settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor onwettige immigrasie?

Antwoord


Rom 13:1-7 maak dit baie duidelik dat God van ons verwag om die wette van die regering te gehoorsaam. Die enigste uitsondering hierop is wanneer die regering jou forseer om ‘n opdrag van God nie te gehoorsaam nie (Hand 5:29). Onwettige immigrasie is die verbreking van ‘n regeringswet. Daar is niks in die Skrif wat ‘n nasie weerspreek, wat immigrasiewette het nie. Dit is dus ‘n sonde, deur te rebelleer teen God om onwettig ‘n ander land binne te gaan.

Onwettige immigrasie is definitief ‘n kontroversiële saak in die Verenigde State (en sommige ander lande) hedendaags. Sommige argumenteer dat die immigrasiewette onregverdig, onbillik en selfs diskriminerend is – deur individue wettiging te gee om onwettig te immigreer. Rom 13:1-7 egter gee nie enige toelating om ‘n wet te oortree net omdat dit onregverdig is nie. Die kwessie is weereens nie die regverdigheid van ‘n wet nie. Die enigste bybelse rede om ‘n regeringswet te verbreek, is as daardie wet God se Woord oortree. Toe Paulus Romeine geskryf het, was hy onder die Romeinse Keiserryk, gelei deur miskien die wreedste van al die Romeinse heersers, Nero. Onder daardie heerser was daar baie onregverdige wette, sommige onbillik en/of blatant boos. Steeds het Paulus Christene opdrag gegee om aan die regering onderworpe te wees.

Is die immigrasiewette van die Verenigde State onregverdig of onbillik? Sommige dink so, maar dit is nie die kwessie nie. Alle ontwikkelde lande in die wêreld het immigrasiewette, sommige strenger as die VSA en sommige minder streng. Daar is niks in die Bybel wat ‘n land te verbied om heeltemal oop grense te hê nie of heeltemal geslote grense nie. Rom 13:1-7 gee ook die regering die outoriteit om oortreders van die wet te straf. Ongeag of die straf gevangenisstraf en/of deportasie of selfs iets meer intens is, solank dit binne die regte van die regering is om te bepaal.

Die oorgrote meerderheid van onwettige immigrante in die Verenigde State het gekom met die doelwit om ‘n beter lewe te kan hê, om vir hul families te kan voorsien en om los te kom van armoede. Hierdie is goeie mikpunte en motiverings. Tog is dit nie bybels om ‘n wet te oortree om iets “goeds” te bereik nie. Om vir die armes, weeskinders en weduwees om te gee, is iets wat die Bybel vir ons bevel om te doen in Gal 2:10; Jak 1:27; 2:2-15. Om egter die bybelse feit ernstig op te neem, beteken nie om die wet te oortree deur dit te doen nie. Deur onwettige immigrasie te ondersteun, moontlik te maak en/of te bemoedig, is dan ook ‘n verbreking van God se Woord. Hulle wat na ‘n ander land wil immigreer, moet altyd ook die immigrasiewette van daardie land gehoorsaam. Al sou hierdie vertraging en frustrasie veroorsaak, gee hierdie redes niemand die reg om die wet te oortree nie.

Wat is die bybelse oplossing vir onwettige immigrasie? Eenvoudig……moenie dit doen nie; gehoorsaam die wette. Indien ongehoorsaamheid nie ‘n bybelse opsie is nie, wat kan gedoen word ten opsigte van ‘n onregverdige immigrasiewet? Dit is ten volle binne die regte van die burgerlikes om te probeer om die immigrasiewette te verander. As dit jou oortuiging is dat ‘n immigrasiewet onregverdig is, doen dan enigiets binne jou mag om die wet te verander: bid, rig ‘n petisie, stem, vreedsame protestering, ens. As Christene moet ons die eerste wees wat probeer om enige wet te verander wat onregverdig is. Terselfdertyd moet ons ook ons ondergeskiktheid aan God uitleef, deur die regering te gehoorsaam wat Hy daargestel het as outoriteit oor ons.

1 Pet 2:13-16,”Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes wat dié wat kwaad doen, moet straf, maar dié wat goed doen, moet prys. Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, ‘n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat. Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor onwettige immigrasie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries