settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek ‘n verslawing aan internet-pornografie oorkom? Kan so ‘n verslawing aan pornografie oorwin word?

Antwoord


Studies wys dat terme wat verband hou met pornografie, by verreweg die gewildste soeke is op die internet se soek-enjins. Elke dag doen letterlik miljoene mense soeke, wat verband hou met die porno-industrie. Die kragtige verbeeldingswêreld hiervan is hoogs verslawend. Baie mans en vrouens is vasgevang in hierdie internet-porno en bevind hulself verslaaf aan die visuele stimulasie. Hierdie ontaard in onbeheerbare wellus, ‘n onvermoë om ware seksuele intimiteit binne die huwelik te ervaar en dikwels intense skuldgevoelens en wanhoop. Pornografie is die belangrikste oorsaak van masturbasie, seksuele teistering en seksuele afwyking. Die belangrikste is dat pornografie aanstootlik teenoor God is en dus ‘n sonde wat bely moet word, daarvan weggedraai word en oorwin moet word.

Daar is twee primêre aspekte in die stryd om verslawing aan internet-porno te oorkom: geestelik en prakties. Geestelik is dit ‘n sonde wat God van jou verwag om te oorwin en jou dus die krag daarvoor sal gee. Die eerste stap is om seker te maak dat jy werklik jou geloof in Jesus Christus as Verlosser geplaas het. Indien jy onseker is, gaan lees asseblief ons artikel oor verlossing en vergifnis. Sonder redding deur Jesus Christus, is daar geen moontlikheid vir opregte en blywende oorwinning oor pornografie nie: “sonder My kan julle niks doen nie” (Joh 15:5).

As jy ‘n gelowige in Christus is en met hierdie verslawing sukkel, is daar hoop en hulp vir jou! Die krag van die Heilige Gees is vir jou beskikbaar (Ef 3:16). Die reiniging van God se vergifnis is daar vir jou (1 Joh 1:9). Die vernuwende kapasiteit van God se Woord is tot jou beskikking (Rom 12:1-2). Stel jou gedagtes en oë in op die Here (1 Joh 2:16). Vra God om jou te versterk en jou te help om porno te oorwin (Fil 4:13). Vra God om jou te beskerm teen verdere blootstelling aan porno (1 Kor 10:13), en om jou gedagtes te vul met dit wat aan Hom vreugde bring (Fil 4:8). Hierdie versoeke is almal tot God se eer en Hy sal dit beantwoord.

Prakties gesproke is daar tallose gereedskap om verslawing aan porno te keer. Daar is ‘n goeie program beskikbaar by www.PureOnline.com. Daar is verskeie internet-filtreerprogramme wat jou rekenaar volkome sal blok van toegang tot pornografie, soos www.BSafeOnline.com. ‘n Ander hulpmiddel is beskibaar by www.X3Watch.com. X3watch is betroubare sagteware. Dit let op jou internetsoeke en stuur aan jou ‘n verslag van enige afkeurenswaardige webtuistes wat jy besoek het, aan ‘n betroubare maat van jou keuse. Jou versoeking om internet-porno te kyk sal grootliks verminder, as jy weet dat jou pastoor, vriend, ouer of jeugpastoor of jou eggenoot ‘n uiteengesette verslag daaroor sal ontvang.

Moenie wanhoop nie! ‘n Verslawing aan internet-porno is nie ‘n “onvergeeflike sonde” nie. God kan en wil jou vergewe. Dit is nie ‘n “onoorwinbare sonde” nie. God kan en sal jou help. Plaas jou gedagtes en oë op die Here.Verbind jouself daaraan om jou verstand met God se Woord te vul (Ps 119:11). Soek Sy hulp daagliks in gebed; vra Hom om jou verstand met Sy Waarheid te vul en onwelkome gedagtes en begeertes te stuit. Neem die bogenoemde praktiese stappe om jouself aanspreeklik te hou en blok jou toegang tot internet-porno. “Aan Hom wat deur Sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe….” (Ef 3:20,21).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek ‘n verslawing aan internet-pornografie oorkom? Kan so ‘n verslawing aan pornografie oorwin word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries