdertyd, aangesien formele Bybel-opleiding belangrik en waardevol is, kan God ‘n man bemagtig wat geen formele Bybel-opleiding het om ook ‘n uitstaande pastoor of ouderling te kan wees.
Die Here se roeping vir die werk van die bediening is nie slegs “vir” die kerk nie; dit is ook “deur” die kerk. Jongmense moet aangemoedig word om so ‘n roeping te soek, soos Paulus aan Timoteus vertel in 1 Tim 3:1. Maar, die ideaal is dat die finale bevestiging moet vanaf die kerk kom, wat beide die gawes wat vir die bediening benodig word, oplei en toets. Predikers van die Woord is ambassadeurs van Christus, die Hoof van die Kerk. Om die evangelie te predik en die verlorenes te roep tot verlossing, is om die gebruik van die sleutels van die koninkryk van die hemel te beoefen (sien Matt 16:19). Hierdie taak kan nie sonder die outoriteit van Christus gedoen word nie. Dit is ‘n wesenlike amp van die kerk en die primêre rede om teologiese opleiding te verkry.
Daar is ander redes hoekom opleiding in ‘n teologiese skool belangrik is. Sonder twyfel is dit so, om jou opvoeding te verbreed, veral op die vlak van graduering, sal ‘n hele nuwe dimensie tot jou algehele Bybelkennis toevoeg. Aangesien die Bybel een verenigde, samehangende netwerk van waarheid is, is ‘n intense studie van sistematiese teologie in aanvraag, óf dit in ‘n formele teologiese skool plaasvind óf nie. Die plek van studie is nie naastenby so belangrik as die Leermeester nie – die Gees van God wat die student vul met kennis, krag en wysheid.
Teologiese opleiding kan ook waardevol wees in die proses van groei. Drie of meer jare van teologiese onderrig sal grootliks jou sosiale groei verbeter, die vaardigheid om mense te verstaan en verwantskap met hul behoeftes te bekom. Ook is daar ‘n geestelike groei nodig vir die hedendaagse prediker wat eenvoudig nie teenwoordig is in die meeste mense van 21 of 22 jaar nie. Dit sluit in sy houding teenoor die bediening, sy familie en lewe in die algemeen. Effektiewe teologiese opleiding sal baie bydra tot jou besluitnemings-vaardigheid en die vermoë om die wil van God te onderskei.
‘n Ander rede vir deeglike opleiding is om beter toegerus te wees om die hedendaagse komplekse kwessies in die gesig te staar. Die kerkleier moet weet wanneer om “ja” of “nee” te sê rakende die baie oproepe om hande te vat in algemene kwessies van alle soorte. Goed ingeligte oortuigings in hierdie areas is nodig om die waarheid te behou en ‘n goeie teologiese opleiding sal sekerlik help om sterk, bybelse oortuigings te handhaaf.
Ten slotte, ten spyte van ‘n pastoor se kerk-affiliasie, is ‘n deeglike opleiding in orde binne daardie kerk, betreffende die geskiedenis, beleid en bepalings daarvan. Om ‘n besluit te neem om ‘n teologiese skool of Christelike universiteit by te woon, vra gebed en goddelike leiding. Voorbereiding kan in baie vorms kom, maar sekere tipe voorbereiding is altyd nodig. Moenie jou bediening benadeel deur te soek na kortpaaie nie. Bestudeer versigtig die beginsel in Spreuke 24:27: “Sit eers jou werk buite aan die gang en bewerk jou lande; daarna kan jy huis bou.”
English
Is dit ‘n vereiste dat ‘n man formele Bybel-opleiding moet hê voordat hy as pastoor kan dien?