settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek gereed wees om opgeneem te word met die Wegraping?

Antwoord


Dit is baie eenvoudiger as wat jy dink. Die kort antwoord is dat jy Jesus Christus as jou Verlosser moet aanneem. Nou vir die lang antwoord. Wanneer jy hierdie vraag vra, ons neem aan dat jy gehoor het dat nie alle Christene saamgaan wanneer die Wegraping plaasvind nie. Daar is waarskynlik aan jou gesê dat net "super Christene" wat heilig lewe, opgeneem gaan word en al die ander Christene sal in die Verdrukking ly. Dit is onwaar en ons sal jou wys waarom dit nie waar is vanuit die Skrif nie.

Die eerste ding wat jy moet verstaan is die doel vir die Verdrukking. Die Verdrukking is n tyd van oordeel op die aarde en straf vir Israel. Let asseblief daarop dat Israel en die Kerk nie dieselfde groep behels nie. Die Kerk is 'n geestelike organisme. Mense in die Kerk is verbind as gevolg van hul geestelike geboorte (deur wedergeboorte – Joh 3:3). Die mense van Israel (Jode) is verbind deur bloed. Dit is 'n menseras aan wie God spesiale beloftes in die Ou Testament gemaak het. God het 'n tyd van oordeel oor Israel verklaar, as gevolg van hul ongelowigheid. Hierdie oordeelstyd is duidelik verklaar om slegs vir Israel te wees (Dan 9:24-27).

Gabriël het 'n boodskap vanaf God aan Daniël gebring (9:20-21). Dan 9:24 sê, "Daar is sewentig tydperke vir jou volk en virjou heilige stad vasgestel. In dié tyd sal daar aan die goddeloosheid en die sondes 'n einde gemaak word en sal daar versoening gedoen word vir die oortredinge. Dit is die tyd waarin 'n blywende geregtigheid tot stand gebring sal word, waarin die profesie en die visioen tot vervulling sal kom en die tempel heringewy sal word." In hierdie boodskap spesifiseer Gabriël aan Daniël dat die tyd "vir jou volk" is. Sy mense was die Jode, die volk Israel. God het verklaar dat daar 70 weke teen die volk Israel sal wees. Van daardie jare, 483 (69 X 7) van hulle was vervul van die einde van Israel se ballingskap in Babilon tot by die afsny van die Messias (kruisiging van Christus). Dit laat 7 jaar van oordeel wat nog vervul moet word. Daardie 7 jare is die Verdrukking. Die punt is dat hierdie profesie hoofsaaklik vir Israel raak en die doel van die oordeel is dat aan "die goddeloosheid en die sondes 'n einde gemaak word en sal daar versoening gedoen word vir die oortredinge. Dit is die tyd waarin 'n blywende geregtigheid tot stand gebring sal word, waarin die profesie en die visioen tot vervulling sal kom en die tempel heringewy sal word."

Nou kan ons ook vanuit die Skrif demonstreer dat Christene nie in die Verdrukking sal wees nie. 'n Studie van 1 Tess 4: regdeur 5:9 wys dit. In hierdie gedeelte skryf Paulus oor die Wegraping en die Oordeelsdag. 1 Tess 5:9 gee hierdie belofte aan Christene: "God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word." Let ernstig op hierdie vers. Paulus sê dat God ons nie bestem het vir oordeel nie, spesifiek die straf van die Oordeelsdag (5:2).

Verdere getuienis dat Christene nie deur die Verdrukking sal gaan nie, kom van 1 Kor. In daardie brief vermaan Paulus die gelowiges skerp om nie wêreldse Christene te wees nie. In hoofstuk 15 egter skryf Paulus oor die Wegraping en hy dui nêrens aan dat enige van die gelowiges in Korinte, alhoewel hulle wêrelds was, agtergelaat sou word nie. Ware gelowiges in Jesus Christus sal nie die Verdrukking beleef nie.

Die enigste manier hoe jy agtergelaat sal word met die Wegraping, is as jy nie Christus as jou Verlosser aangeneem het nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek gereed wees om opgeneem te word met die Wegraping?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries