settings icon
share icon
Vraag

Is die waarskuwing in Openbaring 22:18-19 van toepassing op die hele Bybel of net op die boek Openbaring?

Antwoord


Openbaring 22:18-19 bevat 'n waarskuwing vir almal wat peuter met die inhoud van die Bybel: "Ek betuig aan almal wat wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is." Verwys hierdie verse na die hele Bybel of net na Openbaring?

Hierdie waarskuwing is spesifiek gerig aan hulle wat peuter met die boodskap in die boek Openbaring. Jesus is Self die skrywer van Openbaring en die gewer van die visioen aan die apostel Johannes (Open 1:1). Hy sluit ook die boek af deur die bevestiging van die finaliteit van die profesieë. Hierdie is Sy woorde en Hy waarsku teen enige verdraaiing daarvan, óf dit deur byvoegings, weglatings, vervalsings, wysigings of opsetlike verkeerde interpretasies plaasvind. Die waarskuwing is eksplisiet en ontsettend. Die plae van Openbaring sal op enige skuldige kom wat peuter met die openbarings in dié boek en diegene wat dit doen, sal geen deel hê aan die ewige lewe in die hemel nie.

Alhoewel die waarskuwing in Open 22:18-19 spesifiek gemik is op die boek Openbaring, is die beginsel daaragter van toepassing op enigeen wat met opset God se Woord versteur. Moses gee in Deut 4:1-2 'n soortgelyke waarskuwing, waar hy die Israeliete waarsku om die gebooie van die Here te gehoorsaam en daarna te luister, sonder om iets by te voeg of weg te neem van Sy Woord. Spreuke 30:5-6 bevat 'n soortgelyke vermaning aan almal wat sou byvoeg of wegneem uit God se Woord: hy sal bestraf word as 'n leuenaar. Alhoewel die waarskuwing in Open 22:18-19 spesifiek die boek Openbaring raak, moet die beginsel vir die hele Woord aangewend word. Ons moet versigtig wees om die Bybel met omsigtigheid en hoogagting te hanteer en nie die boodskap te verdraai nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die waarskuwing in Openbaring 22:18-19 van toepassing op die hele Bybel of net op die boek Openbaring?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries