settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor ouderdomsverskille in verhoudings?

Antwoord


As jy soek na ‘n Bybelverwysing rakende “ouderdomsverskille in verhoudings,” sal jy net mooi GEEN resultate vind nie. Die ouderdom van ‘n persoon word skaars in die Skrif genoem en dit is ook waar vir getroude paartjies in die Bybel. Ons weet eenvoudig nie van paartjies se ouderdomsverskille in die Bybel nie.

Abraham en Sara is die uitsondering; ons weet die ouderdomsverskil tussen hulle twee. Toe God vir Abraham beloof het dat hy en Sara die begin van baie volke sou wees, “het Abraham op sy knieë geval en hy het gelag en gedink: kan daar vir ‘n man van 100 ‘n kind gebore word, of kan Sara wat negentig is, ‘n kind in die wêreld bring?” (Gen 17:17). Gebaseer op Abraham se laggerige vrae, was hy en Sara 10 jaar uit mekaar – nie ‘n groot verskil nie, maar tog noemenswaardig. Daar is geen ander paartjies in die Bybel waar beide individue se ouderdomme gegee word nie.

Daar word dikwels aangeneem dat Boas beduidend ouer as Rut was. Dit word gebaseer op ‘n gedeelte in Rut 3. Toe Rut vir Boas gevra het om haar losser te wees, antwoord Boas, “Mag die Here jou seën, my dogter! Wat jy nou doen, naamlik dat jy agter geen jongman, arm of ryk, aanloop nie” (vers 10). Die implikasie is dat Rut, eerder as om ‘n man van haar ouderdom te soek, in Moab of in Israel, het sy die Joodse gebruik nagevolg en haarself onder die beskerming van die meer volwasse Boas geplaas het. Die Joodse Misjna skat Boas se ouderdom op 80 en Rut s’n op 40 (Ruth Rabbah 7:4; Ruth Zuta 4:13), maar dit is pure spekulasie, aangesien die Bybel nie die ouderdomsverskil tussen dié twee openbaar nie.

Daar word ook in die algemeen gedink dat Josef noemenswaardig ouer was as Maria. Daar is egter absoluut niks in die Bybel om dit aan te staaf nie.

Gegewe dat die Bybel so stil is oor hierdie kwessie, kan ons sê dat, op die ou end, is ouderdomsverskille in verhoudings nie ‘n groot saak vir God nie. Ouderdom in ‘n huwelik kan belangrik wees, maar dit is baie minder belangrik as ander kwessies soos verlossing, geestelike volwasenheid, verenigbaarheid, ens. As mense ouer word, beteken verskille minder en minder. Klaarblyklik is dit so, as ‘n 40-jarige met ‘n 18-jarige trou, die wenkbroue sal lig, maar niemand dink twee keer as ‘n 82-jarige met ‘n 60-jarige trou nie.

Die persoon met wie ons trou, moet van die teenoorgestelde geslag wees (Gen 2:21-25) en hy of sy moet in Christus glo (2 Kor 6:14). En natuurlik moet ons vir die regte redes trou (wellus en hebsug is nie goeie redes nie). Bo en behalwe daardie riglyne, het ons ‘n sekere mate van vryheid in verband met wie om te trou. Ouderdomsverskille is ‘n mate van oorweging en ons moet sekerlik vra vir wysheid, indien die verskil baie groot is (Jak 1:5), maar die Bybel kyk nie na ouderdomsverskille asof dit ‘n morele of geestelike kwessie is nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor ouderdomsverskille in verhoudings?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries