settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor oordraagbare geeste?

Antwoord


Die denke oor "oordraagbare geeste" is dat iemand 'n bose gees na 'n ander persoon kan oordra deur aanraking of om naby hom/haar te wees. Diegene wat hierdie konsep verkondig , maak ander daarvan bewus om nie te assosieer met vriende of familielede wat moontlik so 'n gees in hulle het nie. Daar is geen Skriftuurlike gronde vir die konsep van oordraagbare geeste deur aanraking of naby aan 'n ander te wees of enige ander metode nie. Verseker kan ons aangetas word deur negatiewe gedrag of sondige optrede deur ander, maar om hierdie as geestelike wesens te identifiseer wat oordraagbaar is, is onbybels.

Die Bybel sê dat daar twee tipes geestelike wesens is, die ongevalle, heilige engele en die engele wat Satan gevolg het in sy rebellie. Engele wat nie gesondig het nie, word "geeste in diens van God" genoem in Heb 1:14 en ons word vertel dat God hulle stuur om diegene te bedien, wat erfgename van die verlossing sal wees: hulle wat in Christus as Verlosser glo. Engele wat Satan gevolg het is vir die duisternis gereserveer (Judas:6) en vorm deel van die hordes geestelike wesens (demone) wat hulle aan die bose wy.

Die Bybel noem net een geval van demone wat oorgedra is van een lewende kreatuur na 'n ander. Dit het gebeur toe Jesus die legio demone vanuit die duiwelbesete man in die trop varke gestuur het (Matt 8:28-34). Jesus het nie hierdie wonderwerk herhaal nie en Hy het ook nooit Sy dissipels gewaarsku (of vir ons) aangaande oordraagbare geeste nie. Daar is geen rede vir 'n wedergebore gelowige in Christus om bang te wees vir Satan of sy gevalle engele nie. Indien ons hom teenstaan, sal hy wegvlug van ons. "Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug" (Jak 4:7). As ware gelowiges is ons liggaam 'n tempel van die Heilige Gees. Ons kan vol vertoue wees dat die Heilige Gees nie 'n demoon in Sy tempel sal duld nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor oordraagbare geeste?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries