settings icon
share icon
Vraag

Het Christene die outoriteit om die duiwel te bestraf?

Antwoord


Daar is sommige Christene wat glo dat hulle nie slegs die outoriteit het om die duiwel te bestraf nie, maar ook dat hulle hom aanhoudend kan bestraf. Daar is geen Bybelse gronde vir so ‘n oortuiging nie. Satan, anders as God, is nie alomteenwoordig nie. Hy kan slegs op een plek op ‘n keer wees en die waarskynlikheid van sy persoonlike teistering op individue, is baie klein. Hy het natuurlik legioene van demone en hulle is oral op soek om gelowiges se getuienisse te verwoes. Dit moet daarop gelet word dat die Christen nie deur ‘n duiwel beset kan word, op dieselfde wyse as mense in die Bybel nie.

As Christene moet ons bewus wees van die realiteit van die bose se teenwoordigheid. Soos ons sukkel om sterk te staan in ons geloof, moet ons besef dat ons vyande nie menslike wesens is nie, maar regte kragte wat van die duistere magte kom. Die Bybel sê, “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte van hierdie sondige wêreld, teen die bose geeste in die lug” (Ef 6:12).

Dit is duidelik dat God aan Satan beduidende hoeveelhede mag en invloed oor die aarde gegee het, ten minste vir nou en altyd binne God se soewereine beheer. Die Bybel vertel ons dat Satan soos ‘n leeu rond soek vir prooi, op die uitkyk vir slagoffers om te verslind (1 Pet 5:8). Satan is die krag wat werk in die harte van hulle wat weier om God te gehoorsaam (Ef 2:2). Enigeen wat nie onder beheer van die soewereine God is nie, is onder Satan se beheer (Hand 26:18; 2 Kor 4:4). Wedergebore Christene is nie meer onder Satan se slawerny of om te sondig nie (Rom 6:6-7), maar dit beteken nie dat ons immuun is vir versoekings wat hy voor ons bring nie.

Die Bybel gee nie aan Christene die outoriteit om die duiwel te bestraf nie, maar om hom teen te staan. Jak 4:7 sê, “Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af weg vlug” Sag 3:2 sê dat dit die Here is wat Satan bestraf. Selfs Migael, die aartsengel, een van die magtigste engele, het nie gewaag om Satan te beledig nie, maar het vir hom gesê, “Die Here sal jou straf” (Judas 1:9). In antwoord op Satan se aanvalle, moet ‘n Christen hom tot Christus wend. In plaas van om daarop te fokus om die duiwel te verslaan, moet ons daarop fokus om Christus te volg (Heb 12:2) en vertrou dat Hy die bose magte sal oorwin.

Dit is nie nodig vir ‘n Christen om Satan te bestraf nie, omdat God vir ons Sy volledige wapenrusting gee om weerstand teen die bose te bied (Ef 6:10-18). Die mees effektiewe wapens teen die duiwel, is ons geloof, wysheid en kennis oor God en Sy Woord. Toe Christus deur Satan versoek was, het Hy hom vanuit die Skrif geantwoord (Matt 4:1-11). Om te oorwin in geestelike dinge, moet ons ‘n skoon gewete behou en beheer oor ons gedagtes hê. “Natuurlik leef ons in ‘n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak” (2 Kor 10:3-5).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het Christene die outoriteit om die duiwel te bestraf?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries