Wat is 'n ongelowige?


Vraag: "Wat is 'n ongelowige?"

Antwoord:
Die word "infidel" beteken eenvoudig "sonder geloof" of "teen geloof." Dit is 'n persoon wat geloof verwerp. Meer gewild egter is die term "infidel" gekoppel aan 'n webblad wat die Christengeloof aanval – infidels.org. Internet Infidels, wat ook onder die naam Secular Web dateer, is een van die belangrikste webblaaie vir ateïste en naturaliste op die internet. Die uitsluitlike doel is om 'n naturalistiese wêreldsiening op die internet te verdedig en te bevorder. Die Christelike apologeet J. P. Holding het gesê, "the Secular Web has a few intelligent people, but overall has long been a haven for every skeptical know-it-all to pronounce judgements upon matters outside of their expertise."

Die doel van hierdie artikel is nie om 'n uitvoerige repliek te gee oor elke saak wat die Internet Infidels ophaal nie. Die doel is eerder om net 'n paar van die menigvuldige onjuisthede agter die Internet Infidels webblad uit te wys.

Wat is 'n infidel? – ontkenning van Jesus se bestaan
Tussen die aannames van die Internet Infidels is die tesis dat Jesus mooit bestaan het nie, 'n hipotesis wat lank oor bespiegel is tydens die navorsing oor die Nuwe Testament, maar wat nooit daarin geslaag het om steun te kry van 'n belangrike groep geleerdes nie. Marshall J Gauvin skryf kategories in sy artikel "Did Jesus Christ ever live?" dat wonderwerke nooit gebeur het nie. Stories oor wonderwerke is onwaar. Dus is dokumente waarin wonderwerke beskryf word, nie betrouenswaardig nie, aangesien diegene wat dit beleef het, kon maklik die natuurlike deel daarvan ontdek het. Indien iemand 'n naturalistiese wêreldsiening het deur aan te neem dat wonderwerke onmoontlik is, dan kan so iemand maklik poog om 'n teïstiese wêreldsiening te bewys deur God se bestaan te veronderstel. Watter kant ookal, die argument is self-weerlegbaar.

Gauvin se onbevoegdheid en uiterste wanbegrip van die kwessies word verder geïllustreer in die volgende paragraaf:

Na aanleiding dat Christus gekruisig is, hoe sal ons die feit verduidelik dat gedurende die eerst ag eeue van die evolusie van die Christendom, Christelike kuns 'n lam verteenwoordig het en nie 'n mens nie, wat aan die kruis ly vir die wêreld se verlossing? Geen van die skilderye in die katakombes of die beeldhouwerk op Christene se graftes het 'n menslike figuur aan die kruis uitgebeeld nie. Oral was 'n lam die Christelike simbool – 'n lam wat die kruis dra, 'n lam by die voet van die kruis, 'n lam aan die kruis. Sommige figure het die lam getoon met die kop van 'n mens, skouers en arms, met 'n kruis in sy hande—die lam van God in wording, veronderstel om 'n menslike vorm te word –die kruisigingsmite word meer realisties. Teen die einde van die agste eeu het Pous Hadrian 1, wat die ooreenkoms van die sesde "Synod of Constantinople" bevestig het, opdrag gegee dat die figuur van 'n mens die plek van die lam aan die kruis moes inneem. Dit het die Christendom 800 jaar geneem om die simboliek van die lydende Verlosser te ontwikkel. Vir 800 jaar was die Christus aan die kruis 'n lam. Maar as Christus werklik gekruisig was, hoekom was sy plek aan die kruis so lank onwettig ingeneem deur 'n lam? In die lig van geskiedenis en redenering en die siening van 'n lam aan die kruis, hoekom sou ons glo in die kruisiging?

Argumente soos dit behoort nie enige kommentaar te benodig vir die Christen wat selfs 'n basiese kennis van sy Bybel het nie. Gauvin spreek nie eens die Paaslam aan wat die ikon van die Christendom is nie; dit is darem sekerlik waardig om genoem te word.

Kom ons let veral op 3 punte wat opgehaal is deur artikels van die Internet Infidels. Hierdie is die tekort aan sekulêre verwysings, die vergelyking van die regmatige Evangelies teenoor Gnostiese bronne en die beweerde ooreenkomste met die Heidendom.

Eerstens, kom ons kyk na die verwysing na Jesus deur Josephus. Gauvin skrywe:

Gedurende die laaste jare van die eerste eeu het Josephus, die Joodse geskiedkrywer, sy beroemde werk geskryf "The Antiquities of the Jews." In hierdie werk het hy geen melding van Christus gemaak nie en vir 200 jaar na Josephus se dood het Christus se naam nie in sy geskiedenis verskyn nie. Daar was geen drukkerye in daardie dae nie. Boeke is vermeerder deur dit te kopieer. Dit was dus maklik om by te voeg of te verander aan wat die skrywer geskrywe het. Die kerk het gevoel dat Josephus Christus moes erken en die gestorwe historikus moes dit doen. In die vierde eeu het 'n kopie van "The Antiquities of the Jews" verskyn, waarin hierdie gedeelte verskyn het:"Now, there was about this time, Jesus, a wise man, if it be lawful to call him a man, for he was a doer of wonderful works; a teacher of such men as received the truth with pleasure. He drew over to him both many of the Jews and many of the Gentiles. He was the Christ; and when Pilate, at the suggestion of the principal men amongst us, had condemned him to the cross, those that loved him at the first did not forsake him; for he appeared to them alive again the third day, as the divine prophets had foretold these and ten thousand other wonderful things concerning him; and the tribe of Christians, so named from him, are not extinct at this day."

Dit is waar dat dit selde bevraagteken word dat hierdie gedeelte uit "Antiquities of the Jews" sommige byvoegings bevat wat ingevoeg is by latere geskrifte ( 'n baie klein minderheid van geleerdes het volgehou dat die volledige gedeelte eg is). Maar die Internet Infidels ondersteun klaarblyklik die "total interpolation" teorie.

Wat is sommige van die redes om hierdie gedeelte te aanvaar as gedeeltelik eg, as die invoegings verwyder is? Miskien is die belangrikste faktor wat maak dat die meeste geleerdes die gedeeltelike egtheid aanvaar, is dat 'n groot stuk van die gedeelte Josephus se tipiese taalgebruik en styl behels. Verder, as die byvoegings verwyder is, vloei die oorblywende kerngedeelte gemaklik en samehangend.

'n Groot hoeveelheid van hierdie verwysings na Jesus word deur die meerderheid van geleerdes beskou as kenmerkend van Josephus en slegs 'n paar frases is opvallend Christelik. Baie van Josephus se frases is afwesig by vroeëre Christelike literatuur en frases of terme wat Christene nie juis sou gebruik nie, is teenwoordig. Dan is daar 'n frase wat enige Christenskrywer as foutief sou beskou ("he gained a following among many Jews and among many of Gentile origin").

Dit is interessant dat Gauvin nalaat om die ander verwysing ten opsigte van Jesus te noem in die geskrifte van Josephus – die betroubaarheid wat feitlik alle geleerdes aanvaar in die geheel:

"But the younger Ananus who, as we said, received the high priesthood, was of a bold disposition and exceptionally daring; he followed the party of the Sadducees, who are severe in judgment above all the Jews, as we have already shown. As therefore Ananus was of such a disposition, he thought he had now a good opportunity, as Festus was now dead end Albinus was still on the road; so he assembled a council of judges and brought before it the brother of Jesus the so-called Christ, whose name was James, together with some others and having accused them as law-breakers, he delivered them over to be stoned".

Die meerderheid van geleerdes beskou hierdie as 'n egte gedeelte om die volgende redes:

Daar is geen tekstuele getuienis teen die gedeelte nie. Dit word gevind in elke enkele manuskrip van die "Antiquities of the Jews". Dit toevallig ook geld vir die voorafgemelde gedeelte.

Daar is 'n spesifieke gebruik van nie-Christelike terminologie. Byvoorbeeld, die benoeming van Jakobus as die broer van Jesus is in kontras met die Christelike praktyk waar daar gepraat word van die "brother of the Lord." Die gedeelte korrespondeer dus nie met die Nuwe Testament of met die primitiewe Christelike gebruik nie.

Die klem van die gedeelte val nie op Jesus nie, ook nie op Jakobus nie, maar op die hoëpriester, Annas. Daar is geen eerbetoon teenoor Jesus of Jakobus nie.

Nie hierdie gedeelte of die groter een verbind Jesus met Johannes die Doper nie, soos verwag sou word

van 'n Christelike interpolator nie.

Gauvin gaan voort om te argumenteer:

In die "Annals" van Tacitus, die Romeinse historikus, is daar 'n ander kort gedeelte wat praat van "Christus" wat die stigter was van 'n party, naamlik Christene—'n liggaam van mense "who were abhorred for their crimes." Hierdie woorde kom voor in Tacitus se verslag oor die verbranding van Rome. Die bewys van hierdie gedeelte is nie baie sterker as dié gedeelte van Josephus nie. Dit was nie aangehaal deur enige skrywer voor die vyftiende eeu nie; en as dit aangehaal was, daar was net een kopie van die "Annals" in die wêreld; en daardie kopie was veronderstel om gedurende die agtiende eeu gemaak te wees- 600 jaar na Tacitus se dood. Die "Annals" is gepubliseer tussen 115 en 117 n C, byna 'n eeu na die tyd van Jesus – dus sou die gedeelte, indien eg, niks bewys het aangaande Jesus nie.

Die bestaan van Jesus was nie betwis in die eerste eeuse Palestina nie en die negatiewe verwysings na Jesus deur Tacitus en ander voorsien kragtige bewyse dat Jesus ten minste bekend was as 'n regte, prominente figuur in die eerste eeu. Hoekom het hierdie negatiewe kommentators nie Sy bestaan ontken nie? Vanwaar het hulle hul inligting afgelei? Meer nog, versigtige navraag is een van Tacitus se bekendste kenmerke. Sy betroubaarheid as historikus is in stryd met sy geleende informasie sonder kritiek vanaf enige bron. Dat Tacitus sy inligting vanaf Christene ontvang het, is weerlê deur die negatiewe aanslag van die verwysing.

Sou Tacitus sy ore uitgeleen het om eenvoudig net te herhaal wat ander mense hom vertel het, van wie hy nie gehou het nie? Na alles, toe gerapporteer is oor die geskiedenis en gelowe van die Jode, wat hy netso verfoei het as die Christene, is dit duidelik vanuit sy neerhalende beskrywings dat Tacitus nie daarop ingestel was om die Jode te raadpleeg oor hul "eie siening" of selfs dié van die "Joodse informante" nie.

Gauvin laat na om te noem van die ander vroeëre verwysings na Jesus, insluitende wat gevind is in die Talmud en in die geskrifte van Lucian, Pliny, Seutonius, Tacitus en Thallus. Selfs al sou daar nie eerste of tweede sekulêre verwysings na Jesus wees nie, sou ons steeds 'n baie sterk saak hê vir Sy bestaan. Hoekom? Indien Jesus se volgelinge 'n fabelagtige Jesus gefabriseer het in 'n poging om Hom te beswadder as Een wat sou beweer dat Hy Messiaanse outoriteit het, ontstaan 'n klomp probleme. Eerstens het hulle dit sekerlik heeltemal op die verkeerde wyse gedoen. Sou hul doel wees om 'n nuwe godsdiens te inisieer, sou dit wys wees om dit te doen in lyn met die verwagtinge van diegene wat hulle wou oortuig. Die Joodse konsep van die Messias was dat hy 'n groot militêre leier sou wees, wat 'n oorwinning oor die Romeinse verdrukkers sou behaal. Tweedens, is moderne geleerdes dit daarmee eens dat die dissipels vas geglo het in dit wat hulle beweer het (hulle was bereid om onmenslik te ly daarvoor, sonder om afstand te doen van hul saak, saam met ander redes). Derdens, gegewe die vroeë Christelike aankondiging na die opstanding in Jerusalem (waar Jesus se publieke bediening gebaseer was), was hulle ietwat beperk in terme van die beskikbare materiaal om te gebruik vir versinsel. Sou Jesus se bestaan 'n versinsel wees, sou hulle doodseker in Rome of elders gepreek het, so ver moontlik weg van die ooggetuies.

Meer nog, inaggenome die situasie wat die dissipels in die gesig gestaar het na die kruisiging. Hul leier was dood. Jode tradisioneel het geen geloof gehad in 'n sterwende, nog minder opgestane Messias nie. Ortodokse Jode se geloof aangaande die lewe na die dood sluit enigeen uit wat uit die dood opstaan in heerlikheid en onsterflikheid voor die opstanding aan die einde van die wêreld. Rabbynse interpretasie na aanleiding van die profesieë in verband met die opstanding van die Messias, was dat Hy teen die einde van die tyd saam met die ander gestorwe heiliges sou opgewek word. Dit is dus belangrik dat die dissipels nie nodig gehad het om teenstand te bied teen 'n liggamlike opstanding nie, omdat dit teen die kultuur was as gevolg van die prominente Joodse mentaliteit. Dit is miskien waarom, soos Johannes in sy weergawe van Joh 20:9 getuig dat al het hulle die leë graf ontdek, "Hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet opstaan nie." Indien die dissipels duimsuiers was van 'n ideaal, sou hulle sonder twyfel belê het in 'n beste poging van 'n spirituele opstanding, want 'n fisiese en liggaamlike opstanding sou onversoenbaar wees sonder die teenwoordigheid van 'n lyk. In plaas daarvan het hulle gepraat van die opstanding van die fisiese liggaam, wat, sou dit onwaar wees, 'n enorme risiko wees om te neem, sou die liggaam ooit ontdek word. Hulle het eerder geglo in 'n letterlike opstanding, omdat hulle self getuies daarvan was. Die godsdienstige leiers het niks meer begeer as om die Christendom te onderdruk nie.

'n Laaste rede waarom Jesus se volgelinge nie 'n mitiese Jesus sou fabriseer nie, is as gevolg van Sy kruisdood. Volgens die Joodse wet was die hang aan 'n boom letterlik 'n mens wat deur God vervloek was (Deut 21:23). Die kruisiging was sonder twyfel 'n katastrofe vir die hart van die vroeë kerk, want dit het effektiewelik gewys dat die Fariseërs en die Joodse Raad reg was en dat die dissipels hul huise, families en besittings verlaat het om 'n ketterse man, letterlik deur God vervloek, te volg.

Wat is 'n infidel? Misleidende standpunte
Volgens Gauvin:

Daar was baie Evangelies in omgang gedurende die vroeë eeue en 'n groot hoeveelheid daarvan was vals. Tussen hulle was die "Evangelie van Paulus," die Evangelie van Bartholomeus," die Evangelie van Judas Iskariot," die "Evangelie van die Egiptenare," die "Evangelie of Versameling van Petrus." die "Orakels of Gesegdes van Christus," en aantekeninge van ander vroom produksies, 'n versameling wat steeds gelees kan word in "Die Apokriewe Nuwe Testament."Obskure mense het Evangelies geskryf en die name van prominente Christen-karakters daaraan gekoppel om dit belangrik te laat lyk. Werke was vervals in die name van die apostels en selfs in die naam van Christus. Die grootste Christen-geleerdes het gesê dat dit 'n voortreflikheid was om te mislei en te lieg tot die eer van die geloof. Dean Milman, die standard Christelike historikus, sê: "Pious fraud was admitted en avowed." Die prediker Dr Giles, skryf: " There can be no doubt that great numbers of books were then written with no other view than to deceive." Professor Robertson Smith sê: "There was an enormous floating mass of spurious literature created to suit party views." Die vroeë kerk was oorspoel met met valse geskrifte. Vanuit hierdie massa literatuur is ons Evangelies geselekteer deur priesters en die geïnspireerde woord van God genoem. Was hierdie Evangelies ook vervals? Daar is geen sekerheid dat hulle nie versin was nie.Maar laat ek vra: Indien Christus 'n historiese karakter was, hoekom was dit nodig om dokumente te vervals om Sy bestaan te bewys? Het enigiemand ooit gedink om dokumente te vervals om die bestaan van enige persoon te bewys, wat werklik bekend was dat hy geleef het? Die vroeë Christen-vervalsers is 'n geweldige getuienis vir die swakheid van die Christelike saak.

Gegewe dat die Gnostikusse hul "evangelies" bygedra het tot prominente sleutelrolspelers in die eerste eeuse kerk soos Petrus, Tomas en Maria Magdalena, sou 'n mens dink dat dit gewig sou dra in die saak dat die vroeë kerk geloofwaardig sou wees in sy bydrae van sy dokumente aan die regte persone. Hoekom word die evangelies toegeskryf aan tweederangse mense soos Markus en Lukas? Die vroeë kerk het bevestig dat Markus baie van sy inligting van Petrus af gekry het, so waarom kry Petrus nie die krediet nie? Daar word niks hiervan gemeld in die artikel nie. Ook die Gnosistiese evangelies was NIE geskryf om die bestaan van Jesus te bewys nie. Die Internet Infidels toon absoluut geen begrip of waardering vir die agtergrond van Gnostisisme nie, ook nie vir die relevante agendas agter die dokumente nie. Daar was selfs nie regtig enige dispuut in die vroeë kerk met respek teenoor die outeurskap van die vier kanonieke evangelies nie. Vir enigeen wat vaagweg bekend was met die vroeë kerkgeskiedenis, is hierdie argument moeilik oortuigbaar.

Wat is 'n infidel? Bewering "copycat" plagiaat of heidense godsdienste
Een bewering wat na vore kom op die Internet Infidels webtuiste is die beskuldiging dat Christenskap 'n aanneming van verskeie heidense godsdienste en mitologieë is, 'n bewering wat al lank reeds deur 'n groot groep geleerdes verwerp is. In die lig van hierdie beskuldiging, maak dit nie sin hoekom ernstige, monoteïstiese Jode, ingegrawe in die Palestynse kultuur, van heidense "misterieuse godsdienste" sou wou leen en naderhand tot hul dood beweer het dat wat hulle weet, 'n openlike sameswering is.

James Still skryf egter in "The Virgin Birth and Childhood Mysteries of Christ":

Soos die tyd verbygegaan het, kon gesien word dat die Koninkryk van God vertraag was. Tussen die Helleense (vergriekse) Jode en die Griekse heidene wat oorweeg het om na die Christendom toe oor te gaan, het hierdie vertraging meer vrae as antwoorde laat ontstaan. Daarbenewens was die Griekse heidene, van wie die Christendom sy bekeerlinge getrek het en uiteindelik sou groei, natuurlik skepties oor enige nuwe verlosser en die hemelse beloning wat belowe word. Hierdie Grieke kon na hartelus kies tussen dosyne misterieuse kulte en gode wat opgespring het, elkeen beloof rykdom en ewige saligheid in 'n hemelse hiernamaals. Jesus het min gehad om aan hierdie Grieke te bied. Hy was 'n dooie Joodse m

Messias, en praat net met die seuns van Abraham en vertel hulle om die weg te berei vir die Here wat 'n nuwe Jerusalem sou bou, spesifiek vir Sy uitverkore mense. Die "Marcan"- Jesus wat bekend was aan sy volgelinge gedurende die middel –tot- laat eerste eeu (voor die evangelies van Matteus, Lukas en Johannes) het niks van die eienskappe van die geëerde Dionysus of Herakles gedeel nie. Jesus se latere toegevoegde eienskap van maagdelike geboorte was nodig om Hom aanvaarbaar vir die heidene in die Helleense (vergriekse) wêreld te maak.

Geeneen van die twee geboorteverslae rakende Dionysus praat van 'n maagdelike geboorte nie. Volgens een legende, was Dionysus die produk van Zeus en Persephone. Hera het mal jaloers geraak en probeer om die kind te vernietig deur die Titane te stuur om hom dood te maak. Zeus het tot sy redding gekom, maar dit was te laat. Die Titane het alles geëet, behalwe Dionysus se hart. Zeus neem toe die hart en plant dit in die skoot van Semele. In die tweede legende maak Zeus 'n sterlike vrou swanger, Semele, tot die erge jaloesie van Hera. Hera oortuig Semele om Zeus te vra om sy glorie aan haar te openbaar, maar geen sterlike wese kan na gode kyk en bly lewe nie. Semele is onmiddellik verbrand. Zeus neem toe die fetus, Dionysus, en werk hom vas in sy eie heup tot sy geboorte. Soos ons kan sien, het geen maagdelike geboorte plaasgevind nie, maar van Dionysus word gesê dat hy 'n weergebore godheid geword het, omdat hy twee keer in die skoot was.

Richard Carrier stel die saak iewers dat "Horus van Griekeland beskryf word as die eerste regerende van 'n 1000 jaar, toe gesterf, dan vir 3 dae begrawe, teen die einde van die tye het hy oor Typhon, die bose mag getriomfeer en weer opgestaan om vir ewig te lewe." Maar Carrier is verkeerd. Die enigste konneksie wat ons kan maak dat Horus opgewek is, is as ons die uiteindelike samesmelting van Horus en Osiris in ag neem. Maar so 'n teorie is vol weersprekinge, waarskynlik opgemerk deur die Egiptenare toe hulle later hul geloof verander het om die teenspraak reg te stel. In die Egiptiese storie is Osiris of uiteengeskeur deur Set in 'n geveg of in 'n kis verseël en in die Nylrivier verdrink. Isis het weer Osiris se liggaam aanmekaar gesit en hom opgewek om bevrug te raak met 'n erfgenaam, wat Osiris se dood sou wreek (alhoewel Osiris tegnies nooit opgewek is nie, want hy is verbied om na die wêreld van die lewendes terug te keer.)

Die Infidels se webblad is gelaai met ander misplaaste inligting, aangaande heidense gode en die gedurige beskuldiging dat die Christene materiaal van hulle "geleen" het. So 'n bewering is nodig om bewys te word of gesteun te word deur die geringste bewyse.

Wat is 'n infidel? Slotsom
Die Internet Infidels webtuiste is bloot 'n herverpakking van ou sameswerings-teorieë, so wel as blatante verkeerde inligting en oordrywings, waarvan almal lank gelede verban is deur die konsensus van geleerdes. Die infidels hou egter aan om 'n groot volume belangstelling te trek deur die internet. In die geskiedenis is daar min sekerheid, maar daar is ook 'n vlak van skeptisisme wat die taak van die historici onmoontlik maak. Die tesis dat die vroeë kerk materiaal geleen het van heidense godsdienste en dat Jesus nooit bestaan het nie, vra na 'n selektiewe skeptisisme oor watter bronne betroubaar is en hoe dit behoorlik geïnterpreteer moet word. Aan die einde, indien die Internet Infidels reg is dat Jesus nooit geleef het nie, maak dit die Christendom 'n baie meer ongelooflike fenomeen, as dat Hy gelewe het. Soos die Psalmis korrek getuig, "Die dwaas dink daar is geen God nie" (Ps 14:1).

English


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is 'n ongelowige?

Vind uit hoe om ...

Spandeer die ewigheid met God



Ontvang vergifnis van God