Wat is die Oosterse Ortodokse Kerk en wat glo die Ortodokse Christene?



Vraag: "Wat is die Oosterse Ortodokse Kerk en wat glo die Ortodokse Christene?"

Antwoord:
Die Oosterse Ortodokse Kerk is nie ‘n enkele kerk nie, maar eerder ‘n familie van 13 selfregerende liggame, benoem deur die volk waar hulle woon (die Grieks Ortodokse Kerk, Russiese Ortodokse Kerk). Hul is verenig in hul begrip van die sakramente, doktrine, liturgie en kerk-owerheid, maar elkeen administreer sy eie aangeleenthede.

Die hoof van elke Ortodokse kerk word “patriarg” of “aartsbiskop” genoem. Die patriarg van Konstantinopel (Istanbul, Turkye) word beskou as die universele patriarg. Hy is die naaste ekwivalent aan die Pous in die Rooms Katolieke Kerk. Anders as die Pous, wat bekend is as VICARIUS FILIUS (die plaasbekleder van die Seun van God), is die biskop van Konstantinopel, bekend as PRIMUS INTER PARES (die eerste tussen gelykes). Hy geniet spesiale eerbetoon, maar hy het geen mag om met die 12 ander Ortodokse gemeenskappe in te meng nie.

Die Ortodokse Kerk maak daarop aanspraak dat dit die een ware kerk van Christus is en soek die oorsprong so ver terug as die oorspronklike, apostels deur ‘n ononderbroke ketting van apostoliese opvolging. Ortodokse denkers debatteer die geestelike status van die Rooms Katolieke en Protestante en ‘n paar van hulle beskou dit steeds as dwaalleer. Dieselfde geld by die Katolieke en Protestante, alhoewel Ortodokse gelowiges die Drie-eenheid, die Bybel as die Woord van God, Jesus as die Seun van God en baie ander Bybelse leerstellings bevestig. In doktrine egter, het hulle baie meer in gemeen met die Rooms Katolieke as met die Protestantse Christene.

Ongelukkig is die doktrine van regverdigmaking deur geloof feitlik afwesig in die geskiedenis en teologie van die Ortodokse Kerk. Ortodoksie beklemtoon “theosis” (letterlik “vergoddeliking”), die geleidelike proses waardeur Christene meer en meer soos Christus word. Wat baie in die Ortodokse tradisie faal om te verstaan, is dat “vergoddeliking” die progressiewe resultaat van verlossing is, nie ‘n vereiste vir redding op sigself nie. Ander Ortodokse kenmerke in konflik met die Bybel, sluit die volgende in:

Die gelyke outoriteit van kerktradisie en die Skrif
Ontmoediging van individuele interpretasies van die Bybel, apart van tradisie
Die ewigdurende maagdelikheid van Maria
Gebed vir die dooies
Doop van babas sonder verwysing na individuele verantwoordelikheid en geloof
Die moontlikheid om verlossing na dood te ontvang
Die moontlikheid om verlossing te verloor

Aangesien die Oosterse Ortodokse Kerk sommige van die kerk se grootste stemme verwerf het en aangesien daar baie in die Ortodokse tradisie is wat ‘n opregte verlossings-verhouding met Jesus Christus het, verkondig die Ortodokse kerk self nie ‘n duidelike boodskap, wat met die Bybelse boodskap van Christus harmonieer nie. Die oproep van die Hervormers vir “Skrif alleen, geloof alleen, genade alleen en Christus alleen” is weggelaat in die Oosterse Ortodokse Kerk en dit is té ‘n kosbare skat om sonder te wees.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Oosterse Ortodokse Kerk en wat glo die Ortodokse Christene?