settings icon
share icon
Vraag

Wat is die verskil tussen ordinansies en sakramente?

Antwoord


Rooms Katolisisme, Oosterse Ortodoksie en 'n paar van die Protestantse denominasies gebruik die term "sakrament" om te verwys na "'n teken of 'n gebruik wat voortvloei uit God se genade en oorgedra word op die individu." Daar is 7 tipiese sakramente in hierdie denominasies. Hulle is doop, bevestiging, Heilige Nagmaal, belydenis, huwelik, heilige ordes en die salwing van die siekes.Volgens die Katolieke Kerk is daar 7 sakramente." Hulle is deur Christus ingestel en aan die Kerk gegee om te gebruik. Hulle is nodig vir verlossing. Die sakramente is die voertuie/mediums van genade wat hulle oordra." In teenstelling daarmee sê die Bybel dat genade nie deur uitwendige simbole gegee is nie en dat geen ritueel nodig is vir verlossing nie. Genade is verniet. "Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en Sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van Sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur Sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag" (Titus 3:4-7).

'n Ordinansie is maar net 'n "voorgeskrewe praktyk of seremonie." Protestante en Evangeliste sien ordinansies as simboliese herverordening van die Evangelieboodskap dat Christus geleef het, gesterf het, opgestaan het uit die dood, opgevaar het hemel toe en weer eendag terug sal kom. Ordinansies is visuele hulpmiddele om ons te help om beter te verstaan en te waardeer wat Jesus Christus vir ons gedoen het deur Sy reddingswerk, eerder as dat dit vereistes is vir verlossing. Ordinansies word deur 3 faktore bepaal: Hulle was deur Christus ingestel, hulle was deur die dissipels geleer en deur die vroeë kerk gebruik. Aangesien die doop en Nagmaal die enigste instellings is wat aan hierdie 3 kriteria voldoen, kan daar slegs 2 ordinansies wees. Geeneen van die ordinansies is nodig vir redding nie en geeneen is 'n "voertuig/medium vir genade" nie.

Ordinansies word gewoonlik verstaan as daardie dinge wat Jesus gesê het ons met ander Christene moet gebruik.Wat die doop aanbetref, sê Matt 28:18-20, "Jesus kom toe nader en sê vir hulle: 'Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense My dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle bevel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.'" Soos ook vir Nagmaal, ook genoem die "Lord's Supper" sê Lukas 22:19, "Toe neem Hy die brood, spreek die dankgebed uit,breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: 'Dit is My liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot My gedagtenis.'" Die meeste kerke gebruik hierdie 2 praktyke, maar verwys nie noodwendig daarna as ordinansies nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die verskil tussen ordinansies en sakramente?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries