settings icon
share icon
Vraag

Bestaan die oorspronklike Bybel steeds?

Antwoord


Die antwoord op hierdie vraag is beide “nee” en “ja.” In die strengste sin, nee, die oorspronklike dokumente wat die 66 boeke van die Bybel saamstel – soms genoem die “outogramme” – is nie in besit van enige organisasie nie. Op ‘n baie opregte manier egter, ja, die mensdom het die eintlike woorde en boeke wat die Woord van God saamstel. Hoe kan dit wees? Om begrip te kry van hoe die oorspronklike Bybel geskrywe was en hoe dit vergelyk met dit wat vandag gelees word, is dit nodig om te kyk na die proses wat uitgeloop het op die oorspronklike opstel daarvan en wat sedert daardie tyd gebeur het.

Agtergrond van die Oorspronklike Bybel

Volgens die skeptici was daar nooit ‘n ware “oorspronklike” Bybel nie. Hulle glo dat die Bybel ‘n produk is van die mens, nie God nie en dat dit “ontstaan” het deur die eeue vanuit hersienings.

Dit is korrek dat die Bybel oor ‘n lang tydsperiode geskryf was. Geskryf deur 40 outeurs oor ‘n periode van byna 1 500 jaar, is die Skrif saamgestel uit 66 boeke – 39 in die Ou Testament en 27 in die Nuwe Testament. Die Ou Testament word dikwels in drie dele verdeel: 1) Die Pentateug, waarna soms verwys word as “Die Wet” en sluit die eerste vyf boeke van die Bybel in; 2) Die Profete, wat al die belangrike en minder belangrike profetiese geskrifte insluit; en 3) Die Geskrifte, wat die Psalms, Spreuke en ‘n aantal ander boeke insluit.

Die Nuwe Testament word ook in drie segmente verdeel: 1) Die Evangelies; 2) Kerkgeskiedenis, wat basies net die boek Handelinge insluit; 3) Die Apostoliese Geskrifte, wat verder alles insluit.

Samestelling van die Oorspronklike Ou Testament

Hoe was die oorspronklike Bybel saamgestel? Die versameling kan deur die Skrif nagegaan word op ‘n redelike akkurate manier. Nadat Moses die Pentateug geskryf het (Eks 17:14; 24:4; 34:27; Numeri 33:2; Josua 1:8; Matt 19:8; Joh 5:46-47; Rom 10:5), was dit in die Verbondsark geplaas en bewaar (Deut 31:24). Oor tyd was ander geïnspireerde teksgedeeltes bygevoeg by die eerste vyf boeke van die Bybel. Gedurende die tyd van Dawid en Salomo, was die boeke wat alreeds saamgestel was, in die tempel se skatkis geplaas (1 Kon 8:6) en die priesters wat in die tempel diens gedoen het, het daarna omgesien (2 Kon 22:8). Meer boeke was ook bygevoeg gedurende die regering van koning Hiskia – Dawid se psalms, Salomo se spreuke en profetiese boeke soos Jesaja, Hosea en Miga (Spreuke 25:1). In die algemeen, wanneer die profete van God gepraat het, was hul woorde neergeskryf en wat opgeteken was, was ingesluit in wat vandag die Ou Testament genoem word.

Gedurende die ballingskap van die Jode in die sesde eeu, was die boeke versprei, maar nie verlore nie. Rondom 538 v C keer die Jode terug van die Babiloniese ballingskap en Esra, die priester het later al die vorige boeke weer versamel en ander werke by die versameling bygevoeg. ‘n Kopie was gebêre in die Verbondsark , wat vir die tweede tempel gemaak was en deur ‘n nougesette metode was ander kopieë gemaak om die geïnspireerde geskrifte te beskerm. Hierdie samestelling van Ou Testamentiese boeke, geskrywe in die Hebreeuse taal, is wat Judaïsme noem die “Hebreeuse Bybel.”

In die derde eeu v C was die Ou Testamentiese boeke in Grieks vertaal deur ‘n span van 70 Joodse geleerdes, met die voltooide werk wat genoem was die LXX (wat staan vir “70”), of die Septuagint (‘n Latynse woord afgelei van die frase “ die vertaling van die sewentig interpreteerders”). Die Septuagint was sekerlik gebruik en gekwoteer deur die apostels in hul geskrifte, insluitende Paulus. Die oudste manuskripte van die LXX sluit in sommige 1st- en 2de-eeuse v C fragmente.

In 1947 AD was die Dooie See Perkamentrolle ontdek in die omgewing van Qumran in Israel. Verskeie rolle dateer van die 5de eeu v C tot die 1st eeu AD. Historici glo dat Joodse skrywers die plek beset het om God se Woord te bewaar en die geskrewe stukke te beskerm gedurende die vernietiging van Jerusalem in 70 AD. Die Dooie See Perkamentrolle verteenwoordig feitlik elke boek van die Ou Testament en vergelykings met meer onlangse manuskripte wys dat hulle feitlik identies is – die hoof-afwykings is die spellinge van sommige individue se name en verskeie getalle wat in die Skrif gekwoteer was.

Die Dooie See Perkamentrolle is ‘n getuienis ten opsigte van die akkuraatheid en bewaring van die Ou Testament en gee vertroue dat die Ou Testament wat ons vandag het, dieselfde Ou Testament is, wat Jesus gebruik het. Dit is so dat Lukas ‘n stelling wat Jesus gemaak het, weergee, wat te make het met die samestelling van die Ou Testament: “Daarom het die Wysheid van God gesê: ‘Ek sal profete en apostels na hulle toe stuur, maar hulle sal sommige van hulle doodmaak en ander vervolg.’ So is die huidige geslag dan skuldig aan die bloed van al die profete wat vergiet is van die skepping van die wêreld af: van die bloed van Abel af tot by die bloed van Sagaria, wat tussen die altaar en die tempel doodgemaak is. Ja, Ek sê vir julle, hulle bloed sal van die huidige geslag geëis word!” (Luk 11:49-51). Jesus het die 39 boeke van die Ou Testament in hierdie verse bevestig. Abel se dood word in Genesis gevind en Sagaria in 2 Kronieke – die eerste en laaste boeke van die Hebreeuse Bybel.

Samestelling van die Oorspronklike Nuwe Testament

Die samestelling van die Nuwe Testament was amptelik afgehandel by die “Council of Carthage” in 397 AD. Alhoewel die meerderheid van die Nuwe Testament baie vroeër as gesaghebbend aanvaar was.

Die eerste samestelling van die Nuwe Testementiese boeke was voorgestel deur ‘n man, Marcion, in 140 AD. Marcion was ‘n Docetist (Docetisme is ‘n geloofstelsel wat sê dat alle gees goed is en alle materiese stof is sleg), en so het Marcion enige boek uitgesluit wat gepraat het van Jesus wat beide goddelik en mens was en hy het ook Paulus se briewe verander om sy eie filosofie te pas.

Die volgende voorgestelde samevatting van Nuwe Testamentiese boeke op record was die “Muratorian Canon” gedateer 170 AD. Dit het al vier Evangelies ingesluit, Handelinge, 13 van Paulus se briewe, 1, 2, 3 Johannes, Judas en Openbaring. Die finale Nuwe Testamentiese kanon was eerste geïdentifiseer deur die kerkvader, Athanasius in 367 AD en bekragtig deur die “Council of Carthage in 397 AD.

Die geskiedenis wys egter dat die eintlike Nuwe Testament in moderne Bybels baie vroeër erken was en dat dit ‘n presiese weerspieëling was van wat die “outograwe” bevat het. Eerstens wys die Skrif self dat die geskrifte van die Nuwe Testament as geïnspireerd beskou was en gelykstaande aan die Ou Testament. Byvoorbeeld, Paulus skryf, “want die Skrif sê: ‘Jy mag nie ‘n bees waarmee jy gaan dors, se bek toebind nie’, en ook: ‘Die arbeider is geregtig op sy loon’” (1 Tim 5:18). Die laasgennoemde aanhaling is vanuit Luk 10:7, wat wys dat Paulus, Lukas se Evangelie as “Skrif”ag. ‘n Ander voorbeeld sluit ‘n stelling in wat Petrus gemaak het: “En beskou die geduld wat ons Here met ons het as geleentheid om gered te word. So het ons geliefde broer Paulus immers ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskrywe. Hy skryf dit ook in al sy briewe waarin hy oor hierdie saak handel. Daar is dinge in sy briewe wat moeilik is om te verstaan. Oningeligte en onstandvastige mense gee daaraan ‘n verkeerde uitleg, soos hulle trouens ook doen met die res van die Skrif, en dit tot hulle eie ondergang” (2 Pet 3:15-16). Dit is duidelik dat Petrus, Paulus se briewe as gelykstaande beskou het as netso geïnspireerd as die Ou Testamentiese kanon.

Tweedens, aanhalings van die vroeë kerkvaders laat die rekonstruksie van feitlik die hele Nuwe Testament toe, soos dit vandag is. Byvoorbeeld, Clement (95 AD) kwoteer vanuit 11 Nuwe Testamentiese boeke, Ignatius (107 AD) kwoteer uit byna elke Nuwe Testamentiese boek en Polycarp (‘n dissipel van Johannes, 110 AD) haal aan uit 17 Nuwe Testamentiese boeke. Deur die vroeë kerkvaders se aanhalings te gebruik, kan die hele Nuwe Testament saamgevoeg word , met die uitsondering van 20-27 verse, die meeste daarvan uit 3 Joh. Sulke getuienis dra by tot die feit dat die Nuwe Testament van vandag dieselfde is as wat 2 000 jaar gelede geskryf was.

Derdens, is daar geen literêre mededinger in die antieke wêreld ten opsigte van die getal manuskrip-kopieë en die vroeë datering van die Nuwe Testament nie. Daar is 5 300 Griekse, 10 000 Latynse en 9 000 veelsoortige kopieë van die Nuwe Testament voorhande vandag en meer word voortdurend opgegrawe via argeologie. Die kombinasie van vroeë datering en die enorme aantal Nuwe Testamentiese kopieë veroorsaak dat ‘n historikus soos Sir Frederic Kenyon (voormalige direkteur en hoofbibliotekaris van die Britse Museum) sê, “The interval, then, between the dates of original composition and the earliest extant evidence becomes so small as to be in fact negligible, and the last foundation for any doubt that the Scriptures have come down to us substantially as they were written has now been removed. Both authenticity and the general integrity of the books of the New Testament may be regarded as finally established.”

Oorspronklike Bybel - Samevatting Ter samevatting, aangesien niemand vandag die oorspronklike outograwe besit nie, het ons baie kopieë voorhande en die werk van bybelse historici via die wetenskap van tekstuele kritisisme gee vir ons groot vertroue dat die Bybel van ons dag ‘n akkurate weergawe van die oorspronklike skrywers se werk is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Bestaan die oorspronklike Bybel steeds?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries