settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om ‘n ongelyke juk te dra?

Antwoord


Die frase “in dieselfde juk trek” met ongelowiges kom van 2 Kor 6:14: “Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie: Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?” ‘n Ander vertaling sê, “Do not be bound together with unbelievers.”

‘n Juk is ‘n houtbalk wat twee osse aan mekaar verbind en aan die vrag wat hulle trek. ‘n Onewe juk maak die span osse ongelyk, een sterker en een swakker, of een korter en een langer. Die swakker of korter os loop stadiger as die langer, sterker een, en dit maak dat die vrag in sirkels in die rondte gaan. As osse ongelyk ingespan is, kan hulle nie die taak uitvoer waarvoor hulle gebruik word nie. In plaas van om saam te werk, werk hulle teen mekaar.

Paulus se vermaning in 2 Kor 6:14 is deel van ‘n groter gesprek met die kerk in Korinte in verband met die Christelike lewe. Hy het hulle ontmoedig om saam te trek in ‘n ongelyke juk – ‘n ongelyke vennootskap met ongelowiges, omdat gelowiges en ongelowiges teenoorgesteldes is, soos lig en duisternis. Hulle het eenvoudig niks in gemeen nie, net soos Christus niks in gemeen het met “Belial,” ‘n Hebreeuse word wat “waardeloosheid” (v 15) beteken. Hier gebruik Paulus dit om na Satan te verwys. Die idee is dat die heidense, bose, ongelowige wêreld, deur die beginsels van Satan regeer word en dat Christene apart gehou moet word van daardie bose wêreld, soos Christus afgesonder was van al die metodes, doelwitte en planne van Satan. Hy het geen deelname daarin gehad nie, Hy het geen eenheid daarmee gevorm nie en so moet dit ook met die volgelinge wees van die een, ten opsigte van die volgelinge van die ander. Om te probeer om ‘n Christelike lewe met ‘n nie-Christen as nabye vriend en bondgenoot te leef, sal net veroorsaak dat ons in sirkels rond beweeg.

Die “ongelyke juk” word dikwels toegepas in besigheidsverhoudings. Vir ‘n Christen om in ‘n vennootskap met ‘n ongelowige in te gaan, veroorsaak chaos. Hulle het teenoorgestelde wêreldse sienings en moraliteite en besigheidsbesluite wat daagliks geneem moet word, sal die een of die ander reflekteer. Vir so ‘n verhouding om te werk, moet die een of die ander sy morale sienings opoffer en vorentoe beweeg na dié van die ander. Meer dikwels as minder, is dit die gelowige wat homself in die situasie bevind, dat hy sy Christelike beginsels moet agterlaat vir die voordeel en groei van die besigheid.

Dit is so, dat die naaste bondgenootskap wat een persoon kan hê met ‘n ander, in die huwelik gevind word en dit is hoe dié gedeelte gewoonlik geïnterpreteer word. God se plan is vir ‘n man en ‘n vrou om “een vlees” (Gen 2:24) te raak, ‘n verhouding só intiem dat ‘n mens letterlik en figuurlik deel van mekaar word. Om ‘n gelowige met ‘n ongelowige te verenig, is om teenoorgesteldes te verenig, wat ‘n baie moeilike verhouding vorm.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om ‘n ongelyke juk te dra?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries