settings icon
share icon
Vraag

Het Christene die outoriteit om aan engele opdragte te gee?

Antwoord


Hedendaagse mense is gefassineer met die konsep en studie van engele. Engele word in alles uitgebeeld, van juwele en Kersversierings tot films en televisieprogramme. Baie Christene glo ook dat hulle die outoriteit het om aan engele opdrag te gee om versoeke namens hulle te rig, terwyl andere weer glo hulle kan engele (en selfs demone) opdragte gee in die Naam van Jesus.

Daar is geen voorvalle in die Skrif waar mense aan engele opdragte kon gee nie – nie in hul eie naam of in die Naam van Jesus nie. Daar is geen gedeeltes waar die mens beheer kan uitoefen oor die werk van die engele nie. Ons weet dat hulle wesens van hoër rang is, aangesien Jesus Homself "minder as die engele gemaak", om sodoende gebore te word en te ly soos 'n mens (Heb 2:7-9; Ps 8:4).

Die lering dat gelowiges beheer het oor engele, is vals. Die volgende Bybelse beginsels toon dat engele nie mense se opdragte gehoorsaam nie:

Moses het vertel toe die volk Israel uitgeroep het na die Here, "Ons het na die Here om hulp geroep en Hy het ons gebed verhoor, 'n engel gestuur en ons uit Egipte laat trek" (Num 20:160). Die Israeliete het nie 'n engel opdrag gegee om na hulle te kom nie. Hulle het na God toe geroep, onder wie se bevel die engele funksioneer.

Sadrag, Mesag en Abednego het geweier om voor Nebukadnesar se beeld te buig (Dan 3:17-18). God het uit Sy genade "Sy engel gestuur en Sy dienaars gered" (Dan 3:28). Die drie Hebreërs het nie die engel van die Here ontbied nie. God het hom gestuur. God het later "Sy engel gestuur" om Daniël uit die leeus se bekke in die leeukuil te verlos (Dan 6:22).

Die kerk in Jerusalem het vir Petrus gebid toe hy in die tronk was (Hand 12:5). Nadat Petrus vrygelaat is, het hy getuig, "nou besef ek eers regtig dat die Here Sy engel gestuur het om my uit die hande van Herodes te red en van alles wat die Joodse volk van plan was om te doen" (Hand 12:11). Die Christene wat vir Petrus gebid het, was so verras toe hy aan die deur geklop het, dat hulle hom byna nie wou inlaat nie. Hulle het sekerlik geen engel gestuur om hom te red nie.

Engele word God se "heilige engele" genoem, wat Sy opdragte uitvoer, nie ons s'n nie (Matt 25:31; Openbaring 14:10).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het Christene die outoriteit om aan engele opdragte te gee?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries