settings icon
share icon
Vraag

Wat is oorspronklike sonde?

Antwoord


Die term “oorspronklike sonde” het te doen met Adam se sonde van ongehoorsaamheid, deur te eet van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad en die uitwerking daarvan op die menslike spesie. Oorspronklike sonde kan gedefinieer word as “ daardie sonde en skuld wat ons almal dra in God se oë, as ‘n direkte oorsaak van Adam se sonde in die Tuin van Eden.” Die doktrine rakende oorspronklike sonde, fokus spesifiek op die uitwerking daarvan op ons natuur en ons posisie voor God, selfs voordat ons oud genoeg is om bewustelik te sondig. Daar is drie hoofsienings rondom hierdie effek van die sonde.

Pelagianisme: Hierdie siening meen dat Adam se sonde geen effek het op die nageslagte se siele anders, as wat sy sondige voorbeeld diegene beïnvloed wat hom opvolg, om ook te sondig nie. Na aanleiding van hierdie siening het die mens die vermoë om op te hou sondig, indien hy dit so sou verkies. Hierdie lering is in stryd met ‘n klomp gedeeltes wat aandui dat die mens hopeloos verslaaf is aan sy sonde ( sonder God se ingryping) en dat sy goeie werke “dood” of betekenisloos is om God se guns te verdien (Ef 2:1-2; Matt 15:18-19; Rom 7:23; Heb 6:1; 9:14).

Arminianisme: Arminiane glo dat Adam se sonde in die res van die mens ‘n oorerwing van ‘n geneigdheid tot sonde veroorsaak het. Meer algemeen word daarna verwys as ‘n “sondige natuur”. Laasgenoemde veroorsaak dat ons op dieselfde manier sondig, as wat ‘n kat se natuur hom laat miaau – dit kom natuurlik. Na aanleiding van hierdie gedagte kan die mens nie op sy eie ophou om te sondig nie; dit is waarom God ‘n universele genade gegee het om ons almal te stop om te sondig. In Arminianisme word hierdie voorafgaande genade genoem. Na aanleiding van hierdie siening is ons nie aanspreeklik vir Adam se sonde nie, net vir ons eie. Hierdie lering is in stryd met die feit dat almal die straf vir sonde dra, alhoewel nie op dieselfde manier as Adam gesondig het nie (1 Kor 15:22; Rom 5:12-18). Ook word die lering van voorafgaande genade nie duidelik in die Skrif gevind nie.

Calvinisme: Die Calvinistiese lering verklaar dat Adam se sonde nie net daarop uitgeloop het dat ons ‘n sondige natuur het nie, maar dat ons ook skuldig staan voor God en waarvoor ons straf verdien. Om besmet te wees met oorsprongsonde (Ps 51:5) lei daartoe dat ons ‘n sondenatuur erf wat so sleg is dat Jer 17:9 sit só beskryf “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?” Adam was nie slegs skuldig omdat hy gesondig het nie, maar sy skuld en sy straf (dood) is op ons ook (Rom 5:12,19). Daar is twee sienings waarom Adam se skuld deur God gesien is, asof ons ook skuldig is. Die eerste verklaar dat die mens in Adam was, in die vorm van saad: dus, toe Adam gesondig het, het ons ook in hom gesondig. Dit is baie dieselfde aan die Bybelse lering dat Levi (‘n afstammeling van Abraham), in Abraham, het tiendes aan Melgisedek betaal (Gen 14:20; Heb 7:4-9), alhoewel Levi eers honderde jare later gebore is. Die ander siening is dat Adam dien as verteenwoordiger en dus, toe hy gesondig het, is ons ook skuldig bevind.

Die Calvinistiese siening is dat die mens in onvermoë is om sy sonde te oorkom, sonder die krag van die Heilige Gees, ‘n krag wat net van jou besit neem, wanneer jy op Christus vertrou en Sy versoeningsoffer vir sonde aan die kruis aanvaar. Die Calvinistiese siening van oorspronklike sonde klop baie goed met die Bybelse lering. Alhoewel, hoe kan God ons verantwoordelik hou vir sonde wat ons nie persoonlik gepleeg het nie? Daar is ‘n aanneemlike interpretasie dat ons verantwoordelikheid moet dra vir ons oorspronklike sonde, indien ons ons sondige natuur kies en daarvolgens handel. Daar kom ‘n tyd in ons lewens wanneer ons bewus word van ons eie sondigheid. Op daardie stadium moet ons die sondige natuur verwerp en dit bely, in plaas daarvan dat ons dit “goedkeur” en eintlik sê dat dit goed is. Deur ons sondigheid goed te keur, stem ons saam met die optrede van Adam en Eva in die Tuin van Eden. Ons is dus dan skuldig aan daardie sonde sonder dat ons dit eintlik gepleeg het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is oorspronklike sonde?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries