settings icon
share icon
Vraag

Sal ons ons aardse lewens onthou wanneer ons in die hemel kom?

Antwoord


Jes 65:17 sê, “Ek gaan ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde skep; aan dié wat daar nou is, sal daar nie meer gedink word nie, hulle sal nie onthou word nie.” Sommige interpreteer Jes 65:17 asof ons geen onthou van ons aardse lewens in die hemel sal hê nie. Tog sê die Bybel in een vers vroeër in Jes 65:16, “Die swaarkry van vroeër sal vergeet wees, Ek laat dit verdwyn.” Dit lyk asof net ons probleme van die verlede vergete sal wees, nie al ons herinneringe nie. Dit sal uiteindelik gereinig word, ons sal verlos en genees en herstel wees daarvan, dit sal nie uitgewis word nie. Daar is geen rede waarom ons nie baie herinneringe van ons aardse lewens kan behou nie. Die herinneringe wat gereinig sal word, is daardie wat sonde, pyn en hartseer bevat. Openbaring 21:4 verklaar, “Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

Die feit dat voorafgaande dinge nie in ons gedagtes sal opkom nie, beteken nie dat ons herinneringe skoon uitgewis sal word nie. Die profesie kon die wonderlike kwaliteit van ons nuwe omgewing voorgestel het. Die nuwe aarde sal so skouspelagtig wees, so asemrowend, dat elkeen sal vergeet van die geswoeg en sonde van die huidige aarde. ‘n Kind wat bang is vir die skaduwees in sy kamer gedurende die nag, vergeet heeltemal van sy nagtelike vrees as hy die volgende dag op die speelgrond homself geniet. Dit is nie dat die herinneringe uitgewis is nie, dis net dat in die sonskyn hulle nie in jou gedagtes opkom nie.

Dit is ook belangrik om te onderskei tussen die ewige staat en die huidige hemel. Wanneer ‘n gelowige sterf, gaan hy/sy hemel toe, maar dit is nie ons finale bestemming nie. Bie Bybel praat van “’n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde” as ons ewige, permanente verblyfplek. Beide gedeeltes, Jes 65:17 en Openbaring 21:1, verwys na die ewige staat, nie die huidige hemel nie. Die belofte om elke traan weg te vee, kom nie voor die verdrukking nie, maar na die finale oordeel en na die herskepping van die heelal.

In Johannes se visioen wat aan hom geopenbaar is, sien hy swaarkry in die hemel: “het ek onder die altaar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van God en aan die getuienis van Jesus vasgehou het. Hulle het hard geroep: ‘Hoe lank nog, heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewoners van die aarde?’” (Openbaring 6:9-10). Johannes is vanselfsprekend in die hemel (Openbaring 4:1-2) en hy sien en hoor hulle wat sonder twyfel die ongeregtigheid onthou wat aan hulle gedoen is. Hul luide geroep om vergelding dui aan dat in die huidige hemel, ons sal onthou van ons aardse lewens, insluitende die slegte dinge. Hierdie hemel van Openbaring 6 is tydelik, hoewel dit rigting aanwys na die ewige staat in Openbaring 21.

Die storie van Lasarus en die ryk man (Luk 16:19-31) is verdere bewys dat die dooies hul aardse lewens onthou. Die ryk man in die hel vra vir Abraham om vir Lasarus terug te stuur na die aarde om die ryk man se broers te waarsku teen die noodlot wat op die onregverdiges wag (verse 27-28). Die ryk man onthou duidelik sy naasbestaandes. Hy onthou ook sy eie lewe van selfsugtigheid en sondige gerief (vers 25). Die herinneringe van die ryk man in die hel raak deel van sy ellende. Die storie noem nie of Lasarus herinneringe gehad het nie, maar Abraham het definitief kennis gehad van wat op aarde aan die gang was (vers 25). Dit is eers wanneer ons die ewige staat bereik, dat die regverdige alle hartseer sal agterlaat.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Sal ons ons aardse lewens onthou wanneer ons in die hemel kom?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries